Volgenne keer as jy op drank draks, pille en blare is, dink bietjie na oorie volgenne paar goete. Dit kan jou dalk red.
ECSTASY
Hoe jy dink die pille jou klap:
Jy is pragtige, liefdevolle en wonderlike persoon wat ‘n klip uit enige iemand se pad sal rol.
Hoe jy actually is:
Soos die creepy kont wat altyd gat gekruip het by die juffrou. Mense smaak nie jou sweterige hugs wat jy op hulle force nie.
Kans dat jy steek gaan kry:
30%. Seks is nie belangrik nie. Dit gaan oordie ‘vibe’.
Hoe jy in die oggend voel:
Die ou met die grootste kop en die kleinste tottie op aarde.
Skaamteverlof rating:
6/10. Ecstasy laat jou nice goed sê vir mense wat jy fokkol smaak. Wees versigtig met jou foonnommer. Hulle bel jou dalk.
DAGGA
Wat jy skiem jy maak met die blaar:
Jy’s nie seker nie, maar jy skiem mense lag vir jou.
Wat die blaar met jou maak:
Mense lag in fact vir jou en dit voel of iemand jou met ‘n Uno Fire oor diekop gepoes het.
Kans dat jy gaan pomp:
60%. As jy heel aand op die bank lê, kan enige iets gebeur.
Hoe jy die volgende oggend voel:
Lus vir nogge rol rondkyktwak. En die res van die bobotie.
Skaamteverlof rating:
1/10. Jy move so fokken stadig. Die kans dat jy kan kak aanjaag is minimal.
DRANK
Wat jy skiem:
Jy is die fokken dude! Jy is sexy en fokken snaaks en almal like jou kwaai befok.
Wat die bottel skiem:
Jy is ‘n poes. Jou optrede word progressief kakker hoe meer kak jokes jy vertel, almal afpis en eventually ogies maak vir jou beste buddy se chick.
Kans dat jy gaan zaber:
90%. Jou inhibisies moer grond se kant toe met elke dop wat jy kap. Jy is omring met mense van jou kaliber. Jou kanse is pretty goed.
Wat die volgende oggend gebeur:
Waar is my kar? Hoekom het ek met daai sker van Accounts geslaap? Jy voel basically soos wat Mother Theresa lyk: Fokken lelik en fokken dood.
Skaamteverlof rating:
11/10. Jy is te fokken stupid vir woorde.
SNOET-SPOED
Wat jy dink jy doen:
Jy is ‘n genius, moet meisies met stokke van jou af weghou wat jou wil spyker en wil net ‘lunch doen’ met almal volgende week.
Wat jy is:
‘n Irriterende fokken beterweter wat sy eie dick sal afsny vir die volgende lyn.
Kans om bosmossel in die oog te staar:
80%. Dit klink na bullshit, maar as jy dink jy is befok, sal een of ander insecure chick ook so dink.
Hoe jy die volgende oggend voel:
Soos ‘n insecure chick.
Skaamteverlof rating:
0/10 as daar nog coke is in die skoenboks onder jou bed, 9/10 as daar fokkol is.
ACID
Hoe jy dink jy reageer:
Jy doen niks, die wereld om jou doen allerhande fucked-up tricks.
Hoe jy actually reageer:
Jy doen allerhande fucked-up tricks.
Kans om ‘n lift op die wolscooter te kry:
20%. As jy dit kon regkry om iemand te kry, bly daar nog die freaky deel oor: Jy moet jou klere uittrek, ‘n seksuele posisie kies en bid dat jou zaber nie in Pokemon verander nie. Jou partner kan dalk uitdraai as jou ma of Satan.
Die volgende oggend:
Jy sweer jy lees nooit weer Huxley nie, jy gaan kerk toe en weier om enige cartoons te kyk.
Skaamteverlof rating:
0/10. Jy het heel moontlik heel aand voor die TV gesit en lag (die TV was af). Of jy het Superman op jouself getrek en by ‘n woonstelblok in Sunnyside afgespring.
Watkykjy staan op 3,085,547 post views in totaal sedert 1 November, 2019.