As jy sound aanhet op hierdie blasy behoort jy al die oulike midi-file te hoor. Die wat dit herken kan die lyrics hard en luidrugting saamsing. Die wat dit steeds nie ken nie, het tien teen een nog nooit ‘n standerd 6 meisie probeer optel met ‘n kasset oorgetapede love songs nie (ja, ons weet daarvan). Anyways, ons argiefsoektog na klassieke rock lei my dié week na die musiek van Air Supply. Onderskatte virtuosos of corny softies op smack? Besluit self.
Erens in 1975 ontmoet die Brit Graham Russell en die Australiëse Russel Hitchcock mekaar tydens ‘n verhoogopvoering van Jesus Christ Superstar. Blykbaar was altwee dissiples. Russell het teen die tyd al homself dromme en guitar geleer speel en ook ‘n klomp songs reggehad. Vandat sy ma dood is op 12-jarige ouderdom is hy blykbaar baie spiritueel en lees baie, skryf baie, sing baie, bid baie, sien baie goed ens. Diep seun. Anyways, hulle join toe op en begin Air Supply (‘n naam wat Russell in ‘n visioen in helder ligte gesien het). Smack. Definitief.
Hulle jol pubs, en release toe Love and Other Bruises in 1977. Hierna nooi ene Rod “The Mullet” Stewart hulle om Kanada en Amerika te toer. Op hierdie stadium het meer mense al van hulle gehou. Hulle vierde album, Life Support (1979) bring ook hulle eerste hit “Lost in Love” waarna die “Messengers of the Love Song” (soos fans hulle noem) die US hit in 1980 vir verdere sukses met onder andere “All Out Of Love”. Van hier af maak die seuns hom los, met platinum albums, awards en ‘n klomp anner kak. Die sublieme “Making Love out of Nothing at All” word 1983 gerelease en palm ook kak in.
Hulle laaste song in enige top 20 was “Power of Love” in 1985. Ongelukkig het mense toe minder van dié tipe swaksinninge love songs met gevoel begin hou. Die band gaan egter van krag tot krag. Or so their official website would want one to believe. Hulle hou aan goed uitgee, onder andere ‘n Krismis album (1987). Die stempel Loser word offisieël verwerf.
So neuk hulle aan en word al hoe minder populêr in die States. Ander plekke soos Indonesië, Thailand, Singapoer, Hong Kong, Taiwan en die Fillipyne hou actually van hulle. (Daar’s niks jammerder as ‘n dronk Taiwanese man by ‘n karaoke bar nie.) Russell doen ook ‘n self-titled solo projek wat verwaarloosbaar min sukses behaal (1990). Hulle album News from Nowhere bring weer bietjie meer belangstelling en hulle toer die US, en predictably ook Asië. Big fuckin’ deal.
The Definitive Collection is die laaste album tot date en word in 1999 gerelease met hits en ‘n klomp kak oor elke song wat die ouens in die sleeve gesit het. Niks noemenswaardig wat nie al reeds verskyn het nie. En as mens die website glo, is die volgende album in die werke … out of nothing at all …
Watkykjy staan op 3,085,538 post views in totaal sedert 1 November, 2019.