GrifF besluit toe mos om sy fokken hare te laat sny. Nie te sny nie, net so bietjie die kokkelolwolle in die nek en om die ore te trim dat dit nou nie heelemal te kak lyk nie, want die goed ruk bietjie hand uit in die oggend.
Spot toe so barber shop aan Brooklyn sentrum se buitekant. Een van daai plekke met die rooi en wit strepiespale aan die buitekant. Jy weet mos. Jy het altyd gedink daai plekke verkoop sweets, maar dan vind jy eerste pouse in graad een by 'n huilerige dogtertjie uit dat hulle nie sweets verkoop nie maar weggee en as jy gaan kyk waar die plek is staan daar 'To Let' buite op die deur wat met kettings toe is. Dank God my ma het my hare gesny toe ek 'n laaitie was.
Anyway, hierdie plek lyk toe sommer gaaf en asof hulle jou in Afrikaans bedien. Maar half laat seventies, vroeë eighties Afrikaans. Daar is sulke fokken ou gelerige posters teen die muur met pertrette van mans met haarstyle ouer as Simon van Serene se fokken oupagrootjie. Teen 'n duimspykerbord is daar van hulle kliënte se besigheidskaartjies. Meestal van plekke wat bikes verkoop, bikes regmaak, parte stock, invoer, uithuur en dies meer. Ook een kaartjie van 'n ou wat karre uithuur en 'n tannie wat poodles was en skeer.
As ek nou mooi terug dink, maak dit half meer sin dat dit dalk familiebesighede kon wees, want die ou toppie (met die pertret haarstyl) ry ook 'n bike na sy shop toe. Die tannie wat poodles skeer is seker een of ander fokken nig Hanna twice removed van ou dik Sarel se aangetroude tuinboy of iets in dier voege. Hoe dit ook al sy, ek ondersteun nie 'n fok een van die ouens wat teen daai muur adverteer nie. Dit sal duideliker raak soos die storie ontvou.
Laastens spot ek 'n sticker heel bo links in die hoek wat lui: 'Hemelse vader, lei my'. Dit is effens scary. Mense wat half nie vertroue in hul haarsny vermoëns het nie. Ek wonder toe of hulle hierdie sticker spesiaal deur posbestelling gekry het en of dit 'n homejob is. Stickers uit die eighties lyk in elk geval soos homejobs.. Miskien moet ek maar 'n kraak maak …
Te laat – ek sit toe al klaar in die leerstoel met die voorskoot oor die bors en 'n handdoek wat stywer by by nek ingedruk is as wat enige Rasta by Tings 'n Times 'n Rooibaard kan rol. Die vabond begin sommer sny uit die staanspoor en voor ek kan tune wat ek wil hê hy moet doen val die eerste klos hare.
'Jy moet sê as hierie skêr trek, want jy's die enigste ou wat sal weet', tune die ou my terwyl hy voort snipper. Ek begin toe dink oor hoekom ek spesifiek die enigste ou is wat sal weet hoekom die skêr trek. Is dit een of anner byderwetse Vlakplaas eksperiment? Of het ek die verkeerde tyd, dag, persoon en jaar gekies vir 'n doodgewone fokken haarsny?
My gedagtes dwaal half terug na reality toe die china iets mompel van die kuif uit die oë kry. Te laat. Nog 'n klos val. Ek is te geskok om iets te sê en dog toe die ou gaan alles half even probeer sny. Blykbaar gebeur so iets nie op Donderdag 27 Desember half vyf die middag nie. Ek kyk na die sticker bo in die hoek en my mond kry 'n metaalsmaak.
Moerse ingenome hou die ou die spieël agter my kop, sodat ek nou half moet instem dat ek regtig fokken erg impressed is met die kak wat hy sopas met my hare aangevang het. Hy voeg toe ook by: 'Nou lyk jy reg vir jou Nuwejaarspartytjie. Jy hoef nou nie 'n hoed te dra nie. Ek guarantee die sides tot volgende jaar.' Jirre outjies. As ek 'n brandsiek skaap met die agterent eerste oor my kop trek sal dit nog steeds beter as 'n hoed lyk.
Vyf en dertig rand! Geld wat ek nooit fokken ooit weer sien nie. Vir R35 kan ek liewer daai nuwe kak fliek van Leon Schuster gaan kyk en 'n moerse popcorn koop. R35 kry my tot by die werk en terug. R35 kan 'n paar shooters koop. Ek kan 'n paar kouse en 'n onnebroek vir R35 koop, of 'n pak stiffies, of drie pakkies skywe. Danksy die poes wat my hare opgefok het, lyk ek nou asof ek met 'n krieketbat agter die kop ge-poesklap is. Dit lyk nou of ek permanent 'n hangover het elke dag in plaas van die standaard drie ure elke dag.
Ek staan by die deur en eye my kar. So 35 tree skat ek. Ek kyk rond of daar niemand is nie en sny 'n lyn kar toe vinniger as Ben Johnson. Ek sit die musiek fokken hard, sit my shades op en jaag weg.
By die huis gekom besluit ek om 'n omelet te maak en TV te kyk. Die laaste eier wat ek bo-oor alles breek is vrot. Fok dit! As ek ook nie mag eet vanaand nie, kan ek net sowel drink. Klim in my kar en ry drankstoor toe om ses Black Labels te koop. Die ou tune my iets van iets in die twintig rand asseblief. Ek sê toe vir hom dat ek nie snaaks probeer wees nie, maar dat ek sal beter voel as ek asseblief R35 kan betaal. Hy vat die geld en ek fokkof.
Snaaks genoeg was my eerste gedagte toe ek by daai plek instap en al die Afrikaans om my sien: 'O jirre, ek hoop nie hierdie verander in 'n Snotstorie vir watkykjy nie'.
Watkykjy staan op 3,110,950 post views in totaal sedert 1 November, 2019.