wkj? jol in ‘toria: vertel snikkend wat gebeur het
Chopper Charlie
Een Vrydagaand slaan ons mos uit in Hatfield, dis mos die plek om te wees. Mos. Ons park basically in Gezina en stap af na die Square waar dinge volgens bewering gebeur. Or something similar.
Steelworx
Nadat ons lekker lag vir melkbaardjies wat weggewys word oor die afwesigheid van ID’s, laat groot bere ons in. Blykbaar hoef mens nog nie te kan skuim pis voordat jy in Hatfield uitgaan nie. Die rammetjies in die jol lyk so 17 gemiddeld met die flossies so net onder 15. En wat ‘n plek. Jirre kinners, wat maak julle?
Die dansvloer is in ‘n tipe hok met tralies en die werke, bar is ook staal, die manne wys hulle staal en absoluut nerens is daar styl of substance nie. As jy ‘n ou is, maak seker jou hare is kort en gegel en jy’s buff. Verder tel fokkol. Obey jou voël.
Die doef-doef pomp en die mense (neé kinders) skud lywe en wees oor die algemeen maar simpel en kommon. Verder spoor ‘n Radio Sux platejoggie mense aan op kak soos Right Said Fred. Fokkenel dude.
Ons maak ons biere klaar en waai. Disgustedly. Fok dié jol.
Herr Gunters
Op pad na ons volgende possie toe gooi ons ankers vir ‘n skuimkoppie of twee te Herr Gunters innie Square. Griffin maak kak met Amerikaanse toeriste langs ons deur hulle aan te spreek as Captain America en Amerikanski. Wel, dit was seker fair. Mens moet mense afrip wat soos ‘n seer toon uitstaan as toeriste; deur byvoorbeeld elfuur in die aand by ‘n drinkplek te sit en biltong eet en Springbokkies drink.
Ons swerf aan.
Drop Zone
Tune in en slaan uit in Drop Zone. Mense is darem ouer hier, bietjie meer zef. Ons voel beter en settle in langs ‘n TV waarop krieket wys. Nee, ons verstaan ook nie. By die tafel agter ons trip ‘n man sy kop af op wat lyk soos ‘n Ecstacy tablet soos die pote sou kwytraak.
Ons drink bier, gooi naam op loser musiek soos die Grease soundtrack en begin bietjie bekommer toe hulle daar ook aandring om Right Said Fred te speel. Ons besef met ‘n skok dat die Zef deel van ‘n groter conspiracy is. Ons word bang.
En gaan huis toe.
Anner aand – selle kak. Ons gaan om iemand te ontmoet wat kuier van die Kaap af.
Fat Cuban
Mens moet onraad vermoed as jy R10 moet betaal om ‘n cover band genaamd ‘Over the Top’ te sien. Maar mens is mos fokken stupid. Mens gaan in. Mens word gekonfronteer met twee bra’s – een Bon Jovi tipe wannabe met ‘n bandanna, krullie bob hare, stywe hempie sonder moue, headset mike en gevaarlik baie selfvertroue vir ‘n dom persoon.
Dude twee is ‘n fortysomething vaderfiguur wat kitaar speel en vreeslike gesigte trek as hy die note slaan. Mens besluit dat mans wat kitaarspeel dieselfde gesigte trek vir kitaarspeel as seks. Mens lag bietjie.
Nou defiant singer wat herinner aan Creed/ Bush/ Bon Jovi/ vocalist stap lustig tussen die mense rond, flirt subtiel, klim op tafels – maak die plek sy eie. Vaderfiguur probeer nonchalant act, fail miserably – lyk kak basically. En so fok hulle several songs op wat mens gedink het kak genoeg was op hulle eie. Mens leer nie. Mens betaal duur daarvoor; en ek praat nie van die donnerse R10 nie – die hierbinne wat dit pyn. Hier binne waar ander nie sien nie.
Mens gaan huis toe en mens huil mens se kussing nat.
Cool Runnings Wonderboom
Tot mens een aand – Vrydag nogal, ek tune jou – uitslaan duskant die Drag Strip te Wonderboom. Fok die rasta atmosfeer van ander Cool Runnings takke, hier spel ons zef met ‘n hoofletter F. China.
Een of ander heavy afgepiste middeljarige chick genaamd Wilde Katarien or something such like jol die aand daar met backtracks, ‘n akoestiek kitaar, big hair, denim styf oor haar buik – die werke bru, die fokken werke.
Hectic.
En sy vat nie kak nie. Fokken skel die arme 5-man sterk crowd uit, gee almal kak en sing en speel nog kakker. Ek kom agter ek verstaan nie altyd Afrikaanse kunstenaars nie. Van vroeg van van kunsbeen af.
Mens waai naderand en gaan kyk M-Net.
Dis so ‘n koue wereld daar buite.
Watkykjy staan op 3,112,797 post views in totaal sedert 1 November, 2019.