Zef koozien
Bestanddele
- 1x half loaf (verkieslik bruin)
- 1x bottel spirits
- 150g gaar burger / pet mince
- 1x blikbeker
Proses
- Hol die halfloaf uit met jou vingers.
- Eet dit wat jy uithaal, asook die reste onder jou vingernaels vir starters.
- Maak die spirits oop en tilt 30 grade. Neem ‘n skerp teug (jou totale longvolume). Jy behoort lomerig te voel. Heeltemal normaal. Hou kop.
- Skink nou die spirits deur die uitgeholde brood en laat dit in die blikbeker drup.
- Jou bloutrein het gearriveer. Sodra jy dit drink, behoort jy die fluitjie te hoor. Choo-choo.
- Vul nou die gegeurde half loaf met die mince. Siedaar – ‘n bunny chow om saam met die bloutrein te geniet.
Bron: Uitgedrink een Sondige oggend by die Spur in Hatfield
Verontskuldiging
Hierdie is ‘n satiriese stuk en is nie veronderstel om as ‘n werklike resep opgeneem te word nie. Met ander woorde, dis nie wkj? of wkj? medewerkers se skuld as jy stupid genoeg is om te OD op ‘n bloutrein omdat jy dit hier gelees het nie. Ons aanvaar verantwoordelikheid vir sweet blou fokkol.
Hierdie post is 489 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,118,402 post views in totaal sedert 1 November, 2019.