Kyk, Gezina is nie ‘n man se speelmaat nie. Dit besef ek weer een Saterdag toe ek en my goose deurskiet Pharmarama toe om ‘n voorskrif op te tel. Tot my bitter onsteltenis. En nou, dan Vader, ook tot julle s’n …
Wat begin as onskuldige somersoggend draai lelik uit toe ek park voor die plek en onthou hoekom ek van kleins af nie eintlik na Pharmarama toe gaan nie – fokken krimpies orals in wat seker die grootste pilleplek in die Suidelike halfronde is.
Nevertheless, ek probeer hard om al die krimpies, walkers, rolstoele, kieries en verdagte hoesbuie te ignore en stap in en deur na agter toe.
Na ‘n rukkie kom ek agter daar’s ‘n klomp pre-pubescent girls in bikini’s wat rondstap en kak uitdeel. Pretty much van daai kinders wat op die lelikste stadiums van hulle lewe is. Monde vol draadjies, lang maer bene, knopknieë, muskietbyte in training bras en dies meer. Die Jirre weet …
Turns out daar’s ‘n promotion aan die gang, met niemand anders as Rob van Egoli nie (onbekend as Dean Slater). Some lame-ass modelskool wat ‘n lot simpel kinders gaan laat model in baaikostuums. Fokkit, ek haat mense.
Natuurlik is almal in rep en roer, want dit is tog fokken Rob waarvan ons hier praat, waar de fok kom jy vandaan? En die man laat ook nie op hom wag nie. Slaan uit met ‘n denim, rave toppie en so Diesel/ Hugo Boss ad deurmekaar hare – gel en die works.
“Ja, dis great om hier te wees,” ensovoorts ensovoorts tos hy aan terwyl hierdie lelike Gezina kinders hulle gatte swaai op doef-doef musiek oor seks en eilande en kak.
En mense dig dit. Stukkend.
Agter my raak ‘n bejaarde (en bebaarde) dame iets kwyt soos “Jy weet, dit was darem nie reg toe Rob vir dinges gegryp het nie. En hy’s eintlik so nice. Hy en daai Deon.”
“Goeie fok vrou,” wil ek skree. “is jy van jou fokken kop af?”
Maar helaas, ek snak vergeefs na asem, voel hoe my knieë onder my begin ingee en gryp na die naaste rak. Duisende placebos (ek bedoel vitamienpille) stort van die rak af en ek tuimel waansinnig in ‘n hoop sanitêre doekies in.
“Ek kan nie meer nie …” dink ek vir oulaas voordat ek toegee aan die groot gemaklike donker wat kom met uitpass in ‘n publieke plek.
Watkykjy staan op 3,073,904 post views in totaal sedert 1 November, 2019.