Koop ‘n Ford met fucked-up shocks, ry 160 km/h en stel jou draadloos sowat ‘n halwe MHz uit van die verlangde 104.2MHz bandwidth. Draai jou venster op ‘n skrefie oop en steek ‘n pyp op. Jy behoort Radio Pretoria op te vang, mits jy in Pretoria is. Seker dié dat hulle dit ‘Radio Met Grense’ doop – hulle senders is nou nie juis jou top tipe NASA standard nie. As jy steeds onseker is dat jy nie die regte stasie beet het nie, luister net uit vir harpmusiek, pynlik korrekte verkragte Afrikaans of poes ou plate wat vashaak, krap en spring. ‘Die Stem’ word ook tot die dood toe gespeel en daar word aanhoudend gebid en gepreek.
Volksmikrofoon word om 23:00 in die aand uitgesaai. Hulle reken hulle gee perspektief op gebeure in die nuus. Dis gewoonlik ‘n verdraaiing gevolg deur heavy opsweping en ‘n kans vir die luisteraars om in te bel en hulle sogenaamde opinies en perspektief te lewer. ‘n Krimpie het byvoorbeeld eenkeer ingebel en gebitch oor die nuwe Gauteng nommerplate wat die nuwe Transvaalse goewerment op die Afrikaner landsburgers afdwing. Vir nagenoeg veertig minute kak en kerm hy oor die fokken wapen op die nommerplaat en dat hy die Vierkleur oor dit sal plak. Ek het nie eers geweet dat daar ‘n fokken wapen op my nommerplaat is nie. Dis nie omdat ek meeste van die tyd dronk bestuur nie, ek gee net nie ‘n fok om nie! Die omroeper sny ook nie die krimpie af nie, seker omdat dit so deksels interessant is.
Baie navorsing moes gedoen word oor hierdie stasie en gevolglik moes ek baie Radio Pretoria luister. Kranksinnigheid was aan die orde van die dag en ek het genoop gevoel om te kroek, want in twee weke se tyd was ‘Chikitita’ van Abba die heel nuutste song wat hulle kon uitkak. Moord. Kyk, ‘n grap is ‘n grap, maar jy maak nie ‘n sambreel in ‘n man se hol oop nie.
Ek was egter bevoorreg genoeg om een aand na een van die grootkoppe te luister. Hy het sy luisteraars toegespreek en gesê dat Radio Pretoria nie daar is om te vermaak nie, want dis al wat in ons moderne lewe nagejaag word. Volgens hom is die stasie daar om die volk te laat besef dat hulle opgehou het om ‘n geseënde lewe te lei en ‘n volk te wees wat wil vry wees en sy roeping moet vervul. Hulle moenie net luisteraars wees nie. Hy is wel dankbaar vir al die volksgenote wat die Vasbyt-funksies bywoon om die stasie te red. Die volgende funksie is blybaar in die Wes-Transvaal in die saal naby die sementfabriek, waar die fok dit ookal is. Die woord ‘vasbytfunksie’ laat my dink aan ‘n wulpse chick met nice lippe en wat weet wat om met die nice lippe te doen. Jy kan byvoorbeeld ‘n lekker vasbytfunksie met so goose in jou tent reël by die ‘koppi.
Radio Clitoria het sover 12 senders en hulle smeek hule luisteraars (dis nou as hulle nie bid, preek of hulleself bekak nie) om nog te koop. Jy kan onder andere hulle help uitsaai in jou kontrei as jy ‘n computer het. Jy sit dan ‘n herleistasie op en saai kak uit wat vroeër opgeneem is. Hulle is fokken trots op Ermelo wat nou al twee keer ‘n week vir twee ure op ‘n slag uitsaai. Ek weet nie waar Ermelo is nie, maar ek het ‘n sterk vermoede dat die plek dik voël met pers are suig.
Nog ‘n manier hoe jy as volksgenoot kan uithelp om hulle inevitable dood af te weer is om jou ‘hart, beursie en handsak ruim oop te maak’ en ‘n las te maak deur middel van ‘n debietorder. Hulle aanvaar seker net Volkskas se pampiere omdat hulle nie bewus is van ABSA se bestaan nie. Meeste van hul luisteraars lyk in elk geval soos karakters uit Spec-takel en steek krone, pennies en sjielings onder hulle matrasse (katels?) weg. Nietemin, as jy so poesdom wil wees kan jy hulle bel. Hulle is seker gelys by een of ander fokken tipe van sentrale. Vra net vir Babs.
‘Die Stem’ speel al weer. Hulle gaan nou seker weer bid, kak, preek en kerm. Ek kan nie meer nie. Ek gaan duik.
Eendag sal die Vierkleur weer wapper – or something similar.
Watkykjy staan op 3,092,348 post views in totaal sedert 1 November, 2019.