Pap, atjar & fiction
Johann en sy bra’s
Die atjar scene:
————< snip <——< snip <——< snip <————
In ‘n geel 3-liter Ford XR6 (beweeg) – Oggend
‘n Swaar ou, vuil, geel 3-liter Ford XR6 drommel by ‘n huislose straat in Benoni af. Voor in sit twee jong knape, een wit een swart. Albei dra goedkoop swart pakke met dun swart dasse onder lang swart stoflap baaitjies. Hulle name is Frikkie Viljoen en Joel Shabalala. Joel is agter die stuur.
Joel: So, vertel my van die dagga kroeë?
Frikkie: Wat wil jy weet?
Joel: Wel dagga is wettig daar reg?
Frikkie: Ja, dis wettig maar dis nie honderd persent wettig nie. Jy kan nie net in ‘n restaurant inloop, ‘n spliff rol en daaraan begin puff nie, Jy’s veronderstel om dit net by sekere aangewyste plekke te rook, of by jou huis.
Joel: Hierdie is die dagga kroeë?
Frikkie: Ja, dit kom op die volgende neer, dis wettig om dit te koop, dis wettig om dit te besit en as jy die eienaar van ‘n dagga kroeg is, is dit wettig om dit te verkoop. Dis wettig om dit by jou te dra, wat nie eintlik saak maak nie, want hoor hier: As nie-Polieste is dit onwettig vir hulle om jou te deursoek. Om jou te deursoek is ‘n reg wat die Polieste in Lenasia nie het nie.
Joel: Dit het dit gedoen – ek fokken gaan, dis al wat daaraan is.
Frikkie: Ja man, jy sal dit die meeste laaik. Maar weet jy wats die snaakse ding van Lenasia?
Joel: Wat?
Frikkie: Die klien verskilletjies. Baie van die selfde kak wat ons hier het, het hulle daar. Maar daar is dit ‘n bietjie anders.
Joel: By voorbeeld?
Frikkie: Wel in Lenasia kan jy ‘n bier by ‘n bioskoop koop. En ek bedoel nie ‘n papier koppetjie nie, hulle gee jou ‘n glas bier, soos in ‘n kroeg. En in Laudium kan jy ‘n bier by die Wimpy koop. Weet jy wat noem hulle ‘n kwart ponder met kaas in Lenasia?
Joel: Noem hulle dit nie ‘n kwart ponder met kaas nie?
Frikkie: Nee, hulle het die metrieke sisteem, hulle sal nie ‘n fok weet wat ‘n kwart ponder is nie.
Joel: Wat noem hulle dit?
Frikkie: ‘n Koninklike met kaas.
Joel: ‘n Koninklike met kaas. Wat noem hulle ‘n Groot Mac?
Frikkie: Groot Mac’s ‘n Groot Mac, maar hulle noem dit ‘n Groot aye Mac.
Joel: Wat noem hulle ‘n Ronder?
Frikkie: Ek weet nie, ek het nie in KFC in gegaan nie. Weet jy wat sit hulle op hulle skyfies in plaas van tamatiesous?
Joel: Wat?
Frikkie: Atjar!
Joel: Jissis!
Frikkie: Ek het gesien hoe hulle dit doen. En ek bedoel nie ‘n bietjie op die kant nie, hulle verdrink die goed in daai kak.
Sny na Ford (bagasiebak) – Oggend
Die bagasiebak van die Ford maak oop, Joel en Frikkie haal twee .45 outomatiese pistole uit, laai hulle en haal hulle oor.
Joel: Ons moes twaalf bore gehad het vir hierdie storie.
Frikkie: Hoeveel van hulle is daar bo?
Joel: Drie of vier.
Frikkie: Insluitende ons nou?
Joel: Ek is nie seker nie.
Frikkie: So daar kan tot vyf ouens daar bo wees?
Joel: Dis moontlik.
Frikkie: Ons moes fokken twaalf bore gehad het vir hierdie storie.
————< snip <——< snip <——< snip <————
Watkykjy staan op 2,931,846 post views in totaal sedert 1 November, 2019.