Pap, atjar en fiksie
Koujack en Mr. Zambuck
1. Proloog. Koffie Winkel – Oggend
Normale Wimpy tipe koffie kroeg in Benoni. Dis so 9:00 in die oggend. Die plek is nie stampvol nie, maar daar is ‘n gesonde aantal mense wat koffie drink en spek en eiers eet. Tussen die mense is daar ‘n jong man en ‘n jong vrou. Jong Man praat in ‘n ligte werkersklas Benoni Afrikaanse aksent en soos sy mede-landsburgers rook hy asof dit uit die mode uit gaan. Dis onmoontlik om te sê waar die jong vrou vandaan kom of hoe oud sy is. Alles wat sy doen weerspreek wat sy gedoen het. Die twee jong mense sit in ‘n afskorting. Hulle dialoog word in ‘n snel pas en knap mode voorgedra.
Jong Man: Nee, vergeet daarvan, dis te riskant. Ek is klaar met daai kak.
Jong Vrou: Jy sê dit altyd, dieselfde ding, oor en oor: Nooit weer nie, dis verby, te gevaarlik.
Jong Man: Ek weet ek sê dit altyd. Tog is ek altyd reg, maar….
Jong Vrou: …maar jy vergeet daarvan in ‘n dag of twee.
Jong Man: Ja, wel, die dae van my vergeetagtigheid is verby, en vandag is die dag wat ek begin onthou.
Jong Vrou: Weet jy soos wat jy klink as jy so aanhou?
Jong Man: Ek klink soos ‘n verstandige fokken man, dit is hoe ek klink.
Jong Vrou: Jy klink soos ‘n eend. (Maak ‘n eend na) kwaak, kwaak, kwaak.
Jong Man: Waardeer dit, want jy sal dit nooit weer hoor nie, want siende dat ek dit nooit weer gaan doen nie, gaan jy my nooit weer hoor kwaak oor hoe ek dit nie weer gaan doen nie.
Jong Vrou: Na vandag.
Man en Vrou lag met ‘n pouse tussenin, heen en weer.
Jong Man: (Met ‘n glimlag) Korrek, ek het die hele aand om te kwaak.
‘n Kelnerin kom daar aan met ‘n vars pot koffie.
Kelnerin: Kan ek vir enige iemand nog koffie skink?
Jong Vrou: O,ja, dankie.
Die kelnerin skink vir die Jong Vrou koffie in. Die Jong Man steek nog ‘n sigarette aan.
Jong Man: Ek’s nog gaaf.
Die Kelnerin verlaat hulle. Die Jong Man neem ‘n trek van sy sigarette. Die Jong Vrou skink ‘n ton room en suiker in haar koffie. Die Jong man gaan direk weer aan.
Jong Man: Sien, hoe dit nou is, vat ons dieselfde fokken risiko as om ‘n bank te beroof. Ons vat ‘n grooter risiko. Banke is maklik. Die Perm is in elk geval nie veronderstel om jou te stop gedurende die rooftog nie. Hulle het versekering, wat gee hulle om? Jy’t nie eers ‘n wapen nodig in ‘n Perm nie. Ek het gehoor van ‘n ou wat in ‘n bank ingestap het met ‘n selulere telefoon in sy hand, gee toe die telefoon vir die teller en die ou aan die ander kant van die lyn se toe: “Ons het hierdie ou se klein dogtertjie, en as jy hom nie al die geld gee nie, gaan ons haar rook!!
Jong Vrou: Het dit gewerk ?
Jong Man: Fokken A een, het dit gewerk, dis waarvan ek praat. ‘n Knop-fokken-kop stap in ‘n bank in met ‘n foon, nie ‘n pistool nie, nie ‘n 12-boor nie, maar ‘n fokken foon. Hy maak die plek skoon en hulle lig nie eers ‘n fokken finger nie.
Jong Vrou: Het hulle die kind seer gemaak?
Jong Man: Ek weet nie, daar was waarskynlik nooit ‘n kleintjie nie. Die punt van die storie is nie die klein dogtertjie nie, die punt van die storie is: hulle het ‘n bank met ‘n telefoon beroof.
Jong Vrou: Wil jy banke beroof?
Jong Man: Ek sê nie ek wil banke beroof nie, ek illustreer net dat as ons sou, dit makliker sou wees as wat ons nou doen.
Jong Vrou: So jy wil nie ‘n bankrower wees nie ?
Jong Man: Nee, al daai dose is op dieselfde pad; of dood of hulle sit twintig in die tjoekie.
Jong Vrou: En geen meer Shebiens nie ?
