So ‘n ruk terug het een van ons kennise ons ‘n storie vertel wat ongeloofwaardig was, tot ons by hom gaan kuier het en die bewysse gesien het: ‘n sponsie met bruin strepe op. Hoe die bruin strepe daar gekom het is dalk natuurlik, gemaklik of sag maar die staaltjies wat onstaan het as gevolg van die sponsie moet vertel word.
Dirk* (*regte naam weens etiese redes verswyg) het ‘n probleem met toiletpapier naamlik dat dit heeltemal te hard is vir hom (selfs die nuwe 3 laag Twinsavers) om sy agterstewe mee af te vee. Volgens hom, as hy toiletpapier gebruik, kan hy amper vir ‘n week nie sit nie, so rou en seer is dit. Gevolglik moet hy ‘n sponsie gebruik om ongerief te voorkom en seker te maak dat sy agterstewe ordentlik skoon is. Dit kan natuurlik as heeltemal normaal gesien word, en baie mense doen dit seker (moffies?).
Die ergste deel van die storie is dat daar eendag iemand vir hulle kom kuier het. Die persoon moes gestort het. Sy het natuurlik gedink dat dit haar baie skoner gaan kry as sy haar met iets was soos bv. ‘n sponsie. Sy het natuurlik toe die blou en bruin sponsie gebruik om haar self mee te reinig. Ek weet nie hoe skoon sy daarna was nie, maar Dirk* was heel gelukkig want sy het die sponsie ‘n baie nodige was gegee. Sy kom kuier gereeld en wat kan ‘n mens aan anders dink as die gewaste sponsie?
Met Dirk* se hol-robleem beland hy ook so nou en dan in snaakse situasies. Aangesien hy in die werkersklas val en ‘n normale werk het, het dit al gebeur dat hy by die werk met die bruinbeer(later meer oor hierdie term) moes gaan stoei. Soos alreeds gesê is, is die risiko om toiletpapier te gebruik te groot om te waag. So hy moet elke keer ‘n plan maak. Gelukkig vir hom is daar iets soos feminisme ( vrouens wil mos alles doen wat mans doen). En jong dames het gewoonlik een of ander tierlantyntjie op hulle lessenaars. Hierdie spesifieke jong dame het ‘n mooi klein sagte Garfield wat op haar tafel staan. Sy het al gewonder hoekom haar Garfield se voete partykeer nat is as sy rond geloop het terwyl sy moes werk.
Watkykjy staan op 2,933,044 post views in totaal sedert 1 November, 2019.