die hele zonk storie werk as volg. terwyl jy as jagter rondloop (sorg dat jy nooit die prooi is nie en moenie met jou poepol in die lug staan nie) moet jy altyd wakker wees. jy moet observeer wat om jou aangaan. as jy iemand sien buk om byvoorbeeld water te drink of ‘n albaster te gooi, en hy (dit is oneties om meisies te zonk) staan met sy poepol in die lug ( sien onderstaande figuur) dan is dit die ideale geleentheid. jy moet nou jou teiken suutjies van agteraf bekruip, jou hande saamvat asof jy op jou knieë staan en bid, mik, laag ingaan en met gekonsentreerde krag sorg dat jou vingerpunte jou prooi presies onder die stuitjie (of koksiks) vang.
die beste wat jy na die zonk kan doen is om te hardloop, aangesien jou prooi vir ten minste vyf minute nie sal kan beweeg nie en in pyn en lyding op die grond gaan lê. die geheim is egter om laag in te gaan. dit is ook belangrik om te mik, want as jou visier uit is kan die gevolge lelik raak. vir satisfaksie is daar niks beter nie, behalwe dalk ‘n sigaret na seks.
ek lê egter klem op die veiligheidsmaatreëls wat toegepas moet word. hou altyd by die reëls. niks anders as jou hande mag gebruik word nie. en mik. een van die legendes wat die rondte doen het blykbaar afgespeel in ‘n seunskoshuis by middelburg tegniese hoërskool: die prooi is met ‘n besemstok gezonk en het in die hospitaal beland. ‘n ander legende wat die rondte doen het afgespeel in vereeniging by een van hierdie beroemde handjieklap skole. die persoon is blykbaar met ‘n kompressor pyp gezonk met onmenslike gevolge: sy maag het opgeblaas en gebars. gelukkig is niemand dood nie.
as jy by die reëls hou, en nooit self gezonk word nie, is dit ‘n baie lekker speletjie en tot dusver weet ek van geen dodelike ongevalle nie.
zonk skoon!
Skipper Glen
Watkykjy staan op 2,931,536 post views in totaal sedert 1 November, 2019.