Hierdie week: Koning sonder opstand
Lanklaas ‘n watkykertjie met issues gehad. Maak daai traankliere skoon op GrifFin se breë skouers.Hierie week sikkel iemand weer met ‘n chick. Ons verstaan natuurlik die word “sikkel” in die konteks van ‘n persoonlike aard en nie in die definisie wat die Brooklyn Blitspatrollie verstaan nie. |
Koning sonder opstand…
Liewe Griffin,
Djorhaainis sikkel met ‘n helse probleem. En dit gaan oor die teenoorgestelle geslag. Toe ek 14 was het ek gewens ek het ‘n meisie. Op my sestiende verjaarsdag kry ek toe een, maar die passie het onnerbreek. Ek besluit toe om ‘n passievolle ene te soek.
Na skool kry ek toe eintlik ‘n passievolle chiek, maar dem te emosioneel. Alles was ‘n emmergensie, ‘n regte drama kwien. En toe die selfmoord dreigement kom besluit ek “no more” ek soek iemand met stability.
Op my 25ste verjaardag ontmoet ek die pop met stability ……. maar o hel ….. boring. So voorspelbaar en het nooit eksaaitit geraak oor enigiets nie. Die lewe was so flou en is toe op soek na iemand met eksaaitment.
Drie jaar later meet ek toe die cherrie met eksaaitment, maar kon nie die pas volhou nie, Van een dem paartie na die anner, nooit tevrede met enigietse nie. Flirt met elke tom, diek en herrie. Eers was dit groot pret maar toe besef ek sy is rigtingloos en ek sal moet settil op iemand met ambisie.
Op my 31ste kokkenotch ek toe hierdie doedie, slim baie ambiesie, voete plat oppie grond, ek trek toe sak en pak in by haar. Sy het soveel ambisie gehad dat sy gelos het en al my meubels ok nog gevat het.
Nou is ek ouer en wyser en soek ene met groot boebe!!!!!!!!!!
Enigiemand wat my kan help ?
Djorhaainis Bumchiez
Liewe Djorhaainis,
Smaak my die probleem lê innie feit dat jy jouself dalk Djorhaainis roep en die toilet as jou troon sien. Toilet humor het ook soms ‘n lyn. En as daai lyn teen die muur van die toilet getrek word, is daar, wel, kak.
Dan kom dit my voor dat daar ‘n onderdrukte ondertoon van van impotensie mag wees. Nee wag, dit kom my nie voor nie. Dit kom in fact, glad nie. Viagra word deesdae oor die bierkrat in enige respectable shebeen verkoop. Jy’s dalk gelukkig en kan jou gom inruil daarvoor.
Koop enige Sondagkoerant en slat hom oop by die adverts. Kry Advanced Hair Studio se nommer, maak ‘n afspraak en plak ‘n klein hasie op die kaal kolle op jou kop. Sak af na Peer Café en tel ‘n skêr op.
Wees ‘n onderdaan vir ‘n slag en kyk hoe jou meubels een vir een na jou toe terug loop. Miskien dra ‘n cherrie met groot boebe dit aan vir jou.
Groetnis,
GrifFin
Watkykjy staan op 3,092,388 post views in totaal sedert 1 November, 2019.