(deur skipper glen)
As jy so ‘n kranige handyman soos myself is en jy weet presies hoe om alles altyd op jou eie te doen (natuurlik het jy laas in gr. 5 jou pa gehelp met die kar se diens deur vir hom die spanners aan te gee) is hierdie ‘n nuttige Doen Dit Jouself-artikel oor hoe om ‘n hondehok in ‘n paar maklike stappe te bou.
1. Trek die plan van die hok in jou kop op (eem in ag die grootte van jou hond – moenie tyd mors deur die plan te teken nie.
2. Jaag na ‘n vriend toe wat jy weet die gereedskap het en praat hom om om dit vir jou te leen.
3. Soek in die Geelbladsye na die naaste plek wat staal verkoop. Die staalwinkel in Mitchell straat is nogal hulpvol.
4. Dink die afmetings in jou kop uit as jy by die winkel kom. Laat hulle vir jou die staal sny (jy weet natuurlik nie hulle sny skeef nie). O ja, en onthou om pop rivets te koop.
5. Keer terug huis toe met die vermoede dat dit vinnig gaan wees en sê vir jouself dat dit eenvoudig is.
6. By die huis, laai die staal uit en sit die regte groottes bymekaar – jy het immers die plan in jou kop, jy hoef nie uit te werk wat moet by wat pas nie.
7. Begin soos ‘n besetene sweis, dis mos maklik om arc eyes te kry.
8. Na ‘n halwe dag se sweis kom jy agter alles is nie pluis nie. Die dak moet gelig word.
9. Lig die dak met jou cut-off stukkies staal (nadat jy omtrent twee ure gesukkel het om ‘n grinder se lem om te ruil).
10. Sit die dakplaat op. Dit pas nie.
11. Begin dink waar jou plan skeef geloop het.
12. Nadat jy dit uitgefigure het, moet jy jouself afvra of jy al ooit ‘n hondehok van staal gesien het?
13. Nou het jy ‘n keuse. Besluit jy het nou genoeg gehad (‘n afleiding wat jy outomaties sal maak as jou oë besonders seer is van al die sweis). Of besluit jy gaan die hok klaarmaak (wat ek sal afraai – daarom gaan ek nie nou verder daaroor uitbrei nie).
14. Breek die hok op en gebruik die staal vir iets soos jou ertjies om op te rank.
15. Laat jou hond in die huis slaap.
16. Laat vaar enige planne wat jy al ooit gehad het om enige iets te bou – tot die volgende konstrusie opduik.
Soos julle sien, as jy ‘n hondehok wil bou moet jy net die 16 stappe volg, en jy is verseker dat dat jou hond lekker in jou kamer gaan slaap.
Handyman groete.
Watkykjy staan op 3,103,888 post views in totaal sedert 1 November, 2019.