Yolande
Soos hulle sê: "Word wakker word wakker, die dag is al hoe kakker". Fok man, as vandag kakker as gister gaan wees, sal ‘n oordentlike gemoedsbekakking aan die orde van die dag wees.
So force jy mos nou jou moeg babbelas lyf uit die bed uit. Jy kannie lekker onthou waar jy weer rongespeel het gistraand nie, maar where ever, jy sal later moet trug neuk soontoe want jy’t jou naam daar iewers gelos gistraand. Die volgende fokkop tree in: Trafic. Jy kry omtrent n dubblele beroerte agter die stuurwiel as n pigment gestremde met n fokken fiets jou verby vat op die highway.
Na jou 50 minute martelsessie op die pad stap jy in die hel in. Die Hyperama van alle frustrasie. Volgende op die “eat all the shit you can handle" spyskaart is natuurlik die poepol wat homself jou baas noem, wat so waar as fok gesien het dat daar verkeer was maar nog steeds met so kak sarkastiese stem sal vra of die feit dat jy laat was weer gekoppel kan word aan ‘n laat aand gistraand. “Fok DROL, ja ek het verwoed gekuier. Ek voel kak. My oë brand, ek is moeg, my kop wil bars, ek bewe en ek het my lewer op time share gestuur. En as jy nou aanhou aan my karring, breek ek jou in fokken twee en en bliksem altwee van jou!"
Dis 10:00 en niks het verder verkeerd gegaan nie. Jy vermoed vuilspel. Miskien is dit n goeie ideë om jou brose gestel te probeer paai met iets in die lyn van voedsel. In die yskas staan n tupperware bak met n deurskynde deksel. Nuuskierig dwaal jou oë. Jy weet dit sal justifiable wees om wie ever se kos dit is te tand, want jy het dit meer nodig. Jy bekak jouself toe jy daai deksel oopmaak en die groen monster wat eens op n tyd ‘n stuk steak of iets was jou in die bodem van daai bak lê en aangluur. Dit was dit. Genoeg is genoeg.
16:00. Meeste van die simptome, irritasies en moordgedagtes is weg. Jy herhinder jouself om nie weer onnodige hoeveelhede alkohol in te neem tot belaglike ure in die oggend as jy moet graft die volgende dag nie.
16:45. Jou connection bel. Julle reel om mekaar direk na werk te kry vir n dop of 10.
Moral van die storie? Fok alleen weet!
Watkykjy staan op 3,090,239 post views in totaal sedert 1 November, 2019.