Lank verlore is die dae toe ons nog na lekker metal kon luister soos Anthrax en Biohazard sonder om skuldig te voel. Die kinders van vandag se bands het veilige name soos Cake en Marilyn Manson met goeie rede. Satanisme, new age? Nee wat ons lag vir sulke poeperige gevare wat ons kinders bedreig. Vandag is daar terrorisme, Talibane, Bin Ladens en Rodney Seal om oor te worry. Chemiese wapens is 'n realiteit, die koerante sê so en Vetseun bewe.
Aids maak op die oomblik 'n kakhuis vol mense dood in Afrika, en Amerikaanse Tomahawk missiele skiet die kak uit ouetehuise en skole in Afghanistan. Fair enough 'n paar mal terries met aeries het New York se voortanne uitgebliksem en 6000 mense is dood, brandweermanne ook.
En nou sit ons met Anthrax. 'n Gevaarlike gifstof wat tot dusver 3 van Vetseun se burgers gekelder het. Gasmaskers is uitverkoop, bomskuilings is uit voorraad, paniek is aan die orde van die dag.
Gelukkig vir Vetseun is daar multimassiewe chemiese korporasies soos Bayer wat 'n antibiotika (Cipro) ontwikkel het om Anthrax in sy moer in te stuur. Die gevolg is dat almal in Amerika en Kanada hulle Happy Meals sal verruil vir 'n dosis van die good stuff. Die apteke is uitverkoop, pryse skiet die hoogtes in en korporasies kan nie voorbly om genoeg meds uit te pomp nie. Die gevolg is dat almal 'n blind eye turn sodat patentreg gebreek kan word om meer antibiotika te maak.
Gaan die chemiese reuse baklei vir hulle regte soos hulle nou nog die res van Afrika en Brazil kak gee oor Aids drugs patente? Jy sien ek twyfel, want wie nie saam met Vetseun is nie, is teen hom.
Hier is die scorecard net om julle op hoogte te hou. Drie mense sterf hierdie jaar in Amerika van 'n Anthrax-strain wat self deur Vetseun ontwikkel is 'n klompie jare gelede. Miljoen-ontelbaar mense reg oor die wêreld maar veral in die gatkante van die wêreld gaan dood aan Aids. Presies waar lê die state of emergency nou?
Vetseun ruik poep … In die poskantore in Washington of op die underground in Londen. Is dit Anthrax of net 'n nuwe strain bobotie wat iemand gister in sy lunchbox vergeet het. Dit ruik nie lekker nie, 'n paar mense pass uit. Alle grappies op 'n stokkie. Niemand lag vir Vetseun nie, Vetseun poes plat. Hy eet jou broodjies en trap jou tjank af. Hy't die wêreld aan sy kant, die multinationalglobalsmagnaatkorporate in sy sak.
Al wat ek weet is… daar's 'n slang in die gras op Pofadder.
Watkykjy staan op 3,085,566 post views in totaal sedert 1 November, 2019.