SK #2
Hola magents,
Dis ‘n nuwe jaar en nog steeds is Vrydae nie afgeskaf nie. In ware slapgat, langkuif tradisie is daar dus slegs een ding om te doen om te rebelleer: trek kromrug en tune low profile. Dit gaan ‘n lang dag wees, so ek stel voor jy doen wat enige iemand die beste doen …
Ek neem die inisiatief om ‘n paar wenke vir kromrugtrek voor te stel. Daar is seker meer, maar dis Vrydag so ek skenk nie baie aandag daaraan nie (sien?).
Hoe om krom rug te trek by die graft
- Kom laat: Vrydagoggende is in elk geval nie eers ‘n regte tyd nie en behoort geïgnoreer te word. Sê iets slim soos daar was ‘n trok op die highway of jou hare wou nie skoon nie of jy het AIDS. Onthou om altyd kreatief te wees. Dit maak van jou ‘n goeie werker en ‘n goeie kromrug.
- Breek gereeld: Kannie oorbeklemtoon word nie. Uurlikse koffiebreuke met driekwartierlikse toiletbreuke is my resep. Gebruik die “Dis daai tyd van die maand.” verskoning. Onthou om jou oë te rol. Freak uit as iemand jou konfronteer. Sê iets soos “Ek het nie nou tyd hiervoor nie.”
- Wees aktief: Stap randomly uit die kantoor uit met lêers en papiere. Hanteer die foon gereeld (sel of landlyn). Tik baie (al is dit e-mails aan jou vriende of Word dokumente wat jy weer uitvee). Frons deurlopend. Probeer ‘n clipboard kry. Dit lyk nogal besig en is baie suave.
- Surf baie: Wees deel van die digitale generasie en misbruik die Internet vir enige iets. Veral muis. Onthou om jou breuke in te pas.
- Rook en drink (indien moontlik): Middagete is die perfekte tyd vir ‘n bier om die na-lunch stretch draaglik te maak. Rook vinnig in jou breuke en surf op die headrush. Probeer om nie te glimlag nie. Ernstige werknemers is besiger.
- Waai vroeg: Die highways is heeltemal te vol op ‘n Vrydagmiddag. Ondersteun die Arrive Alive campaign en doen iets goed. Indien van toepassing, sê jy het ‘n afspraak/ kongres/ maagsweer of fetish. Weereens gaan verbeelding ‘n lang pad. Onthou altyd dat outrageous leuens meer geloofwaardig is as klein verbuigings van die waarheid.
Laasgenoemde moet liefs vermy word.
Die Missing Link
http://www.bored.com (‘n rerige loser site vir suicidal huisvrouens)
Komiek van die week
Mag ons rue permanent krom trek en die ekonomie rekord laagtes bereik as gevolg daarvan. Viva procrastination!
Bid jou aan,
Chopper Charlie
Watkykjy staan op 3,090,357 post views in totaal sedert 1 November, 2019.