Vrydag 12:42 GMT – Waterkloof Lugmagbasis, Pretoria
Die dag het ‘n vreemde wending geneem wat ‘n hangover, ‘n superbike, koffie en flyers in gemeen gehad het. En so kom dit toe dat Chopper Charlie sy eerste internasionale air show bywoon. Verniet nogal.
Nadat ons lekker binne gepark het (Joe werk vir Atlas) cruise ons deur die hangars. Ons settle down langs ‘n ma-se-blou-poes bomber genaamd B-1. Amerika se kind, natuurlik. Met ‘n vreeslose section onder die romp vir ‘n paar kernbomme en vlerke wat teen die body inskuif as die ding supersonies clock, is hierdie nie ‘n man se speelmaat nie. Verseker nie. Na al die opwinding sit ons toe eers om ‘n bier te drink.
Klaarblyklik was Zambië se lugmag ook daar. Hy het ‘n bier gedrink toe ons hom gesien het. Verder was daar ouens van Swede, Egipte, Amerika ensovoorts. Meeste pilots, almal main. Maar ek dink enige man met ‘n paar duisend pond thrust tussen sy bene gaan mainerig wees. Of iets soortgelyks.
En toe, by die bierdrinkplek net langs die B-1 bomber beleef ek ‘n oomblik. Want te midde van die Airwolf-temamusiek in die agtergrond verskyn iets op die horison wat vinnig sigbaar word as ‘n ding wat nie kak vat nie. Met ‘n moerse gejuig move die Rooivalk.in. Een van die amazing aviation achievements wat actually Suid-Afrikaans is. Ontwerp en getoets deur Denel, Armscor en die SANDF en gerespekteer oor die wereld heen is hierdie ‘n combat chopper soos min. Vir hierdie show het die Rooivalk byna ‘n loop gedoen (wel, so naby soos wat ‘n chopper daaraan kom), agteruit gevlieg, hoog gevlieg, geduik en hoofsaaklik mielies gegooi. Verskriklik.
Na twee chilli dogs en ‘n paar gesprekke oor war movies check ons toe fighters uit soos die F-15 en F-16. Blykbaar het een F15 op pad na Suid A-frika toe gaan staan op ‘n eiland, terwyl ‘n SA crack pilot (‘n generaal nogal) die ander een se wiel gebars het met ‘n handbrake turn. Nouprajy! Ook in die C17 vragvliegtuig
rondgestap en na shows van die Cheetah, Oryx, Gripen, Buccaneer, Spitfire, Mustang gekyk. Intussen het (S)hooters girlies rondgestap en shots uitgedeel vir dorstige manne.
Toe die skaduwees begin lank word het ons Golf-waarts gekeer en gelag en gesels soos ou vriende doen. He he he. Op pad uit amper in ‘n paar mense vasgery en toe sit ons vir about ‘n halfuur in ‘n verkeersknoop.
Maar, o die Rooivalk …
Watkykjy staan op 3,092,703 post views in totaal sedert 1 November, 2019.