die vloek van die kitaar
Super Deluxe 3000
(vanuit Londen)
Dis Vrydagaand met ‘n borrel in die hand… well dis actually Maandagaand en dis moer koud buitekant so ons staan in die Walkabout Aussie bar in Londen. Valiant Swart en sy band speel vanaand en ‘n klomp leepoog Afrikanertjies suig aan hulle astronomiese duur biere. ‘n Castle kos omtrent R20, maar Windhoek is vanaand op special: twee vir R25. Nee dis nie een of ander sick joke of ‘n Kaapse aflewering van Futurama nie… dis 2001: The Vleis Odyssey. Die voet-en-mond siekte kraai koning en bek-en-klou skilders is werkloos … geen waterverf Kerskaartjies vir jou hierdie jaar nie. Die crowd skuifel grootoog rond opsoek na iemand wat hulle dalk van hulle hometown herken … Parys (Vrystaat), Hatfield (Pretoria), Brixton (Johannesburg) en Oxford Street (Rosebank). Dit lyk eintlik maar soos ‘n working holiday waiter en barman convention … ag shame.
Ek loop vir Moord van daai Brixton-orkes in die crowd raak en hy’t alreeds ‘n moerse grin nog voor Valiant die eerste chords gegooi het. Fok ons boogie op ware liefde en ons huil met banneling … almal onthou waar hulle roots is en wonder waar hulle own supply is met “Sweet Stellenganga”. Dis ‘n lekker reunion en een of twee ouens gryp mekaar actually en begin ‘n bietjie appeltjie swaai. Ek blameer die Australiese bier … ek dink dit was af. Iemand gooi tot ‘n bra op stage, nie ‘n regte gabba nie maar soos ‘n chick se bra. Lacey Swart … Valiant maak soos Mick Jagger en maak of hy dit nie sien nie. Die plek rock, maar dis nou eers halfelf. Last rounds is elfuur en almal melk die Windhoek Special onkeerbaar. Ek het geval en bly lê … drie pints en ses specials later … wie sou kon sê?
Dis elfuur en die set is klaar. Ek kan sien Valiant-hulle is confused. Where to now? Die bar is toe en Skipper Glen is nie daar om vir Beyers te bribe vir nog ‘n karate Coke nie. Ek mis vir Skipper, en sy lawwe antics … he he he. Anyways die laaste tube move oor 20 minute and then you’re left with the streets of London … soos daai liedjie. “Have you seen the old man … neh neh .. blah blah through the streets of London … Ons compliment die ouens op ‘n job well done, score ‘n paar backstage Castles en die bra en ons is die laastes daaruit.
Dis die meeste wat ek nog vir Valiant betaal het … R130 later … elk … maar dit was elke sent werd. Ons verpas ons trein, ons mis ons bus en die taxi’s lag net vir jou as jy sê jy’t net vyf pond aan jou. Ons hike, maar almal maak of hulle jou nie sien nie. Ons begin die ultra-marathon huistoe aanpak. ‘n Desperate taxi of kindermolesteerder stop en aanvaar ons paar sente om ons tot by die naaste tube stasie te vat. Dis nou net so 20km van die huis af …
Eks dronk my skoene is nie meer padwaardig nie en my chick is net sowel ‘n deadweight. Soos Lennox so rukkie terug. Ek haal swaar asem, weet ek gaan more deur brongitis wakker gemaak word … nie koffie en toast in die bed nie, net dik geel slym wat in my keel vassit.
Dis die vloek van die kitaar.
Dis ‘n week later… ek hoes nog stukkies bloed uit maar dis vandag FA Cup final. Eks nie ‘n sokker fan nie maar ek kan leer. Ons kry nie rugby coverage hier nie en ek hoor die Stormers is in elk geval klaar uit. Shit dis Saterdagaand met ‘n borrel in die hand mmmhhh mmh … Buitekant …
Watkykjy staan op 3,074,331 post views in totaal sedert 1 November, 2019.