hoe ry die boere?
Rev-rev-poes – Kyalami op sy zefste
GrifFin
Dis ‘n Vrydagoggend en GrifF graft by Kyalami op ‘n dik babbelhaas na te veel bottie-vat die vorige aand iewers in Hatfield se dagga kroeë. Ek is daai babbelhaas: die hangste ore, die spierste wit met die mooiste rooiste oë.
Maar ek hoef fokkol te worry, want Mot, my mede kollega het vir ons halfdag kromrug ge-organise. Dis hoogs befok en hoogs aanbeveel, aangesien ons ons ‘n paar vlieë en ‘n bol kak met een PK klap. Sien, werk is nou nie juis my top tipe sport nie en base het hierdie gawe om fokken meetings te reël op Vrydae wanneer meeste mense probeer inhaal op daai S-slaap waarvan jy in jou 3de eerste jaar in Psycho op varsity geleer het. Dis die vlieë. Dis hom daai.
Die bol kak is ‘n stank van ‘n anner kleur. Wat ou Mot ook reggekry het is om tickets te reël om by die outdoor expo uit te hang. Heavy. Natuurlik heel eerste ‘n lange na die Subaru stand gegooi waar chicks in stywe broeke ons met oop bene verwelkom het.
Ons was heel voor in die tou: Ek, Mot, die Rus, That Wired Guy en so drie anner gabbas. Werk vergete, twee Zamaleks agter die blad (dis elf-dertig), twee of drie keer se “shotgun” skree en ‘n paar vuiste later klim GrifFin voor in die Subaru. Die Rus en That Wired guy klim agter in.
“English or Afrikaans?”, vra die racer ons. “Wel ons het ‘n Rus daar agter jou en hierie ou agter my se naam is Wired Guy, so gooi maa whatever taal jy smaak”, skiet ek hom kaarte. “OK, ek’s bly julle het julle belts aan. Ek gaan so bietjie vinnig ry, so druk jou hande onder jou boude as jy nervous raak,” tune die man met die shades en die baard ons. “Ry net die fokken kar ou, niemand hier is bang nie en die Rus gaan net foto’s neem.”
Onder die eerste vyf sekondes klap ons die eerste corner. Ek skiem so 100m ver. Nie te kak nie, maar ek het darem geskiem die bra sal slack tune of te minste gear om die draaie gooi. Fokkol! Soos die Brumbies, het die Subaru ook nie brieke nie. Ons klap die outjie dooie gewig 170. Dis effens vinniger as wat Verwoerd se hearse om die die draaie gedoen het. Ek sukkel nog om ander bra’s vannie werk te bel toe klap ons al lap twee. Ek sê toe vir die baardman hy moet show gooi, want ons het nice cherries by ons werk en miskien gooi hulle bietjie tiet vannie balcony af ommie draai. Hy sê my toe hy gaan die cones ‘n skip gee en ons moet niemand vertel nie (so ag julleself gelukkig, ek vertel julle van die cones).
Ons fokken rally daai Subaru ommie draai, die ou gooi hooter en ek fokken rogges halflyf en wolffluit by die passenger kant uit. By die draai misgis hy himself en slat tarmac en gravel gelyktydig maar kry die spoedwa weer min of meer reguit virrie mineshaft en hy doen ‘n lane change (‘n lane change is waneer jy poesdronk van ‘n club in Joburg terug huistoe move en skiem jy sien cones en dan uitswaai vir wat vir jou na fokkol lyk).
Die kortste twee minute in my lewe kom tot ‘n einde (as mens die woorde “kom” en “twee minute” in een sin mag gebruik). Ons bedank die die ou stukkend toe ons eindelik ophou laster, vloek en mooi skaamdeelbenamings gebruik. Klap toe maar ‘n toon biertuin toe om so bietjie 5% proof te doen. Dank God virrie OBS chicks met hulle kort skirts, goue blink stywe tops en natuurlik, OBS. Teen vyfuur moes ons fokkof, want Mot skree toe mos lelike goed virrie mooi OBS meisies terwyl ‘n normale nie-watkykjy-lesende familie langs ons plek inneem. Hy het die tipe goed geskree wat mens in Zef slang kry. Ook ma goed so, want ons was poesdronk en Pretoria is verder as mens dronk is.
Na so vyf minute se verdwaal kry ons die exit sign. Ek ry voor, That Wired Guy agter my en die anner gabbas oppie bakkie agter Wired Guy. Die Rus is deur ‘n anner Rus kom haal. Dis toe met dié dat ons feitlik almal oppad huistoe afpis, want sien die stukkie pad waarop ons toe ry is toevallig grond. GrifFin se kar is twee weke oud, maar drank is mos bobaas en poes hap-hap aan sy gat, so toe trek ek die handbrake op. Wired Guy skrik sy poes af en uit pure instink trek hy syne ook op. Ons doen ‘n perfekte 180 in sequence en ry toe verder asof niks gebeur het nie. Die rykgat base wat oppie balconies oppie track gestaan en braai het, het hande geklap. Seker maar net so dronk gewees.
Die ander dag more net so tien minute in die tweede helfte van die Sharks game fokof ek en ‘n chick-wat-ek-ken se pa outdoor show toe. Doen die hele Subaru roetine, maar hierie keer in ‘n gewone padkar Subaru. Die drywer praat kak en die tyres fluit niks. Dit voel of ons dit in 4 minute doen.
Na die hele storie sê die chick-se-pa-wat-ek-ken vir my: “Ek wou dit nou nie voor die bestuurder sê nie, want nou-nou dink hy ek is ‘n doos of iets, maar dis hoe ek gewoonlik my M3 gery het en dis nie so vinnig nie.”
Ek het ‘n Coke gedrink, ‘n King Cone geëet, huis toe gegaan en dronk geword. Fokken dronk.
GrifFin – op wiele, Coke en 5 persent proof.
Watkykjy staan op 3,083,283 post views in totaal sedert 1 November, 2019.