lekker bloem
Chopper Charlie
Alewig op soek na kieks, slaan wkj? mos een naweek uit in Bloemfontein; somtydse hoofstad van daardie vreemde provinsie genaamd Vrystaat en geboorteplek van duisende gemiddelde presteerders en andersins onbekendes.
Vrydagaand
‘n Vrydag na werk is nie die beste tyd om te ry nie. Behalwe as jy hou van trokke dodge en wild uitswaai vir bus hubcaps 22:00 die aand op ‘n fokken enkelpad. Dan is Bloem ook nog donners ver uit die dorp uit. Soos Francois van Bloem self sê: “Dis net ‘n uur te ver.” Maak reg vir lank sit, en vat drinkgoed saam. Moenie by BJ’s stop vir burgers nie. In fact, moet nooit by BJ’s stop vir enige iets nie.
Die laaities daar smaak van kaksoek. Vyf minute nadat ons daar aangeland het check ons twee groepe wat mekaar wil moer uit hulle zef cabbies uit, en terwyl ons olie check word ons in geen vriendelike terme toegesnou. Ewe skielik begin dit my pla dat ek ‘n skippie aanhet wat “Jou ma se e-pos” verkondig aan enige iemand agter my. Wat, inevitably, heelwat groter sal wees as ek self.
Anyways, die Mystic Boer kick serious ass. Heavy cool spot, al hang daar oneindig baie melkbaardjies en jong flossies uit. Lekker tunes, lekker cherries, lekker vol. Vermy egter die doef-doef plek op die hoek van daai selfde straat, ene Characters as ek reg onthou. Nie ‘n man se maat nie.
Ook ‘n draai gegooi by The Workshop, heel lekker Radio 2000-tipe joint met heelwat meer zef waarde as die Mystic Boer. Die bar het ‘n klok in vir laaste rounds, ‘n feature wat my nogal na aan die hart lê as dit by watergate kom.
Pasop ook vir die dronk boneheads wat op pad tussen die Mystic Boer en The Workshop rondval en hulle bakkies soek en mens se cherries probeer chaff. Selfs in daardie toestand is ek seker hulle kan ‘n netjiese PK bewerkstellig.
Dis baie interessant om te sien hoe weird-looking raver tipes na ‘n aand van kuier in bakkies klim om huiswaarts te keer. Somtyds met ‘n verlate verskalf steeds op die bak omdat Boetie te stoned was om dit agter te kom toe hy by die huis weg is.
Satrag
Na ons wakkergemaak is met techno remixes van Bon Jovi en Shania Twain durf ons Bloem CBD aan in die soeke van iets om te graze. Na ‘n burger by Wimpy, is ek verbaas om die message op my bill te lees: “Baie dankie. Mag God met jou wees. Goeie toekoms.” Whatever. Ek wou eintlik net eet en drink, nie bekeer ook nie. Nou’s my lewe volledig. Amen.
Sight-seeing het gou boring geraak (Naval Hill en Boereleier standbeelde is ook net so cool) en ons settle down by die Bloemfontein Waterfront. Sure. Bloemfontein Puddle is more like it, maar nou ja. “What’s in a name?” is obviously die rasionaal agter hierdie leuen.
Bulldogs provide ons met ‘n lekker spot om ‘n patetiese Bulls game te kyk. Gelukkig weet niemand daar ons is van Pretoria af nie.
Die middag bestaan uit bierdrink en poolspeel by Mystic tot ‘n hectic gatvlieg besluit dat hy ons vriend is en ons naderand vlug in an attempt to make him stop.
Na ‘n vroeë aandete (seekos cuisine by die local Ocean Basket) keer ons terug na Bulldogs toe vir ‘n wonderlike big-screen showing van die Cats/ Waratahs game, waarna ons weereens ooreenkom om vir die Cats te skree en die Bulls as span te ontken.
Hierna voorwaarts na ‘n kommune paartie en toe ‘n heerlike dronk aand in kennisse se jakoetsie.
Sela.
Watkykjy staan op 3,103,888 post views in totaal sedert 1 November, 2019.