Vertaal deur CHopper CHarlie
Wit Suid-Afrikaners snoer kragte saam en dring aan op 'n gelyke herverspreiding van ritme onder die land se inwoners.
Die versoek, wat deur die offisiële opposisie die DA ondersteun word, het betrekking op kritiese en omstrede wanbalans onder rassegroepe. Onlangse studies het getoon dat slegs twee persent van die land se ritme aan wit Suid-Afrikaners behoort.
Eric Avon, woordvoerder van die Gee Ons Ritme Groep (GORG) is ongelukkig met die ANC regering se traagheid om 'n oplossing vir die ritme problem te vind.
'Ons het demokrasie in 1994 gevestig, maar ons mense kan steeds nie dans nie,' kla hy. "Oral waar ek kyk sien ek swart mense en Kleurlinge wat rondspring en dans op die mees komplekse musiek denkbaar sonder om 'n oog te knip. Dit terwyl ons wittes nie 'n dansvloer kan betree sonder om ons name gat te maak, of die risikio van besering in die gesig te staar nie
"Die punt is dat die land glad nie 'n tekort het aan ritme bronne nie. Inteendeel, ons is relatief ryk in ritme as mens dit vergelyk met ander Derde Wêreld lande. Dis net dat hierdie bronne oneweredig versprei is.
"Dis onkonstitusioneel," meen Avon. "Ons is benadeel in die verlede, maar dis nou die regering se verantwoordelikheid om dit reg te stel"
Voorheen het wittes tradisioneel met verskeie oplossings opgekom vir die kritieke ritme tekort, insluitende ritmelose alternatiewe soos gesinchroniseerde disko, die Locomotion en die Macarena.
Hierdie was egter tydelike oplossings en dit was slegs 'n kwessie van tyd voordat mense agtergekom het hoe belaglik dit lyk.
Nou neig wittes om 'uit te sit' as dit by dans kom, of hulle vertel vir ander dat hulle 'nie so baie van dans hou nie' in 'n poging om hulle ritme tekort weg te steek. Vele wend hulle na alcohol en dwelmmiddels. Soms selfs na Satanisme.
"Hierdie situasie kan net nie voortgaan nie," sê Avon. "Daar moet 'n tyd kom wanneer ons kinders kan saamdans, afhanklik van ras, kleur of etnisiteit, sonder vrees of skuldgevoel. En sonder om te lyk of iemand 'n sambreel in hulle hol oopgemaak het."
Watkykjy staan op 3,124,692 post views in totaal sedert 1 November, 2019.