SK #3
Nog ‘n week verby en almal is nog steeds nie seker oor hulle eie seksualiteit nie. Hoop almal het so super week soos Big Gay al gehad. Die Hre weet ek het nie, maar relax, sit agteroor en drop daai ooglede.
Jy weet niemand kyk nie …
Toe-nie-so-rush-hour
Na wat teen ‘n verbysterende spoed besig was om die goorste week van my huidige lewe te word, besluit ek om vandag die berugte N1 Suid tussen 06:00 en 07:00 aan te durf. Want, “Die pad is dan oop.” en “Ek staan liewer vroeër op en mis die verkeer.” is vertroulik en lewenswys oor braaivleisvure aan my vertel deur sogenaamde vriende wat hulself as geharde highwaymen beskou.
Wel, soos vir virgins wil ek vir julle een ding sê: “Thanks for nothing.”
En vanoggende der oggende – die allerheiligste, kickasste, luilekkerste rondomtaliedraai dag van die week – Vrydag. Nee, ouens.
Ewe skielik word my low-profile verskoning vir billable hours gesmash soos ‘n Toyota se rockers wat afgeslaan word as gevolg van ‘n gebreekte cambelt.
Verkeer net waar jy kyk, en net die beste uitsoektipes natuurlik. Huge toxic tankers, industrial pollution busse wat gewoonlik na die regterkant toe oorhel teen 45 grade, slow-travelling getinte honey-wagons met whitewalls en die obligatory minibus taxi’s wat met seaweed en snot aanmekaar gehou word. I love you guys.
Needless to say, ek tref Joburg (wat boonop nog ‘n kak plek is) teen ‘n lae spoed, ‘n moerse stresvlak en baie later beplande arriveertyd.
Dit is geen manier om ‘n Vrydag te begin nie.
Maar alles was nie in wyn nie, ek het tyd gehad om te besin oor allerlei benodigdhede vir enige self-respekterende highwayman.
- Kickass karma. Want jy weet nooit wanneer jy dit gaan nodig hê nie. Zen sal ook werk. Onthou, hoe langer jou hare is, hoe meer zen vang jy. So, Hannes en Tony rule.
- Musiek. Dis geen geheim dat die radio in SA nie bestaansreg behoor te hê nie, so kry liefs jou eie musiek. En moenie met daai kak kom van klassieke musiek help jou ontspan nie. In elk geval, ‘n passiewe bestuurder is ‘n dooie bestuurder. Kry Guns & Roses “Appetite for Destruction”, of enige iets deur Limp Bizkit of 2Pac Shakur.
- Koffie-urn/ ketel. Maar die tipe wat by ‘n kar lighter kan inplug. 06:00-08:00 in die oggend bestaan slegs in die aanwesigheid van koffie.
- Selfooncharger: Ook karlightertipe. Dan hoef jy dit nie in die aand te doen nie. (Spaar ongeveer 1.25 minute die vorige dag.)
- Phillishave. Of enige elektriese skeerder. Dan hoef jy dit nie in die aand te doen nie. (Spaar ongeveer 8-10 minute die oggend.)
Ek’s seker daar meer en daar’s slimmer idees. Soos om tussen 06:00 en 07:00 te ry in die oggend. Tipies Gautengers wat almal besluit om Margate/ Ballito/ Jeffreys toe te ry 03:00 die oggend want dan spring jy die verkeer voor. En elke vakansie sit ‘n klomp Gautengers met leepoë vir mekaar oor koffie en sigarette en staar by die Engen net buite Heidelberg so 05:00 die oggend.
Ook maar lekker stupid.
En dan, soos ‘n epifanie, is ek by die werk. On to net congestion …
Quote van die dag
“I can never understand why traffic jams. Presumably at some point further down the line, cars are moving, unless you’re in some kind of total world jam. So why should there be a point where traffic is not moving? It’s all the same line in space. But perhaps gridlock is not stagnation, but salvation.
I remember being in a jam on Hammersmith Rounabaout once, and after twenty minutes it became clear that this was it, the total world jam, and so people started getting out of their cars and walking about, smoking, lolling, joking with and talking to other drivers; faces that usually peered through glass at other traffic in fixed own-world bitterness cracked and smiled and responded and car-versus-car hatred, for a second, disintegrated: it was like Christmas Day 1914.
Back at Harrow Road, I think about this positive, healthy image of traffic jams in between shouting ‘CUNT!!! CUNT!!! AAAAARRRGGH, CUNTING CUNT!!” and banging my forehead repeatedly on the steering wheel, until I realise that a woman in the car next to me is pointing me out to her friend.”
Uit: Baddiel, D. 1996. Time for bed: A novel about sleep, sex and skewed clocks. London: Warner Books, p.22
Komiek van die week
That’s it, ek’s off na Dante se Swewende Ring van PC Returns. Tot later en mag hy val waar hy wil.
Chopper Charlie
Watkykjy staan op 3,110,941 post views in totaal sedert 1 November, 2019.