WKJ? militêre vleuel hou annale vergadering
Eie korrespondent
Saterdag, 15 April 2001
Anton L’Amour Bar, Oppikoppi
‘n Paar minute oor vier en die notorious klein bar word voller met ‘n paar karakters van dubious origin. Dis ‘n jaar sedert die stigting van die WKJ? militêre vleuel en tyd vir ‘n annale vergadering.
Die atmosfeer is heel rumoerig en dis duidelik dat ‘n paar van hierdie vryheidsvegters reeds hand aan bottel geslaan het. Tog kry Generaal-majoor Slyt alle teenwoordige partye stil(lerig). Verrigtinge kan begin.
Vir volledigheidshalwe word die reëls weer deurgegaan. Een van die agt word vergeet, maar danksy die begeesterde inisiatief word ‘n vervanging uitgedink.
Nuwe rekrute word ingelyf en herhaal plegtig die reëls. ‘n Blinde mens kan sien net hoe bewus hulle van die helse verantwoordelikheid is.
Veldmaarkskalk Glen dring tussen ‘n paar Jagermeisters aan op ‘n mosie om ‘n reël by te voeg. Na vlugtige oorweging word daar besluit dat die militêre vleuel dinamies genoeg is om dié reël ook te akkommodeer en dit word gesekondeer en bygevoeg.
Die nuwe (aangepaste reëls sien nou as volg daarna uit):
- Spoed vang sy baas.
- Ek voel nou vinniger.
- We accept all responsibility.
- Convenience R Us.
- Drank is bobaas, maar poes hap-hap aan sy gat (Was gewees: Show no mercy, take no prisoners).
- Whoop Whoop, it’s the sound of the police. Whoop Whoop, it’s the sound of the beast. Whoop Whoop, it’s the sound of my niece. Whoop Whoop ….
- No retreat, no surrender.
- Eight is enough.
- Ek is niks, die gang is alles.
Hierna word luidrugtig glasies geklink, gemors op die bar counter en weer en weer reëls herhaal. Omstaanders word links en regs ingelyf. Al die bar is vro(u)lik.
As laaste oefening voer geselekteerde lede ‘n hostile take-over van die Oppikoppi landing uit. En die tradisie leef voort.
Tot in bewerigheid.
Army.
Watkykjy staan op 3,071,870 post views in totaal sedert 1 November, 2019.