Almal kak en kerm oor die petrolprys wat so gereeld styg soos wat die luigatte van Wat kyk jy? updates doen. Verlede jaar hierdie tyd kon jy jou kar meer gerev het vir minder geld. Nou is alles weer fucked. Onthou net dat jy voor die einde van die jaar omtrent 4 skille vir ‘n liter go-go juice gaan betaal. Geniet dit terwyl jy kan.
Voorrit inspeksie:
1. Gladde tyres spin altyd beter.
2. Drink ‘n bier.
3. Vervalste liksens disks werk net so goed soos die ware Jakob.
4. Safety belts is vir sissies.
5. Jy is ‘n sissie.
6. Brake fluid moet genoegsaam wees as jy beplan om Knight Rider / handbrake turns te doen.
7. R20 unleaded asseblief.
8. Hulle gooi Super in.
In die kar en op die pad:
1. Sorg dat jy alcohol bloedvlak bo .235 is. (Jy het dan die reflekse van ‘n Cheetah).
2. As jy sound het, gooi mielies. Dit werk fokken goed as jy in ‘n kompleks bly, jou sound pomp woes en jy spin by die hek uit.
3. As die krimpie opsigter ‘n kat het, ry dit dood. Indien nie, ry haar dood.
4. Onthou: Jou toeter en middelvinger is gawes. Gebruik dit soos jy goed dink.
5. Drink ‘n bier terwyl jy op jou sel praat en ‘n sigaret rook.
6. Ry altyd vinnig.
7. Stop by die drankwinkel en parker soos ‘n totale doos.
8. Moenie jou ID aan jou dra nie. As ‘n trafice jou aftrek kan hy net Kode 06 oor die radio roep. Hulle sal weet waarvan jy praat.
Etlike wenke:
1. Sorg dat jy altyd R50 aan jou dra. Ek dink dis die going rate vir bail deesdae.
2. Alternatiewelik kan jy R14 aan jou dra vir ‘n bribe. Dit het eenkeer vir my en Skipper Glen gewerk. As jou klere vol Whiskey en biervlekke is kry hulle jou jammer. Die gebrande gate in die hemp was ook ‘n aanwins.
3. Moenie Watkykjy t-shirts dra as jy bestuur nie.
4. Die Polisie is jou speelmaat.
Watkykjy staan op 3,091,016 post views in totaal sedert 1 November, 2019.