Oppikoppi Patrolliehond haar af
Chopper Charlie
Sekere goed van Oppikoppi bly altyd dieselfde. Soos die feit dat jy altyd naby mense sal kamp wat oorspronklik genoeg is om Red Hot Chili Peppers, Metallica, Nirvana of The Offspring te speel. Of die feit dat ek elke keer op die eerste aand al my plakkies verloor. Vra vir Baby Jay.
Ander goed verander weer, soos die feit dat feesgangers nou bands se T-shirts steel en oor mense in hulle tente ry. Vra die arme ouens van Brixton Moord en Roof orkes. Mag alle skuldiges deur Sati in die hol genaai word. Vir ewig.
Maar dit was goed dat die Bosveld weer kon skud met tunes. En dit was goed om weer te gaan suip en simpel wees. Want die volgende festival is by die Fonteine en dit gaan definitief different wees. Verseker. ‘n Man moes die beste maak van hierdie festival. En ons het probeer. Vra vir Baby Jay.
Nie al die bands is die tipe stuff wat ek smaak nie, maar Jack Hammer het soos gewoonlik weer gat geskop. Huilende kitare teen ‘n koel Bosveldnag is nou maar net eenmaal befok.
‘n Nuwe band wat donners impressive is, is Moodphase 5. Funkerige, hiep-hopperige stuff met twee vocalists, ‘n dude en ‘n chick. Vet nice met baie funky beats. Inderdaad kwaai lappies. Check hulle uit.
Van Four Ounce Freedom se tunes was ook heel lekker, maar die crowd was op dié stadium (Sondagmiddag) al bietjie out of it. Of so het dit gelyk. Die DJs het fokken deurentyd losgemaak. Behalwe miskien dele van DJ Gel se set die Sondagoggend. Soos Neil Diamond se Red, red wine. Nee dude.
Die enigste band wat ondraaglik kak was, was soos te verwagte, die Awakening. Drama queens wat deurentyd kerm oor eksistensiële disposisies en identiteitskrisisse maak nou nie regtig “luisterplesier” in my oë nie. En dan moet Ashie-washie die odacity hê om na elke frase nog ‘n ekstra moan in te kry oor die monitors, of die vocals of een of fokken ander problematiese fokken aspek van sy bestaan as kunsternaar.
Soos elke Oppikoppi was ek teen die laaste aand paraletic flou teen die laaste aand en kon weer net die laaste bands vanuit my tent hoor. Maar die partytjie was well worth it. Soos altyd.
Geluk aan al die mense wat die bands en DJs ondersteun het, dié wat aande deur gepartytjie het, dié wat nie bierbokse op hulle kop gedra het nie, dié wat nie kak gemaak het nie, en die wat nie in die aande as ek probeer slaap op en af met een of ander stuk kak op wiele op en af gery het nie. Doos.
En gee Brixton se shirts terug …
Watkykjy staan op 3,084,454 post views in totaal sedert 1 November, 2019.