Een aand op Radio Pretoria
Die Camelman
Hierdie is die ware verhaal van, kom ons noem hom Frikkie, wat die klomp poese by Radio Pretoria ‘n lekker kak poets gebak het. Dit was ‘n Saterdagaand by die Army se bar in Pretoria, net oorkant die Brooklyn Polisiestasie. Frikkie het half daar gebly want hy het ‘n deal met die bevelvoerder georganise. Hy bly verniet maar hy speel barman vir die “vets” wat daar kom suip elke dan en wan.
Net ‘n bietjie agtergrond oor Frikkie: Grootgeword tussen die minedumps naby Klerksdorp, Potch toe vir skool en toe maar rondgefok van plek na plek. Hy is ‘n lekker ou, maar as hy gesuip is, dan bak hy poetse. Soos die aand laasjaar. Al die ex-armymanne was al uitgepass of huis toe teen 9 uur die aand. Frikkie was nog wakker en hy moes die bar oophou tot twaalf. Die hele tyd nog speel Radio Pretoria en meer spesifiek het hulle ‘n inbel program. Hulle probeer mense kry om geld te gee vir hulle kak stasie. Daar was tot op daardie stadium net een of twee losers wat ‘n ou grassnyer en ‘n boerbok belowe het.
Skielik kry ons man die plan. Hy ken twee opperste poese van Krugersdorp se wêreld af. Beide boere en die een was die ouderling wat hom gevra het of hy vir Jesus liefhet in Standerd 9 net voor almal daardie groot leuen voor die kerk vertel. Frikkie het vir die ouderling gesê dat lief is sterk gestel, maar hy dink wel Jesus was fokken yster om so lank op die kruis uit te hou.
Nodeloos om te sê het die toppie amper ‘n trombose gehad en Frikkie het homself hierdeur blootgestel aan die kerklike opsig en tug. Die ander kont was die omie wat dorp toe gery het die dag en vir Frikkie gesien het toe hy bunk. Die doos bel toe die skool om hom te rapporteer en daar bevind Frikkie homself weereens in diep kak. Beide die vermelde krimpies boer in dieselfde omgewing en beide is ryk omdat hulle al die jare op die Landbank se direksie sit.
Frikkie bel toe ‘n paar ou gabbas en kry omie A en omie B se telefoonnommers. Toe bel hy in Radio Pretoria toe, sê hy is Kobus Bothma (omie A) van Krugersdorp en hy skenk ‘n jong Brahman tollie vir Radio Pretoria ter waarde van R2 000. Verder daag hy sy vriend Flip Esterhuizen (omie B) uit om sy pledge te top.
Die ou op Radio Pretoria raak skoon opgewonde en vat die nommer by Frikke toe hy van die lug af is. Tien minute later bel Frikkie weer in en sê hy is Flip Esterhuizen en hy skenk ‘n Simmentaler stoetbul aan Radio Pretoria ter waarde van R5 000. Die ou op die airwaves het vir ‘n paar sekondes stil gebly en toe begin hy net hiedie goeie Christen bedank en hy belowe dat al die geld na Volkshulp 2000 sal gaan en hy is ‘n boer waarop ‘n man kan staatmaak ens. ens.
In die interim raak Frikkie poesdronk en nou is dit al na elf en Radio Pretoria het al die Stem en die Vlaglied gespeel. Toe besluit hy om omie A te bel. Hy bel en die foon lui about 30 keer voordat ‘n deur-die-kak omie A optel. Frikkie doen hom voor as Samuel Mamabolo: “Yess, I was listening to Radio Pretoria and I heard that you want to give your tollie to the radio. No man, this she is not a good idea. I want to buy your tollie for R100.”
Omie A is nou wakker en sommer onmiddellik styf en kru. “Watter tyd van die nag is dit nou
om ‘n mens wakker te bel. In elk geval, watse tollie?” Frikkie weer: “No, you see, I have a problem with my mielies here in Mamalodi and I want the tollie so she can plough the fields.” Nou is omie A sommer net moerig vir hierdie moena wat hom so kakhap: “Luister hier, ek verkoop geen tollie nie, en hou nou op om my te pla!” Waps, gooi hy die foon neer.
Frikkie skink nog ‘n dubbel en twalfuur bel hy weer. Weer lang lui, weer
omie A, die keer die moer in van scratch af:”Wat!!” antwoord hy. “No, it is me Samuel, I telephoned earlier. I want to make you offer for 200 rands for the tollie.” Die is nou te veel vir omia A wat summier die telefoon neergooi. Frikkie sit terug, vat ‘n sluk en dink by homself: “Kry vir jou, jou ou poes.”
Watkykjy staan op 2,930,898 post views in totaal sedert 1 November, 2019.