SK #6
Rapa nui,
en na some absence kry julle weer ‘n leesstoffie vir low-profile dag. Dink aan dit as ‘n pitkossie, ‘n bederfie, ‘n vryfie aan die prostaat, ‘n stukkie kaas wat geskuif is. He he he. As ek nou net die fonts op my rekenaar kan opspoor …
Woord vir die dag
Sicily. 1942. Jaag vanaf Sunnyside deur Riviera toe. Stop by die huis. Skop die bruin beer onder sy gat. Pop vinnig ‘n tape in die videomasjien. Druk “record”. Jaag Centurion toe.
Dis ‘n paar uur later en ons settle in vir een van dié TV programme op die oomblik: Temptation Island, wat ek getrou op band vasgelê het aangesien ek uit was. Vanaand sou die pret begin … sparks will fly.
Maar nee, hang aan, die tape sny af na die uiters opwindende intro sequence en ons sit vir mekaar en kyk soos doosbreine. Ongefokkenlooflik. Absofokkenluut onbliksemsgelooflik. Kak.
Woord vir die dag: Anti-klimaks
Na mens kinderlik opgewonde was oor sharperige mense wat semi-naak owerspel pleeg op ‘n prentjie eiland is dit moeilik om tot ruste te kom. Bietjie musiek luister. Uitchill. Relax. Sit Neil Young se “Life” op.
Cool. Baie nice. Tot die CD player scheme: “Issit?” en die tracks balhorig begin te spring. Moer die CD player af en trap in die proses op ‘n ander hopie van my favourites. Timmy is eers so donners onhandig nie. Timmy.
Sit die lig af. Gaan slaap. As ek nou onmiddellik gaan slaap kan ek moontlik nog ‘n goeie kromrugdag hê more.
“Anti-klimaks,” dink my brein. “Wat is alles ‘n anti-klimaks? Wat kan ek moontlik aan dink om die poes wakker te hou?”
En toe kom dit. ‘n Lys van promising goed wat kak uitdraai, en niks metafisies of profound soos lewe en dan dood nie. Dit sou te maklik wees. Ek bullet dit vir navorsingsdoeleindes:
- Die N1 highway. “Rush hour” beteken wel dat snelhede van tot 70 km/h in dié tye opgeneem is. Dis lekkerder om in Vereeniging met ongesinchroniseerde verkeersligte te bestuur. Regtig.
- 1300cc karre. Veral met vier ratte. Try verbygaan op ‘n opdraande. Try verbygaan. Fokken Noddy karre.
- ‘n Vet vrou wat oopketel sit. Dis nou kak fliek sonder kaartjies, en mens sien gewoonlik voordat jy onthou om nie te kyk nie.
- M-Net. Maar dis mos lekker om middelklas te wees en subskripsie te betaal vir kak soos Family Friday, Meryl Streep, Patch Adams, Mighty Ducks I-XII, Meryl Streep en Notting Hill.
- Broeknaai. Ja, moenie so lag en jou kop skud nie. Almal het dit al gehad – befok in standard agt, redelik simpel in jou middel twintigs. ‘n Mens kan liewer hand aan eie slang slaan.
- Vrydae. Maar dis ‘n goeie een. Jy’s supposed om af te wind, nader aan niksdoen te kom en all die week se achievements te laat dissipate tot funny emails van vriende lees en surf vir Poolse Nazi organisasies wat smack verkoop.
Link vir die dag
http://www.roekeloos.co.za/komp.html
Thought vir die dag
‘n Man is net so braaf as wat sy tande sterk is.
Quote vir die dag
“If you’re gonna sit down at my table, you’re gonna get served.” – Bubba King, Battle Dome warrior of note.
Komiek van die week
OK, dis dit, geniet dit of nie. Kyk of ek omgee.
Cheers
Chopper Charlie
Watkykjy staan op 3,084,430 post views in totaal sedert 1 November, 2019.