Mohammed het ‘n vark gery – hy’t afgeval en seergekry
GrifFin
As die spitbraai gereël is vir Saterdag, maak seker dat jy jouself moeg suip die Vrydag voor die tyd iewers in Snor City en eers vyfuur in die bed kom, net om totally fucked nege uur weer op te staan. Gaan laai jou skobbo in Midrand af en maak seker daar lê nog genoeg klein Swartetjies (verkieslik ‘n sixpack) iewers in jou kar om te klap oppad soentoe en terug. Jy’t fokkol Weekend Minutes oor en dis ‘n kick-ass idee om jou Joodse mede-werker uit te nooi na die vark-spitbraai. Hy sal natuurlik die foon in jou oor neerpoes. Bel hom net weer, jy’t mos nie minute nie en jy gee net soveel om soos Rian van Voorblad vir die white trailer trash degenerate Afrikaans scum op sy show.
Dis elfuur. God weet hoe jy op jou voete staan, maar Hy sal plan sien. Die vark vat hopeloos te lank en almal is dooshonger. Laat hulle solank al jou kak vreet, want hulle sien in elk geval jy’s op jou einde. Goeie idee om jou gabbas af te neem met die varkkop.
Vark vat steeds sy tyd. Eet solank vier Myprodols en Thinz …
Gedagte onderbreking …
“Askies tog, verkoop julle Thinz?” (PharmaRama in Queenswood). Na klomp verduidelikings kry ek die rak en strompel terug till toe. “Is dit vir jouself, meneer?”, vra sy terwyl sy my 1.9m, 67kg lyf op en af bekyk. “JA, dis vir my”, mompel ek terug terwyl ek dink aan my gabba wat die pienk melkie vashou in die kar en te skaam was om die fokken goed self te kry. “O, dit moet seker werk” sê die sesjaar plan Weigh-Less kandidaat terwyl sy my weer op en af beloer. “Actually doen dit” sê ek “want dit hou my wakker terwyl ek suip en partykeer gee dit my hoendervleis en ek trip half, maar jy moet ten minste drie vat.”
Ek het betaal en gefokkof.
Tunes speel en ek kots legio voedselkettings uit terwyl almal dink: “Jirre Jissus, dis nou eers drie uur”. Somehow kom ek by my kamer uit en pass fokken erg uit vir drie ure om net weer wakker te word en nog dop te kap en selfoon nommer 15 op te fok deur ‘n bottel shooters op dit uit te moer.
Ek wonder of dit blind was om die kort Porra aan te spreek as Korra en dan vir hom te verduidelik hoekom ek hom dit noem. Of hoekom ek vir die groot goth gesê het: “Jirre ou, jy is nie lekker nie, kyk hoe lyk jy!”. Of om vier biere soos skuimpanje oor die dansvloer te spuit en te dans terwyl almal mosh. Maar ek het gerus gevoel, want ek was besig om dié naweek te verwar met die vorige een by die Groinchurn gig, of die aand by Zeplins, of die aand by Shaft. Somehow kon ek van almal af terug bestuur en intussen het my ou meubels so 120km Suid geweet om vir die poeslisie te jok oor my whereabouts. Blykbaar skuld ek die varkore 2 500 skille vir alles van publieke masturbasie (oordrywing) tot spoed en minagting van die hof. Ek het wel min agting vir die hof.
Tunes speel en ons dans op die tafel (gemaak vir 8 borde, maar hy kan blykbaar 3 mense dra wat poeskas gesuip is).
God, verder weet ek fokol. Weet wel dat ons op ‘n krismisbed wakker word en almal bitch oor hoekom die fok Motley Crue se hele CD nou juis teen 5 uur as slaapmusiek moes dien.
Vandag is Woensdag. Ek kon dit nou eers oor my hart kry om die oop bottel Blue Grass deur ‘n sif te gooi om die muggies uit die glas te hou.
Watkykjy staan op 3,083,270 post views in totaal sedert 1 November, 2019.