(ingestuur deurNico Olivier)
Miskien is ek verkeerd, maar mense doen sekere goed wat my de bliksem in maak SEDERT EK LAAS ‘N SKYF GEHAD HET!!
- Soos wanneer iemand na sy horlosie toe wys as hy my vra wat die tyd is . Ek weet waar my horlosie is pêl. Waar de fok is joune?????? Wys ek na my voël toe as ek vra waar die toilet is?
- Of soos wanneer iemand gewillig is om van sy gat af op te staan en die hele donnerse kamer vol te soek vir die remote omdat hy weier om na die TV toe te loop en die chanel te change.
- Of as iemand sê “dis altyd op die laaste plek wat jy soek.” Natuurlik is dit. Hoekom sal jy nou fokken aanhou soek nadat jy die donnerse ding gekry het. Doen mense dit??? Wie is hulle en waar is hulle????
- Of terwyl jy in ‘n fliek sit en iemand vra “het jy dit gesien?”. Nee doos, ek het R30-00 betaal om na die fliek toe te kom en na die vloer te staar.
- Of as iemand my vra ” kan ek jou ‘n vraag vra?” Gee my nie eintlik ‘n keuse nie nè. Ek meen jy’t my mos nou al klaar ‘n fokken vraag gevra???
- Of hierdie atvertensie doose wat iets adverteer as “new and improved”. Wat is dit nou eintlik?? Ek meen, as iets nuut is, dan was daar mos nog nie iets voor dit nie. As dit “improved” is, dan moes daar mos iets gewees het waarop hulle ge “improve” het. So hoe de fok kan dit “new and improved” wees.
- Of as iemand sê die lewe is kort. Kak. Dis die langste fokken ding wat enige een van ons ooit sal doen. Wat gaan jy doen wat langer is as dit??
- Of as jy vir die bus sit en wag en iemand vra jou of die bus al gekom het. As die bus al gekom het, sou ek nie nog hier gesit en wag het nie, knopkop!
Hierdie post is 100 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 2,931,652 post views in totaal sedert 1 November, 2019.