Arbeid Adel
George Costanza
Vertaal deur Chopper Charlie
- Moet nooi sonder dokumente in jou hande rondstap nie
Mense met dokumente in hulle hande lyk soos hardwerkende werknemers op pad na belangrike vergaderings toe. Mense met niks in hulle hande nie lyk of hulle op pad is na die kafeteria toe. Mense met ‘n koerant lyk of hulle op pad is toilet toe. Maak bowenal seker dat jy ‘n klomp dokuments saam met jou in die aand huis toe vat, sodat die indruk geskep word dat jy langer ure werk as wat jy werklik doen. - Gebruik rekenaars om besig te lyk
Sodra jy ‘n rekenaar gebruik lyk dit soos “werk” vir die meeste leke, waarvan MDs meermale deel van uitmaak. Jy kan persoonlike e-pos stuur en ontvang, klets of in die algemeen ‘n goeie tyd hê sonder om enige iets naby werk te verrig. Hierdie is nie juis die sosiale voordele waaroor die voorstaanders van die rekenaar rewolusie wil praat nie, maar dis ook nie te sleg nie. As die baas jou vang – en jy sal gevang word – is jou beste verweer om vol te hou dat jy besig was om jouself nuwe sagteware te leer en so waardevolle opleidingsfondse help bespaar. - Slordige lessenaar
Topbestuur (en net topbestuur) kan wegkom met ‘n netjiese lessenaar. Vir die res van ons lyk dit of ons nie hard genoeg werk nie. Stapel groot torings dokumente in jou werkspasie. Die niksvermoedende waarnemer ken nie die verskil tussen vandag en verlede jaar se werk nie, dis volume wat tel. Stapel hulle hoog en wyd. As jy weet iemand is op pad na jou werkspasie, begrawe die dokument wat jy benodig halfpad deur ‘n bestaande stapel en grawe daardeur as die persoon arriveer. - Voice mail
Moet nooit jou telefoon antwoord as jy voice mail het nie. Mense bel nie net omdat hulle jou iets vir niks wil gee nie – hulle bel want hulle wil hê JY moet werk vir HULLE doen. Dis geen manier om te leef nie. Voice mail is die perfekte manier om al jou calls te screen. Indien iemand ‘n boodskap los wat klink of dit werkverwant kan wees, bel terug gedurende etenstdy wanneer jy seker is dat hulle nie daar is nie – steeds lyk dit dan of jy hardwerkend en oplettend is selfs al is jy besig om ‘n lae bliksem te wees. - Lyk ongeduldig en geïrriteerd
Probeer altyd ongeduldige en geïrriteerd lyk om jou base te laat dink dat jy altyd besig en onder stress is. - Gaan altyd laat huis toe
Gaan altyd laat huis toe, veral wanneer die baas steeds daar is. Gebruik hierdie tyd om tydskrifite en storieboeke te lees wat jy altyd wou maar nooit voor tyd gehad het nie. Maak seker dat jy verby die baas se kantoor stap op pad uit. Stuur belangrike e-mails op ongewone ure (bv. 21:35, 07:05 ens.) en op publieke vakansiedae. - Kreatiewe suggeluide vir effek
Sug uitermatig hard wanneer daar baie mense in die omtrek is, en skep so die indruk dat jy onder geweldige druk verkeer. - Gevorderde stapeltegniek
Dis nie genoeg om slegs dokumente op jou lessenaar te staple nie. Sit ook baie lêers en boeke op die vloer ens. (dik rekenaar manuals is die beste). - Bou woordeskat
Lees ‘n paar rekenaartydskrifte en onthou al die buzz words en name van nuwe produkte en uitvindings. Gebruik hierdie frases vrylik in geselskap met veral base. Onthou: Hulle hoef nie verstaan wat jy sê nie, maar dit sal verfokkenseker indrukwekkend klink.
HEEL BELANGRIKSTE: - MOENIE per ongeluk hierdie na jou baas toe forward nie.
Woorde om volgens te lewe.
Hierdie post is 145 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,064,445 post views in totaal sedert 1 November, 2019.