WKJ?: Wat kyk jy?
CDV: Omtrent alles, behalwe kunsflieks uit Noord-Afrika.
WKJ?:Moet ek jou ‘n rede gee om te huil?
CDV: Daar is ‘n tekort aan Tequila weens een of ander kaktus-virus, ek huil klaar….
WKJ?: Het pappa bietjie fles gevat?
CDV: En mamma en sussie, gelukkig het boetie vrou gevat.
WKJ?: Jy’s ‘n oud Silvie. Smaak jy jou ou valley en hoekom/ nie?
CDV: Ek het spesiaal in die CasperRasper show teruggegaan na Silverton se hoërskool – ek het baie goeie herinneringe van my skooldae.
WKJ?: Hoekom vloek jy so vreeslik? Is jy kwaad vir iemand?
CDV: Vloekwoorde is klanke wat in ‘n ander land niks beteken nie – dis mensgemaak en Afrikaans het lekker knal en plof vloekwoorde wat vir niks in ander tale hoef terug te staan nie. Vloekwoorde, reg gebruik, is baie snaaks. En mens kan skynheiliges se “beskaafde waardes” lekker skud en skok daarmee
WKJ?: Is die lewe onregverdig?
CDV: As ‘n goeie, intelligente en lewensverrykende mens sinneloos sterf agv barbaarse geweld en ‘n pateet met ‘n “ek-kan-fokkol-doen” gesiggie by stopstrate staan en bedel vind ek die lewe soms onregverdig. Maar miskien was my ontbyt net nie op standaard vandag nie.
WKJ?: Saam met wie sal jy liewer optree – Jurie Els of die Bosveldklong?
CDV: Ek sal met albei aftree.
WKJ?: Die Casper Rasper show was ‘n moerse hit. Word daar nog hin reeks beplan vir volgende jaar?
CDV: Dis so te sê gefinaliseer vir April – Junie 2002.
WKJ?: In Casper Rasper het jy SA bands baie exposure gegee – wat’s jou gevoel oor die local scene?
CDV: Daar is baie talent met baie drome- veral in Afrikaans- en ek sal hulle help sover as wat ek kan met TV blootstelling.
WKJ? Is daar baie ou tannies wat kak en kerm oor die taalgebruik en topics wat in jou shows aangevat word?
CDV: Baie kerkgroepe, taalgroepe, onderwysgroepe, ou ooms, jong aunties en diesulkes het gekla. In die pers, by MNet en kykNET en op my website. Hulle was egter altyd in die minderheid. Ek word elke dag voorgekeer deur Christen, Buddis en Mohammedaan wat my gelukwens met die show – so ek weet dit het “gewerk” vir ‘n hele klomp mense…
WKJ?: Wat’s verskil in jou shows vir die beeldradio (Casper Rasper) en verhoog (Dimensie)?
CDV: Die TV show is vlietende vermaak – dis gemik op mense wat wil ontspan en lag en musiek geniet in hulle huiskamers. Die verhoogwerk is veelvlakkig, mense doen moeite om in hulle karre te klim en na jou toe te ry. Die verhoogshows is hoofsaaklik humoristies met effe meer “padkos” – want ek werk maande lank daaraan om maande lank te toer. Ek doen nie (soos die meeste kunstenaars) een show op ‘n dorpie en move aan nie – ek tree weke lank op in ‘n spesifieke teater in die land – en daarom moet so ‘n show baie om die lyf he (nes ek).
WKJ?: Is dit waar dat jy die perfekte Hamlet sou kon speel?
CDV: Ek verkies om nie lesbians te speel nie.
WKJ?: Waar kry jy die inspirasie vir jou snaaksighede of is jy maar net simpel?
CDV: Die mense daar buite – veral my fucked-up volk
WKJ?: Wat’s jou planne vir 2002?
CDV: Ek toer met DiMensie tot einde Maart en dan begin ek onmiddellik met CasperRasper. Ek sal seker in Augustus weer met ‘n nuwe (nog titellose) verhoogshow begin toer. My belofte aan my fans is ‘n nuwe show elke jaar – en ek probeer dit so hou
WKJ?: Sal jy die volgende ronde kry asseblief?
CDV: Waar is die vorige ronde heen?
WKJ?: Wie’t jy die meeste respek voor?
CDV: Eddie Izzard
WKJ?: Wie’s die grootste pyn in die gat?
CDV: ‘n Drol
WKJ?: Dink jy Tom Hanks sal eendag net weggaan?
CDV: Sies – ek hou van Tom – hy huil so mooi as hy iets wen
WKJ: Jy’t ook ‘n websait. Sien jy dit as integraal tot jou publieke persona?
CDV: Dis fantasties om so direk met mense te kan praat. Danksy die web het al my shows in Kaapstad uitverkoop sonder een poster of advertensie. Ek druk die afgelope paar jaar nie meer posters nie – want die shows verkoop hulleself uit.
WKJ?: Wat beteken die term ‘publieke persona’?
CDV: Dit wat mense dink hulle van jou weet.
WKJ?: Wat dink jy van unleaded petrol?
CDV: Dit sit mens nie op so ‘n high as lood nie
WKJ: Wat dink jy van watkykjy.co.za?
CDV: Jammer – ek beantwoord nie persoonlike vrae nie
WKJ?:Enige laaste woorde of dalk ‘n vieslike rympie?
CDV:
- Dink oor die lewe
- Wees trots om te strewe
- Maak jou kamer aan die kant
- En bid vir die Rand
As julle watkykertjies sal smaak van om nog interviews te sien met anner ‘publieke persona’s’ drop ons ‘n lyn en ons sal dit ‘n traai gee. Moet net nie fokken belaglik raak nie. Ons doen nie Marike de Klerk nie.
Watkykjy staan op 3,084,441 post views in totaal sedert 1 November, 2019.