(deur Diaken-ateïs van Harrysmith)
Laat ek sommer met die intrap dit openlik en sonder skuldgevoel stel: Ek is ‘n 43 jarige, wit, Afrikaanse Suid Afrikaner, sport ondersteuner, Lion/Rum, braaivleis-houdende regte manne se man, gebalanseerde sin vir humor, moderne denker en – hier kom die grootoog maak asem wegslaan eienskap – “ateïs”
Hoekom is dit dat as ek saam met al die pêlle kuier en die gesprek raak tipies Afrikaans Rugby – Suid Afrika sal nooit weer enige toets van enige aard wen solank Naas, Danie, Frik, nie terugkom nie en as Thabo, Justice, Julies vir SA speel. Ditto vir Krieket, Atletiek, Hokkie, Rolbal, Jukskei. ANC – hulle het nou die land behoorlik opgefok en is blykbaar nog lank nie klaar nie – Skinder – Wie verneuk wie en hoekom ek nie n kans kry om met haar te verneuk nie.
Die goeie ou dae – Diensplig (manne se manne), Apartheid (toe “hulle” nog “hulle” plek geken het), Wêreldkampioene in alle soorte sport en plesier, toe Durban nog gereserveer was vir Transvalers in Desember ens, ens.
TV – Jerry Springer (giggel – ons kyk mos nie daardie gemors nie), Jan Stemmet is n skande maar Noot vir Noot is ons gunsteling al ken ons net een liedjie uit 100 en skreeu die antwoord kliphard en kry bewonderide kyke van ons kindertjies, Fashion TV is ons tienerseuns se doodsteek (ons kon net Scope met tepel strerretjies agter geslote toilet deure bewonder en met styf toegeknypte oë en voetvuisies wonder hoe n tiet nou eintlik lyk want my ouer sussie s’n tel nie – miskien haar vriendin se goeters.
En die gesprek tel spoed op en die brandewyn, bier, smokkel Mampoer (is dit nog onwettig??), vloei – Die vrouens is op hulle plek (behalwe Jan “Electric” se Engelse vrou wat alweer met Vodka en al wat man is probeer vordering maak), die tieners rook skelm en kyk Vidoe Town mal – die babatjies is gebottel en ontlas en gebed – dit is elfuur en alles loop volgens plan en ritueel.
Dan kom Godsdiens en almal stem saam dat behalwe vir n paar ekstremiste en liberale moffies en dykes is die Drie Susters darem nog n bastion van Afrikaans en alles wat goed en wel is in hierdie geboorteland van ons vadere.- en as die Here ons spaar en die huismoles is nie te ernstig nie sal ons mekaar more oggend met skelm glimlaggies en ‘n ton “BreathMints” in die kies in die bankies sien waar jy jou oë toemaak en stil bid sodra jy sit – moet net nie dadelik aan die slaap raak nie – en die lewe is kalm en jy hoef nie op die vrou en kinders te skreeu en / of praat vir ten minste die volgende uur nie – Goddank die babbelas rus – en n kuggie of hoesie laat die hele gemeente jou aanstaar asof jy befok is om in hierdie heilige plek in te kom met jou kieme en Dunhill longe –
dan —– Armeggedon oom Anton het mal geword – hy kyk almal in die oë en sê hardop – Julle praat bollie – daar is nie so iets soos God nie, Godsdiens en die Bybel is ‘n storie en Liewe Jesus is nie regtig Harry Oppenheimer se boetie nie (God’s rykste seun) en as jy dood gaan is jy dood en als sulke onheilige duiwelse braak taal
Doodse stilte daal – gedagtes flits – vrouens kyk vir mans – Jan “Lectric” se vrou skrik haar nugter en onjags – babatjies bevuil hulle Kimbies – tieners gooi hulle Camel Lights weg – Jan Stemmet se onderbaadjie word bleek om die ribbes – einde van partytjie – eie vrou staar my aan asof ek erken het ek het n ding vir Kallie Knoetze en Afrikaner vroue is mal oor orale seks as die lig af is en hulle die oë styf toe knyp – meeste mans word aan die arm gegryp – vrou gryp die laaste twee Castles en halwe bottel Klippies, slukkie Coke en oorblywende gebrande steak en wors wat ons na hierdie duiwelsaanbidders se huis gebring het – los geen spoor van ons teenwoordigheid in hierdie onheilsnes ingeval engel Gabriël en sy magte neerdaal en als en almal vernietig – in die “coolbox” ons gaan huistoe na die ander “coolbox” ek luister nie na sulke gemors nie.
