Dis altyd befok om uit te sien na M-net se agtuur movie op Sondae, behalwe as dit nou een of ander kak fliek met Tom Hanks of God forbid, Merryl Streep is. Sondagvermaak is maar oor die algemeen kak. Hier teen sesuur begin die dinge shape. Darem is Big Brother op teen 6 en moenie fokken lieg of probeer groot wees nie. Almal kyk dit. Jy, net soos ek, is ook ‘n skaap. Bê!!!!
Ongelukkig is daar ‘n transition tydjie tussen Loerbroer en die fliek – Carte Blanchë: ‘n heerlike uurtjie van iemand anders (baie keer in ‘n ander land) se kak en almal sê “ag shame” of “fokiit dis bad”. Jy moer met jou vuiste op jou bors en skree “dank God dis nie ek nie” terwyl jy in jou agterkop onbewus dink aan Maandag. Lekker kak ou Maandag. Mielie-Maandag. Die begin van kak.
En dis waar ek nou by die eintlike storie uitkom. Carte Blanche-tipe kak stop nie op ‘n Sondag nie. Omdat Maandae gewoonlik sulke kak blou dae is, herinner hulle jou aan watse kak dag dit is in die vorm van M-Net Life: One Man, 5 wifes and 29 children. Bliksem outjies! Amerika hoef nie te worry oor die burgers wat hulle links en regs aan terroriste afstaan nie. Daar’s ‘n cousin in Salt Lake City, Utah wat die post World War 2 term ‘baby boom’ na ‘n mite laat lyk. Hierie bliksem is so stuk of 30 jaar ouer as een van sy 5 vroue wat hom getou het op die brose ouderdom van 14. Hy’t ook later geskiem dat die bokkie wat sy trailer skoonmaak ook nie ‘n sleg ass het vir ‘n 16 jarige nie en haar ook getrou. Asof dit nie skurf genoeg is nie, sleep hy haar ma ook kansel (trailer toe).
Dis op hierdie staium dat die storie toe vir my heel skeef lyk. Dit is ook op hierdie punt wat wat my decoder uitskop en terug kom in swart en wit net om so bietjie meer doom en gloom by te voeg by die alreeds siek verhaaltjie. Kyk, dit werk maar so met alle goeters. Sodra ‘n elektroniese item meer as ‘n aan en -afsit knoppie het soek jy vir kak. Hoe duurder hoe meer omgekeerd eweredig raak die possibility dat die device vinniger as byvoorbeeld ‘n blender sal uitfok. Nietemin kyk ons maar verder in swart in wit en my broer se eerste opmerking is: “I work for Oscar Schindler” toe die mormoonse varkbakkies weer op close-up is.
Die 14 jairge chick vertel toe ook sommer skaamteloos (eintlik met ‘n halwe siek trots van houding) hoe die man van haar drome haar op hulle eerste aand gezaber het: Hy het met sy vinger op haar pens geteken presies waar alles van haar nou aan die binnekant sit, waar hy sy zaber gaan indruk en waar kind nommer 23 evenually gaan wees en kop uitsteek. Wat ‘n befokte wedding night.
Om nou terug te kom na die ma-dogter kombinasie. Die fokken morhoon het reggekry om altwee op dieselfde tyd in die anner tyd te sit. So die ma se kind is die dogter se broer terwyl die ma se kind en haar dogter se kind broers is. Maar die die dogter se kind is ook haar ma se klein kind. Moerse fokken confusing, maar gelukkig het een van die kinders later in die trailerpark doodgebrand oor een of ander probleem met ‘n stoof of iets. Problem solved.
Nou grifF het self ook gesit en wonder presies hoe hierie hase hulleself aan die lewe hou. En ek dink ek gaan dit dit self ‘n try gee, want as daai fokken skobo sy 5 vroue en 29 kinders aan die lewe kan hou deur magazine subscriptions door to door te verkoop. Kan ek op my eie elke 2de week oorsee gaan. Trust my, daai kinners lyk en vreet soos honger wolwe.
Een van hierdie fucknut se 22 jarige vrouens het dae soos Sondag en Mieliemaandag pragtig opgesom: Haar grootste wens is dat hulle gras kan plant op die stowwerige sanderige deel laat die kinders daarop kan speel. Net dit.
Nee ouens. Groot nee.
Watkykjy staan op 3,085,081 post views in totaal sedert 1 November, 2019.