rugby in suid-afrika het ‘n lang en stormagtige pad geloop om te kom tot by daai groot dag in 1995. die dag toe die wêreldbekertrofee in francois en nelson se hande gepryk het was voorwaar ‘n belangrike dag in sa rugby geskiedenis. in die volgende paar paragrawe kyk ons na die geboorte van die springbok… in kort: ‘n historiese obsessie met mans in stywe kortbroeke.
raggas is alreeds gespeel in hierdie dele van omtrent 1860 en teen 1889 het die spel reeds ‘n instelling geword toe die suid-afrikaanse rugby unie gestig is. die eerste internasionale wedstryd wat gespeel is was teen bill maclagan en sy twintig mans wat deur die engelse rugby unie gereël is. kyk, teen hierdie tyd was die boertjies al goed gatvol vir die engelse en het ‘n rede gesoek om hulle ‘n pak te gee. na ‘n 16 dae bootrit op die dunottar castle het bill en sy boytjies by die kaap aangeland.
die eerste ontmoeting tussen die kaapse klub, hamiltons en die britte het geïndig 15-1 in die pommies se guns. charles (hasie) versveld het die enigste drie deur die tuisspan gedruk. charles se broer loftus versveld was ‘n beter speler en daarom is daar vandag ‘n stadion na hom vernoem. na ‘n reeks wedstryde wat die britte almal gewen het, het sir donald currie ‘n goue beker vir herbert gegee om toe te ken aan die span wat hulle die meeste opdraende gegee het. so het griekwaland wes die beker gekry en die currie beker toernooi is gebore.
herbert hayton castens was die eerste kaptein van ‘n suid-afrikaanse nasionale rugbyspan. die span het die britse leeus ontmoet in port elizabeth. herbert was die spreekwoordelike sportstaatmaker. nie net was hy die eerste sa rugbykaptein nie maar ook kaptein vir die sa krieketspan wat in 1894 na engeland getoer het. of hierdie inligting korrek is, wil niemand meer bevestig nie… mens weet net nie meer met krieket nie. wat ons wel op ‘n rugby-noot weet is dat herbert skool gegaan het by die bekende skool genaamd rugby waar die game begin het. suid-afrika se spel was toe nog hoofsaaklik ‘n voorspeler game en die leeus se agterlyn het gevolglik gate deur hulle gehardloop. die eindtelling was 4-0.
in 1906 het die nasionale span besluit om ‘n toer oorsee te onderneem. paul roos het die manne op die veld gelei en onder sy kapteinskap het hulle 25 wedstryde uit 28 gewen. in 1912 word die sa span openlik oorsee verwelkom as gevolg van hul goeie sportmanskap. dit was afterall ‘n gentlemen’s game. in daardie jaar het die tradisie begin om ‘n springbokkop aan die eerste span wat die suid-afrikaners op toer wen, te oorhandig. die eer het ‘n baie verwarde newport te beurt geval toe hulle die bokke 9-3 oorwin het. en met hierdie ou, dog sinnelose, tradisie is die springbokke gebore. ‘n groep mans in stywe kortbroeke wat ‘n bal kon swing en hul man kon staan. laagvat, grubber, uppie, steelkant, ry hom in die grond in… dis ‘n afrikaanse game.
ja nee kyk, rugby bly in jou bloed soos vleisie braai en castle (dis wetenskaplik bewys). jou pa het die game gespeel, jy het, en jou seun sal ook. as hy nie doen nie is hy ‘n sissie.
voories die bal kom jaaaa!
Watkykjy staan op 3,063,916 post views in totaal sedert 1 November, 2019.