(deur Skipper Glen)
Almal ken vir Clive Bruce as ‘n groot “country” sanger, eens geassosieer met “Sing Country” wat Sondae aande op SAUK gewys het. Sy doel met hierdie program was om om jong en onbekende sowel as bekende kunstenaars aan die publiek bekend te stel, maar daardie goeie ou dae is ook nou iets van die verlede.
Daar is meer aan Clive as wat almal besef. Hy sing nog graag en tree dwars oor die land op. Hy sing Engels sowel as Afrikaans, wat natuurlik vir ons, die publiek ‘n bonus is. Jonk, oud, Afrikaans en Engels, hy val in almal se smaak en glo min mense besef dat hierdie Engelsman net so goed Afrikaans kan sing, die “Engelse Boertjie”.
As jy al 36 jaar lank in die musiekbedryf is in SA moet jy sekerlik ‘n mening kan lig oor wat met die Suid Afrikaanse musiek in die land aan die gebeur is. As jy vir Clive vra wat hy dink, antwoord hy: “Bitterlik ongelukkig. Afrikaans en veral wit kunstenaars word tans baie afgeskeep op die streeks radiodienste en veral die SAUK. Wat het van Suid Afrikaanse musiek geword op TV, waar is die video’s van kunstenaars, jonk of oud? Moenie vir my sê dat ons nie talent in ons land het nie, veral jong talent. Ek het my kans gekry om van vroeë ouderdom te kon sing en op te tree in hierdie pragtige land van ons. Waar is die jong mense? Dit het sekerlik niks met politiek te doen nie, of is daar net nie meer genoegsame geleenthede vir die jonger sowel as ouer kunstenaars om op TV en radio op te tree nie. Is die nuwe SA so anders dat ons nie meer geleenthede wil skep vir hulle om ook ‘n plek in die musiekwêreld vir hulle self te reserveer nie? Ek voel of veral Afrikaans eenkant toe geskuif word.”
Kyk jy na Jurie Els of ons eie porn ster, Patricia Lewis begin jy meer die bedryf in perspektief sien. Verder sê Clivie “Almal hou van internasionale musiek, selfs ek, my persoonlike gunsteling is Garth Brooks. Ons het soveel talent van alle gemeenskappe in ons land. Ek wil sien dat hulle blootstelling op ons media kry. Ek is een van die voorstaanders om jong sowel as sukkelende kunstenaars te help om op die been te kom – dit is tyd dat ek aan die publiek wil terug gee vir dit wat hulle vir my soveel jare nou al gedoen en beteken het.”
Clive besit ook die klub ‘Zillertal’ (waar jy ‘n perd nodig het om in te kom) en ons is almal bly dat sy klub so ‘n groot sukses is. Verder hou hy van Boerekos. Clive se leuse is bekostigbare musiek, en een van sy vroeëre CD’s wat pas weer begin versprei is is “Clive Bruce Euro Country” – kyk uit vir die bekostigbare treffer.
Lyk my as jy met Clive praat voel dit of jy hierdie man al jare ken – gemaklik in alles wat hy doen!
Watkykjy staan op 3,084,331 post views in totaal sedert 1 November, 2019.