Vrydagaand, 19:30 en Gezina se strate word stil. GTi cowboys hou vir ‘n oomblik op dice en Voortrekkersweg
floozies verlaat die strate vir die gemak van TV-kamers. Deur talle huise se kantgordyne skyn ‘n aksiesensasie wat gemiddelde Suid-Afrika op die rand van histerie het: die MTN Gladiators.
Nadat die Gladiators-konsep reeds ‘n tyd lank suksesvol is in lande soos Australië en Brittanje, word dit klaar die gewildste familieprogram in die derde week wat dit hier uitgesaai word. Een van die huidige SA Gladiators, Sahara, het ook dan haar stint met dié lot yahoos begin in die UK version van die show.
hoe dit werk
Basically bestaan die games uit twee spanne – die Gladiators (wat supposed is om jou top-tipe ouens te wees) en die Contenders (lede van die publiek wat gaan moegword en seerkry vir ons plesier). Gladiators sluit ouens in soos Tusk, Granite, Giant, Spider, Wildebeest en chicks soos Thunder, Gold, Quartz, Nightshade en Fire. Daar is dan verskeie events waarin die Gladiators die Contenders mano a mano probeer opfok. Een voorbeeld hiervan is die Gauntlet, waarin ‘n Contender in 30 sekondes deur ‘n 4.5m tube moet hardloop terwyl 5 Gladiators hom of haar probeer moer met ‘n verskeidenheid sponse en stokke. Mal. Jy kry ook goed soos die Hang Tough, Powerball, Suspension Bridge, Demolition Run en eindelik die Eliminator (hierin fok twee Contenders mekaar op).
Al hierdie kaskenades word natuurlik voor ‘n kamstige live audience opgeneem, amper net soos in die Colosseum van ouds. Hier is egter geen leeus nie, en Christene is redelik veilig. As jy in die audience sit, kry jy ‘n groot geel spons hand met een vinger wat uitsteek. As ‘n Contender dan sy of haar respektiewe gat sien, word die vinger ritmies op en af gedruk op die maat van Queen se “Another one bites the dust” om goedkeuring uit te druk. Hulle gooi jou ook uit as jy dit nie doen nie … (um) het ek eenkeer iemand hoor sê … (kug)
Promosie-wise
Een van die redes hoekom die ding nog meer van ‘n hit is, is die deelname van celebrities. Cyril Mitchley (‘n SA krieket umpire) is die skeidsregter, met Glen Hicks (vroeër sportaanbieder) en Ursula Stapelfeldt (Brown Sugar van 5fm) die irriterende intydse aanbieders. Nou en dan neem sporthelde ook deel, soos Brian Baloyi (Bafana Bafana goalie) en SA spinbouler Clive Eksteen. En MTN gee selfone weg asof dit manna is. Dis tog hulle show. Verder doen die Gladiators, noble siele wat hulle onder die steroiede, charity werk vir kinders. Hulle verskyn ook gereeld by daai stupid Egoli-tipe appearances in shopping malls. Hou die pers dop vir meer besonderhede
Hoekom dit ass kick
- * Dit pas Vrydagaand in net na ete.
- * Dit pas Vrydagaand in net voor tenpin bowling.
- Die girls dra stywe costumes.
- Dit wys op SABC 3.
- Die ouens dra stywe costumes.
- Cyril Mitchley se aksent.
- Sahara ry ‘n bike.
- Ander mense klim, klou, hardloop, swing, en val. Hard.
- Stywe costumes.
- Hulle speel Queen.
‘n paar gladiator interessanthede
- Nightshade is swart.
- Een van die Gladiators, ‘n jong yster met die naam Wildebeest, praat Afrikaans in die show wat nogal ass kick omdat ‘n mens nie altyd sy Engels kan verstaan nie. Snaaks genoeg is hy in Pretoria gebore.
- Sahara ry ‘n bike.
- ‘n Ander Gladiator, by name Giant, is die grootste perd in die game, maar sy hartjie is so klein dat hy teddiebeertjies vir kindertjies by die show gee. Sy agtergrondliedjie is Disney se “Bear Necessities”.
- Fire, ‘n fietse jong dametjie, het haar eie interieurontwerp besigheid.
- Sahara is in Swede gebore en Giant in Engeland.
Watkykjy staan op 3,092,708 post views in totaal sedert 1 November, 2019.