Liewe Vader Krismis
Anoniem
26/12/2001
Vader Krismas
Posbus 1
Noordpool
Liewe Vader Krisms
U sal seker verbaas wees om ‘n brief van my te ontvang op 26 Desember. Dit is nie dat ek vroeg skryf vir die volgende jaar se presente nie, maar om ‘n paar dinge op te klaar oor dinge wat gisteraand en vroeer in die jaar gebeur het.
Ek het vir jou geskryf en gevra vir ‘n fiets, elektriese trein, rolskaatse en ‘n rugby trui. Ek het die hele jaar baie hard gestudeer. Ek was nie net eerste in my klas nie maar het ook die beste punte in die skool behaal. Ek lieg nie vir jou nie. Daar was niemand in ons buurt wat hul beter gedra het as ek nie. Met my ouers, my broers en susters, my vriende en ons bure en hulle kinders. Ek het takies vir almal verrig. Ek het selfs ou tannies oor die straat gehelp. Daar was niks te veel wat ek vir die gemeenskap sou doen nie.
Wat de fok het jou besiel om vir my ‘n eenvoudige fokken fluitjie, ‘n
yo-yo en ‘n paar vaal skool sokkies te los na my mooi briefie aan jou. Wat de bliksem het jy gedink, jou vet vark, dat jy vir my ‘n bobbejaan gevat het vir die hele fokken jaar om die bogenoemde kak onder die boom te los. Asof jy my nie genoeg rond gefok het nie, los jy vir daai klein kak oorkant die straat soveel presente dat hy skaars in sy fokken huis kan inkom.
Laat ek jou nou waarsku, moenie volgende jaar probeer om met jou vet gat in ons skoorsteen af te klim nie. Ek sal jou opfok. Ek sal jou fokken bokke met my pa se rollie in hulle moer skiet sodat jy moet terug loop na die noord fokken pool soos wat ek nou moet doen aangesien ek nie ‘n fokken ryding het nie.
Fok jou vader krismis. Volgende jaar sal jy uitvind wat se kak ek kan wees.
Liefde groete
Klein Sammy Cohen (gebore Venter)
Roos Straat 10
Roos Vallei
Rosenville31234
Watkykjy staan op 3,110,464 post views in totaal sedert 1 November, 2019.