SK #4
Ja-nee,
Dit gaan steeds hondkak, in some respects erger as laasweek. Maar as dapper metalhead stry ek voort. Die Here was ‘n herder, niks kan my meer breek nie, hy blaas my siel in rooibruin diarree.
Hieronder wat ek uit ‘n vrot, slymerige nageboorte wat vroeër my brein was, kon sif.
Sien julle in die Hel …
Taal? Taal this, buddy!
Afrikaners is lame, dit kan jy maar glo. Ons is tog so oulik en kreatief met ons Taal, is ons nie? Ek bedoel ons spel dan Taal partykeer met ‘n hoofletter, ons vertaal computer terme en ons spreek die Big Guy Upstairs as U aan. Wat is ‘n U, vra ek? Honestly.
Dan kry jy jou lae-inkomste, dog taalbewuste konte wat daarop aandring om sulke selfopgemaakte, kwasi-kreatiewe kak te gebruik wat glad nie slim is nie en niemand sal sê wat net die regte aantal chromosome het nie.
Goed soos “vas aan die wakker” is nie slim nie, dis deur die kak, en “deur die kak” is ook incidentally ‘n beter substitusie vir daai lame phrase. In presies dieselfde kategorie van gemors is “so gou soos maklik”.
Goddammit mense, waar hoor julle hierdie kak? Is daar ‘n woordeboek, website or organisasie wat hierdie braakspul propageer of is julle net losers?
Obvious goed in Afrikaans is simpel, van dit al vir jare in die woordeskat (nog een). Soos “ja-nee”, “so-so”, “sie”, “basta”, “sjoe” en “wrintiewaar”. Geen wonder niemand vat mens ernstig op nie. Dis erger as fokken Yiddish.
Wat wel ernstig opgevat moet word, is natuurlik woorde soos “leërskare”, “toorn”, “Godvresendheid” en “lafenis”. Geen wonder niemand gaan meer kerk toe nie. Bid jou aan.
Wag, laat ek ophou voor Heaveny Father my uithaal en ek lepel in die dak steek of die emmer skop. Ek hoor noudiedag op die radio van Kabila: “Het hy gegroet?” Ons koppe behoort in kollektiewe skaamte te hang.
So laat ek groet, kyk waar staan die tyd, wat skop die kriek?, vaarwel en tot weersiens.
Mag ons almal stik aan ons kak moedertong.
Aktiwiteit van die dag
Vandag se low-profile aktiwiteit is astral travelling na plekke soos Acapulco, Mexico City en Bangkok. Dit dien as ideale anti-aktiwiteit vir ‘n Vrydag aangesien jou liggaam by die werk is en nou en dan beweeg (soos in ‘n beswyming toegegee, maar dis steeds beweging), terwyl jy (die ideale “jy” in die Plato sin) glad nie daar is nie.
Komiek van die week
Link van die week
Dis dit, gaan vandag vroeg af en drink ‘n bier op die highway. Jy gaan in elk geval as statistiek opeindig.
Chopper Charlie
Watkykjy staan op 3,056,076 post views in totaal sedert 1 November, 2019.