Jong Man: Waaroor praat ons ? Ja, niks meer Shebiens nie. In elk geval dis nie meer so snaaks soos wat dit was nie. Te veel uitlanders besit shebiens. Koelies, Porras, Grieke, hulle kan die eers fokken Afrikaans praat nie. As jy hom sê om die kasregister oop te maak, weet hy nie eers waarvan jy praat nie. Hulle maak dit te persoonlik. Hou ons hiermee aan, gaan een van daai Porra moederfokkers, ons maak, hom vrek maak.
Jong Vrou: Ek gaan niemand dood maak nie.
Jong Man: Ek wil ook niemand dood maak nie, maar hulle gaan ons tien teen een in die situasie plaas waar dit ons is of hulle. En as dit nie Porras is nie, is dit hierdie ou fokken Koelie, wat die shebien al vir vyftien fokken generasies besit. Jy’t Oupa Mohamed wat agter die toonbank sit met ‘n fokken Baretta. Probeer om in een van daai shebiens in te loop met niks behalwe ‘n fokken foon nie en kyk hoe ver kom jy. Fok dit, vergeet dit, ons is uit.
Jong Vrou: Wat anders, werk?
Jong Man (Laggende): Nie in hierdie leeftyd nie.
Jong Vrou: Wel, wat dan ?
Die jong man roep die Kelnerin.
Jong Man: Loftie, koffie!
Kyk dan weer vir die haar.
Jong Man: Hierdie plek.
Die Kelnerin kom verby en skink vir hom nog.
Kelnerin (Snotterig): Loftie beteken kroegman.
Sy loop.
Jong Vrou: Hierso? Maar dis ‘n koffiekroeg?
Jong Man: Wat is verkeerd daarmee ? Mense beroof nooit restaurante nie, hoekom nie? Kroëe, shebiens, petrolstasies. Jy soek vir kak as jy een van hulle ophou. Restaurante aan die ander kant vang jy met hulle broeke op hulle knieë. Hulle verwag nie om beroof te word nie.
Jong Vrou (Kry die idee): Ek reken jy kan die heldfaktor bekamp in ‘n plek soos die.
Jong Man: Korrek, net soos banke is hierdie plekke verseker. Die bestuurder gee ‘n fok om. Hy probeer jou net by die deur uit kry voor jy die kliënte begin rook. Vergeet kelnerinne, hulle vat nie ‘n loodpil vir die kasregister nie. Tafeljoggies, so ‘n nat agter die ore klein kak, wat ‘n Rand vyftig ‘n uur kry, gaan hy werklik ‘n fok omgee as jy by die eienaar steel? Kliente sit daar met kos in hulle monde, hulle weet nie wat gaan aan nie. Een oomblik smul hulle aan vetkoek, die volgende oomblik druk iemand ‘n wapen in hulle gesigte.
Die Jong Vrou kry die idee. Die Jong Man gaan in ‘n lae stem voort.
Jong Man: Sien, ek het hierdie idee gekry by die laaste shebien wat ons beroof het. Onthou jy al daai kliënte het daar in gekom ?
Jong Vrou: Ja.
Jong Man: Toe kry jy die idee om almal se beursies te vat.
Jong Vrou: Uh-Hu
Jong Man: Dit was ‘n fokken goeie idee.
Jong Vrou: Baie dankie.
Jong Man: Ons het meer uit die beursies gemaak as wat ons uit die kasregister gemaak het.
Jong Vrou: Ja, ons het.
Jong Man: Baie mense gaan na restaurante toe.
Jong Vrou: Baie beursies.
Jong Man: Bleddie skerp né?
Die Jong Vrou kyk die restaurant uit met die nuwe informasie. Sy sien hoe al die mense eet, verlore in gesprek. Die moëe kelnerin wat bestellings neem. Die tafeljoggies gaan deur hul bewegings, kollekteer borde. Die bestuurder moun by die kok oor iets. ‘n Glimlag breek op die Jong Vrou se gesig uit.
Jong Vrou: Bleddie skerp. Ek is gereed. Ons doen dit! Hier! Nou!
Jong Man: Onthou die selfde as voorheen, jy beheer die skare, ek beheer die werkers.
Jong Vrou: Het dit !
Dan haal hulle alby hulle .32 pistole uit en lê dit op die tafel neer. Hy kyk vir haar en sy vir hom.
Jong Vrou: Ek is lief vir jou, Pampoen!
Jong Man: Ek is lief vir jou Hommelby!
En daarmy staan Pampoen en Hommelby op en beroof die restoerant. Pampoen se roofpersoonlikheid is die van ‘n in-beheer professionele man. Hommelby is die psigopatiese haar sneller los kanon.
Pampoen (Skree vir almal): Almal wees kalm, hierdie is ‘n rooftog!
Hommelby: Enige een van julle fokken dose bereeg en ek elimineer elke een van julle moederfokkers ! Het julle dit ?
Watkykjy staan op 3,118,394 post views in totaal sedert 1 November, 2019.