(deur Alibaba)
Insake: Bedanking
Hiermee wil ek net te kenne dat ek moerse, maar fokken moerse oorstelp is dat ek my verinneweerde gat van dié poesplaas af kan verwyder. Op elke moontlik geleentheid betuig ek met trompetgeskal en klinkende simbaal my dank aan die Allerhoogste dat ek uiteindelik ‘n nuwe werk gekry het waar dit nie ‘n absolute voorvereiste is dat ‘n mens ‘n dikvellige naaier moet wees om net jou werk gedoen te kry nie. Ek meen dat dit sonder twyfel op een of ander siek manier ‘n voorreg moes gewees het om vir die afgelope twee jaar eerstehands te kon waarneem hoe hierdie maatskappy en sy jammergattige middelbestuur, die kuns van teenproduktiewe bestuur tot in die fynste detail vervolmaak het. Sonder dié eerste blik op die mediawêreld sou ek nooit geweet het hoe presies om ‘n maatskappy kop eerste in die teerpad te laat induik nie.
As niksvermoedende jong man, vars uit die universiteit, was ek maar net te dankbaar om aangestel te word in ‘n betrekking wat my pa na sou verwys as ordentlik en gerespekteerd. Maar helaas, kort voor lank het ek stront begin ruik toe die ou wat my eerste baas was, en wat homself intussen onderskei het as ‘n ongebreidelde poes, my letterlik en figuurlik om elke hoek en draai in die hol probeer naai het. Dié sak vol slap kak, was so selfingenome dat hy homself elke teepouse in die hol gevinger het in die stinkende hool wat as toilet moes diens doen. Ek weet dit want ek kon dit aan hom ruik en die blos op sy wange was nie van niks nie.
Terwyl ek nou my lessenaar skoonmaak, en al die voorrade wat ek gister bestel het in ‘n boks pak, kan ek nie help om lekker te kry om te dink hoe u gaan sukkel om te probeer uitpluis waarmee ek alles opgefok het waarvan u nog nie weet nie. Al die mense wat ek gelaster het en projekte wat ek onvoltooid laat staan het, se gevolge gaan nie net op my opvolger neerdaal nie maar ook op u, sodat u gat ook ongetwyfeld in die afsienbare toekoms op die lyn sal wees.
Om terug te keer tot die wonderlike tyd wat ek hier gehad het. Ek het myself na drie maande elke dag geknyp om seker te maak ek was nie deel van ‘n verskriklike nagmerrie nie. Wat veronderstel was om ‘n inleiding in die basies beginsels van joernalistiek te wees, het uitgedraai om ‘n lang en uitmergelende les te word in wat gebeur as gewone armsalige joernalissies opgevang raak in ‘n magsstryd tussen die fokken donnerse poese en die donnerse fokken konte. En of dit nou die donnerse fokken poese of die dooslike fokken konte is wat die magsstryd wen, jy is op daardie stadium in elk geval well en truly in die hol genaai as jy hulle (die middelbestuurders) nie reeds lankal toegelaat het om jou oor teepouses in die hol te naai in die stinkende hole wat hulle as toilette gebruik nie. Diegene wat nooit in die hol genaai is nie, is in elk geval so hardegat en fokken sterk, dat hulle sonder opleiding as Recces sou kon gaan diens doen het in die diepste en mees gevaarlike guerilla oorlog in donker Afrika. Dis met dié onbetwisbare feit in gedagte dat ek u uit die diepte van my hart kan bedank. Baie dankie, ek het nou alles gesien en ek is nou goed voorbereid op enigiets. Ek bedank u vir die voorreg om die maatskappy as ‘n stepping stone te gebruik en moet my asseblief nie groet as u my in die straat raakloop nie. Ek wens die maatskappy nie een goeie ding toe nie.
Julle etter-etende maaiers.
Baie dankie
Geteken: Vlaknaai
Watkykjy staan op 3,085,554 post views in totaal sedert 1 November, 2019.