dit is al lankal by my ‘n vermoede dat honde ‘n skrikwekkende groot rol in afrikaners se lewens speel. honde is interessante diere, een van dié spesies wat ons kon makmaak en indoktrineer. maar is die spreekwoordelike ‘mens se beste vriend’ besig om veel meer as troeteldier te word? dis byvoorbeeld nie ongehoord vir mense om na honde as hulle ‘kinders’ te verwys nie. troubling indeed. miskien is honde oral oor suid afrika besig om hulself strategies te posisioneer vir die nuwe millennium.
‘waarvoor?” hoor ek julle vra. net die tyd sal leer, vriende, net die tyd sal leer.
woef, ek sê
kom ons kyk na ‘n paar waarskuwingstekens:
taalvlak
volgens ‘n moer ou hat wat ek by die huis het is die volgende hond se formele definisies:
1. viervoetige, vleisetende, intelligente huisdier wat hom trou aan die mens heg en as bewaker, jagter e/of geselskap aangehou word.
2. veragtelike persoon, skurk
verder weet almal dat die figuurlike toepassings ook handig kan wees. valiant sing van ‘n hondelewe, met ander woorde ‘n kak lewe. ‘n mens is ook hondsiek, hondsleg of hondlelik. ‘n haastige hond verbrand sy mond en ons het self ‘n affectionate word vir ons vierpotige pêlle – honne (soos oubaas se honne). om die waarheid te sê is daar ‘n kakhuis vol uitdrukkings wat met honde te doen het in afrikaans. kliek vir ‘n volledige coverage.
donners impressive, of hoe?
ek scheme disse honnelewe
interior decorating
styl in interieurontwerp is meestal afwesig in afrikanerhuise, soos die liggroen porselein bulhonde getuig. dink ook aan die kunsleer worshond deurstoppers wat talle voordeure oophou. laastens moet mens nie die alombeminde portret van die honde wat snoeker speel (parallel aan die laaste avondmaal vir baie) vergeet nie. ja, honde speel selfs in die huis ‘n rol. jy sou kon vra: “wat is ‘n huis sonder ‘n hond?”
karre
oor die vraag of karre ‘n extension van ons identiteite, penisse of ander dergelike konsepte is wil ek my nie op hierdie stadium uitlaat nie. ek wil my wel verstout om die volgende honde-obsessies bloot te lê. kyk na enige isuzubakkie wat sy sout werd is se tailgate. jy behoort ‘n rooi bulldog te sien. ‘n mens kry hierdie in endless variasies, soos die wat mekaar jaag, pomp of sommer net staan en brul. kyk ook na granada gerry se fotografie oor hierdie onderwerp. laastens pryk oulike klein knikkerkeffers in talle agterruite (langs tissuebokse).
Watkykjy staan op 3,085,551 post views in totaal sedert 1 November, 2019.