Die IT Laaitie en die colour laser
Die IT Laaitie
Dis Maandag oggend oppad werk-toe. Dis fokken koud want my bakkie se heater het jare terug al opgepak. Voor my ry ‘n doos met die vier Telly Tubbies in sy agtervenster. Nou wonder ek net wat in so ‘n fokker se kop aangaan … Ek meen maar net, gawie gras sou mos baie beter gelyk het.
Derik jol vir ons Ally McBeal se tune oor die draadloos. Ek’s seker dis die enigste stasie in die wêreld wat nog die tune kap. Dan die nuus: Hansie is al weer in die kak en die Israeliete en die Palestyne fok mekaar nog steeds op. Ons twee gholfers het ewe kak gespeel. Gelukkig niks oor die rugby nie want dit sou te vulgêr wees so vroeg in die more.
Nou moet ek die baas gaan face. Ek en my pêlle het Vrydag ‘n pub-lunch daar by Willie se restourantjie gaan eet en na die vierde bier besluit fok die werk en toe ernstig begin suip. My baas is die lopende voorbeeld dat daar wel lewe na die dood is. Sy is so fokken suur, as sy aan ‘n suurlemoen byt, dan se die suurlemoen “Yeeaaghh”. Maar gelukig is ek die IT Laaitie en computers het die gewoonte om te breek sonder ‘n afspraak. NT maak sy kop se kak net wanner hy wil en gelukkig is Windows 2000 op NT gebou so WALLA – the struggle continues. Ek sal net een van my contacts bel en reël dat ek daar by hom was om sy server op te tel wat soos ‘n hoer op sy rug gaan lê het.
Ek het seker die niceste job in die gebou as dit net nie vir die fokken users was nie. Dan bel Sarie van die vyfde vloer my: “My e-mail werk nie!” As ek dan daar by haar uitkom is die donderse netwerk kabel nie in die socket ingeplug nie. Stupid bitch. Of die hele gebou lê op my nek, “Hoekom is die Internet so stadig?” Ou swaar, ons netwerk is so stadig, as hy nog bietjie stadiger was, dan was die data-flow agteruit. Maar het jy nou al probeer om vir ‘n knaap, wat nie weet waar om ‘n PC aan te switch nie, te verduidelik hoekom ons optical-fiber nodig het? “Eehhh … Wy du we naad optika … what-what?” (op sy tafel staan die mooiste PIII, CD writer die fokken tootie). En die donderse viruse! Nee, hier is anti-virus maar die Direkteur se Norton is so lanklaas ge-update, sy PC dink Mellissa is die een of ander fokken porn-site.
Van porn-sites gepraat – Een van my job descriptions is om seker te maak die ouens kyk nie poes-prentjies nie. Nou ‘n ou kan hulle blok op die server maar elke week moet ek daai lys update met ten minste nog 200 sites wat die ouens ontdek het. Ek haal nou die dag ‘n prentjie van die server af van ‘n tannie met ‘n klomp oor-ringetjies in haar gwarra. Ek praat nie kak nie, maar daar is so veel van daai ringetjies, as sy haar period kry bloei sy nie – sy roes. En die weirdste goed wat die ouens met girls doen wat vasgemaak is …
Nou ja, by die baas se kantoor het haar nuwe printer gekom wat ek amper ‘n jaar terug bestel het en sy is so getjaff sy vergeet skoon van Vrydag. Toe die printer, een van die duurder colour lasers op die mark, haar vyf jaar oue laaitie se gevreetjie in amper perfect picture quality uitdruk, smile sy vir my en se “Wat sou ons sonder jou gedoen het?”
Die IT Laaitie
Watkykjy staan op 3,089,923 post views in totaal sedert 1 November, 2019.