n Paar manne staan vas – ons is diakens, ouderlinge, eks Manne Kamp bywoners (Pierre Spies het ons juis opgelei vir hierdie soort AntiChris aanval) – vergeet wie netnou mekaar amper gebliksem het oor WP / Tvl / Ntvl (g’n van hierdie nuwerwetse Cheetas / Sharks / Bulls kak nie) ons het weer n gemeenskaplike vyand gevind hier in ons eie boesem. Apostolie, NG, Dopper, Hervorm, Gereformeerd, Kan-nie-onthou-waar-my-attestate-is-nie, drie-uit-tien-gebooie-is-goed-genoeg-vir my, almal staan saam – HKGK.
Ek stel my punt mooi duidelik. kalm en deurdag.
Die konsep van Godsdiens is ‘n mensgemaakte systap vir die nodigheid om verantwoordelikheid te vat vir sy eie malligheid en verstandelike traagheid – die Bybel is so weersprekend en vol ongeloofwaardige stories die min kinders wat nie bang is dat Pa, Ds, Meneer Skoolhoof hulle sal moertoe klap nie sal dit vir jou so sê – ek kan nie eers begin voorbeelde opnoem nie daar is te veel – van bladsy een (die aarde was leeg en woes) tot laaste (wilde perde in bloed, ween en kners van tande) Steven Spielberg sal trots wees op hierdie draaiboek.
Die kerk en al sy voorspelers (Pous, Jimmy Swaggart, Andries Treurnicht, Ray Mac, ens ) lieg, bedrieg, steel, owerspel, koester, befok – al daardie reëls wat Moses so versigtig van die berg af gesmokkel het en aan hulle voorgehou het – al vir solank – hulle ken al die manier om hulle volgelinge te Martino – donner rond, maak reëls, konkel met die politiek, “check” die “ratings”, maak geld soos bossies – die goue-goue-goue reël is so elke tien tot twintig jaar moet jy net sê “sooorriiieee” ons is net mense en as God dan vergewe wat is fout met julle idiotiese, ongelowige, breindood, imbisiele. Weet julle dan nie as julle nie julle kant bring en my en my “tjommies” vergewe nie gaan ek my huis, Mbenz, GoldCard, VIP Casino regte, en n kakhuis vol ander belangrike lewensnoodsaaklike luukshede verloor en dan sal julle my forseer om weg-te-breek van julle klomp simpeltone en n nuwe Jesus-min-my-meer Kerk en / of sekte – hang af vir wie jy vra – te gaan stig in die rykste nuwe uitbreiding van Pta Oos en dan sal ek julle wys hoe maak n mens regtig geld en ek sal nooit weer met julle speel nie so word wakker en glo my glo my vrou en my interpretasie van goed en sleg.
As apartheid goed is vir Andries, Hendrik, John, FW, Eugene, sal dit goed wees vir Jan, Piet, Klaas, Sannie, Susan en veral vir Maria, Goodwill, Bantu, en veral vir daai meid (wat al twintig jaar ons kinders grootmaak sonder dat ek of julle hoef te weet wat haar regte naam is of waar sy bly, wie haar Ma / Pa of kinders is) en dieselfde geld vir daardie slegte lui bliksem wat ons tuin so opgeneuk het dat ons tevrede moes wees met n tweede plek in die Vroue Vereniging se Tuinbou Kompetisie – ons familie se ewige skande hulle praat nou nog in fluister stemme daaroor – veral Mev Ds – en veral vir daardie arrogante, ondankbare swart kindertjies in hulle luukse huise en skole in die lokasie wat als afgebrand het dit wat ons met liefde en Christelike deernis vir hulle geskenk het uit ons swaar verdiende belasting geld. Ons kerk se oeps n foutjie ons sal nie weer nie – kom ons sien watter nuwe planne die nuwe politieke elite vir ons gee om aan te glo dan sal ons vir julle vertel wat om te glo – hang bal.
Doodse stilte – Afrikaners is nie meer so plesierig nie – moet net ons skynheiligheid aantas nie.
Moet ek hierdie mense help of net los – Genoeg vir eers.
Watkykjy staan op 3,112,806 post views in totaal sedert 1 November, 2019.