Oppikoppi – Te midde van groot kontroversie is die hoogs gemobiliseerde militêre vleuel van wat kyk jy? gestig. Dit kom na ‘n periode van intense alkoholmisbruik en die verdagte idees wat daarmee saamkom.
Mescal het vrylik gevloei en opruiende stemme het gedreun in die Anton L’Amour bar by Oppikoppi naby Northam. Tussen die hedonisme en anargie het sleutelpersoneel van dié ekstremistiese splintergroep dit tog reggekry om ‘n tipe manifesto op te stel:
- Spoed vang sy baas
- Convenience “R” Us
- We accept all responsibility
- Ek voel nou vinniger
- Show no mercy, take no prisoners
- Whoop, whoop! It’s the sound of the police! Whoop, whoop! It’s the sound of the Beast. Whoop, whoop!
- No retreat, no surrender
- Eight is enough
Na ooreengekom is op die manifesto, is besluit op ander sake krities tot die sukses en operasionaliteit van die beweging. As leuse is op die opruiende frase: “Watse vriend is jy?” ooreengekom. In terme van range is die volgende besluit:
- Korporaal: “Gewone” mense
- Veldmaarskalk: Weberf-, kroeg- en klubeienaars wat by die stigting teenwoordig was
- Generaal-majoor: Hannes, omdat hy klaarblyklik die enigste persoon is wat al die reëls kon onthou
As amptelike drankie is Jägermeister gekies. Nadat die mescal (en die wurm) uitgeput was, is daar dapper verder gedrink, ook wel Jägermeisters. ‘n Mens kon die skewe patriotisme met ‘n mes sny.
Wat verder geblyk het is dat die vryheidsvegters van dié omstrede organisasie ernstig was oor die taak op hande. Daar word vermoed dat aanspreeklikheid vir meeste terreuraanvalle eersdaags aanvaar sal word. Onder die prioriteite tel apartheid, Jimmy Hoffa se dood, die Bokke se swak (en toe weer beter) spel, disco, die eighties ensomeer. Gevaarlike vigilantes of miskende profete?
Net die tyd sal leer.
Watkykjy staan op 3,089,925 post views in totaal sedert 1 November, 2019.