Nog ‘n Oujaarsaand is verby …
Collin
Word wakker met een van daai hoofpyne wat voel asof ek êrens in ‘n Viëtnamese tronk is en gemartel word deur kort skrefiesoog mannetjies wat my met bamboes op my rug en onder my voete slaan terwyl rotte besig is om aan my skrotum te knaag. ‘n Paar keer gehoes en rondgekyk om seker te maak ek is in my eie kamer en nie by daai ding wat my gisteraand probeer terugsleep na haar grot toe nie. Daar behoort ‘n wet te wees teen vroumense wat jou probeer charf na hulle jou heeltyd dophou en seker maak jy is te dronk om te dink of te beweeg. Hulle wag tot so net voor gravity wen en jy lê met jou bek op die vloer.
“Hallo, my naam is Natasha.”
“Hoezit,” (al wat ek op daai stadium van die geveg kan uitkry), “hou my bietjie regop toe. Ek en gravity is hier met ‘n moerse fight besig en ek is besig om te verloor.”
As jy jou weer kry word jy wakker in ‘n vreemde flat, kaalgat langs iets wat Green Peace sal terugrol as sy uit die see uitkom en wonder of jy jou arm gaan afkou eerder as om haar wakker te maak. En jou buddies het foto’s wat opgeplak word in die bar.
“Kom ons drink môre-aand Tassies so op old times,” het een simpel moer gister gesê. Ek het toe al die doodskoue gekry maar dit ‘n ignore gekap. Paar tweeliter kannetjies met sulke lekker ore gekoop om met gemak te drink. Dit reën in elk geval al weer Oujaarsaand so ons drown maar ons sorrows. Ek weet die goed smaak soos battery acid en rooi asyn (en bietjie suiker of Nutra-sweet vir die klomp wat op Weigh Less is). Ek is in elk geval seker daai goed, Tab en Diet Coke maak jou net dik, want dit is net vet mense wat die kak drink.
So het nog ‘n moerse hangover begin. Eerste drie glase gedown om seker te maak my tastebuds skrik so groot dat hullke die res van die aand buite aksie sal wees. Ek het die kak immers laas gedrink toe ek geswot het en toe ook net omdat jy niks anders kon bekostig nie.
Halfpad met die tweede kannetjie en twaalfuur is ‘n sig. Maak net asseblief twaalfuur hierdie jaar. Me, myself and I het gou ‘n vinnige meeting. As ek nog drink na die kannetjie bekots ek weer vanaand die hele plek en mis ek nog ‘n Nuwejaar. Dit laas gedoen toe ek student was (toevallig ook die laaste keer wat ek die battery acid/ asyn mixture gedrink het. Die kannetjie is uiteindelik klaar en ek besluit om bietjie te rus.
“Vat ‘n shot potency. Dit is ‘n energy drink. Sal jou bietjie lewe gee.”
Kak storie, Potency, Tas en daai ou hoender pie maak amok in my binneste.
“Ek was eerste hier, laat julle voete raas. Twee kanse, ons is drank en belangriker.”
Hier kom die katte. Klaarblyblik het my maag besluit al drie verloor.
“Is jy orraait?”
Klink ek orraait? Ek is besig om my pankreas uit te kots. Hoe moet ek nou ‘n goose optel? Jammer dame, ek weet ek ruik soos rooi wyn en vrot hoender pie maar ek het gewonder of jy my sal vergesel na my flat toe vir ‘n potjie owerspel? Daar is ‘n groter kans ek raak pregnant na jy my in die hol gekap het.
Hoes-hoes spoeg-spoeg terug kar toe. Ingeklim, die autopilot knoppie aangesit en gewag dat ek by die huis uitkom. My ander connections lê hier êrens op die sand uitegepass of is ontvoer deur een van daai gevreesde vroumense. Nou net om verby daai spietkops te kom (“Mamma, kan hoere ook kinders hê? Ja my skat waar dink jy kom spietkops vandaan?) en dan is ek by die huis.
Weereens belowe ek my self, Nooit weer Tassies nie.
Ten minste tot volgende jaar in elk geval…
Watkykjy staan op 3,085,560 post views in totaal sedert 1 November, 2019.