Wit Krul, of te wel, Matupe (Tswana vir “poes”) het albei Oppikoppi’s moerse geniet. By Northam het hy Groinchurn, Brasse en Not My Dog gekyk. Almal het ass gekick. Not My Dog het mooi hase gehad. Hulle boude en tiete was veral mooi. Die res van die tyd moes hy drank aanry met ‘n moerse wit bakkie wat ‘n eerste, ‘n vierde, ‘n reverse gear en fokkol handbriek het. Dus wil hy graag die dom dronk poese bedank wat halfpad oppad na die boonste bar voor die bakkie ingespring en lifts demand het. Die clutch het later soos julle asems begin ruik omdat hy moes af-free by die koppie af en maar weer probeer opry. Die hooter het ook uitgefok. Dit het egter makliker geword, want elke keer as drank gaan haal word, drink hyself drie biere en een oppad boontoe. ‘n Dronk bestuurder en ‘n groot bakkie het gewen. Dit lyk nogal cool as mense van die koppie afbliksem.
wat kyk jy se militêre vleuel is ook daar op die been gebring. Sien ons eie korrespondent se artikel vir meer hierooor. Dit het basies poes baie drink geverg en ek dink daar was baie belangrike mense teenwordig, soos my ma en die dominee. Hierdie wilde gesuipery het veroorsaak dat ek een oggend 4 uur nie my tent kon kry nie en voor ‘n vuur uitgepass het. Ook in die bar, ook so in die toilet.
Woester (waar dit nie sous nie), was ‘n kont van ‘n ander kleur. Dis fokken ver om met ‘n volgelaaide bakkie te ry, maar die moeite werd. Kleinplasie is anders. Daar is nie stof nie, die groen maak jou oë seer en daar is aasvoëlkak op die hoë punterige goed wat die plek omring. Die mense daar weet nie hoe om te drink nie. Almal is skoon. Almal praat stadiger, loop stadiger, knip hulle oë stadiger, maar dis sekker ‘n Cape thing: “Fully bru…”
Die venue is nietemin ‘n fokken cool setup en al die stages het befok gelyk. Ou Kat Le Roux, die DJ van die UK af het gerock by die Savanna (nooit, jy kan dit drink) stage. Partytjies het tot laat oggendure aangehou. Bands soos Brasse en Boo! het die Kaap geruk en Wonderboom se tunes het baie goed afgegaan. Nude Girls was blykbaar beter as wat hulle by Northam was. Dis seker omdat hulle ‘n goeie uitkak by die VIP hek gekry het. Wie het nie ‘n uitkak by die VIP hek gekry nie? Seker die mense wat mooi saamgewerk het.
Sekuriteit is deur die Rooibaadjies hanteer. Hulle was fokken professioneel. Hulle byvoorbeeld die polisie gevang wat ‘n spreilig probeer steel het. Die wie? Ja, hulle het die polisie gevang (sien ook grapgat vir iets oor spietkops). Koppigangers wat van Northam af deurgery het is in Worcester betrap met bankies wat hulle in Northam gesteel het (nee dudes!). Kinders is betrap met hope sakke wat hulle wou vaslê. Uiteindelik is hulle “los” ma opgespoor wat die vorige aand op 3 jols was. Hotknifes het kort-kort oor die mure gespring om goed vas te lê. Hulle is sommer uit die townships gaan haal. “Don’t fuck wiff de Red Baadjies.”
Verder kan ek nie veel onthou nie. Drank het maar sy manier met ‘n ou se kop. Kyk gerus na wat die ander oor die ‘koppi te skryf het.
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.