geskiedenis
kakkop het sy ontstaan te danke aan die eerste afrikaanssprekende dronkgat mayas wat saam met wolraad woltemade oorgekom het na die ooskus van suid-afrika. die eerste afrikaanse woord wat hulle geleer het, was “poes”. verder weet ons fokol.
hoe om te speel
elkeen kry 7 kaarte waarvan 5 in jou hand is en twee op die tafel/vloer voor jou is. hiervan lê 1 op die tafel/vloer met die gesig na bo en die ander een met die gesig na onder (die gesig is nie die kant met die bicycle of die kaal bitch nie).
voordat die game begin kan almal hulle beste kaarte in hul hand omruil met die kaart wat na bo wys. jou beste kaarte is jou ace, king, 2, of tien. sal nou-nou verduidelik hoekom. die ou wat eerste van al sy kaarte ontslae raak is die wenner. die res speel tot iemand laaste kom. hy heet kakkop. kakkop drink. sal nou weer verder verduidelik.
hoe om te speel (deel exodus)
na almal hul beste kaarte omgeruil het, kan die game begin. besluit wie eerste begin. (gebruik die monopoly of pictionary metode of as julle klaar dronk is kan julle argumenteer totdat iemand opgee en sê dat jy maar kan begin). gooi jou laagste kaart uit. die volgende persoon gooi ‘n kaart hoër as joune uit en die volgende persoon en die volgende persoon. o ja, daar is natuurlik ‘n pakkie kaarte in die middel. as iemand nie ‘n kaart hoër as die vorige persoon kan uitgooi nie, tel hy ‘n kaart in die middel op. jy is ook veronderstel om heeltyd vyf kaarte in jou hand te hê, so vir elke kaart wat jy uitgooi, tel jy een op. as optelpakkie op is, gooi jy net uit.
sal nou-nou verduidelik (deel een)
jou troefkaarte is:
king – jy kan ‘n king op enige kaart neergooi.
ace – sien king.
2 – jy kan enige kaart op ‘n 2 gooi. jy maak dit basically safe vir die res.
10 – ‘n 10 “brand” die pakkie in die middel, met ander woorde: die pakkie in die middel word weggeneem en vir die res van die game nie gebruik nie en die persoon wat die tien uitgegooi het mag nog ‘n kaart uitgooi.
four of a kind – doen dieselfde as ‘n tien. as daar byvoorbeeld reeds drie kings is en jy gooi die vierde een uit, brand jy die pakkie en speel nog ‘n kaart.
sal nou-nou weer verduidelik (deel kakkop)
scenario: skipper glen is amper aan die wen. hy het twee kaarte in sy hand oor. hy gooi een uit. hy het een kaart oor in sy hand. hy moet “kakkop!” skree as hy een kaart in sy hand oor het, anders moet hy die drankie in die middel drink. (gewoonlik ‘n tot iets soos bier of ander goeters). griffin moet volgende speel. hy het so paar kaarte oor. hy gooi ‘n tien uit, m.a.w. hy brand die pakkie en speel weer. hy gooi ‘n 2 uit. chopper charlie is verlig, want hy kan uitgooi whatever hy wil. hy het 3 twee’s in sy hand en ‘n 6. hy gooi sy drie 2’s uit en brand die pakkie. hy skree “kakkop!” omdat hy net een kaart in sy hand oorhet en gooi die 6 uit. nou het hy nog die twee kaarte op die vloer voor hom (waarvan een tot griffin se onsteltenis ‘n 10 is). griffin skree iets soos “fok jou!”, want hy weet voor god hy het nie iets hoër as ‘n 6 nie. hy tel alles in die middel op. chopper charlie gooi die 10 uit (wat weereens die pakkie brand, al is dit net die tien) en ook sy ander kaart wat met die gesig na onder lê. chopper charlie wen en griffin is kakkop.
wie is kakkop en wat doen hy? (deel kerk toe gaan)
kakkop (soos uit scenario) moet drink omdat hy verloor het. die res van die spelers maak ‘n reël op vir kakkop. iets soos: “kakkop mag glad nie vloek nie.” kakkop moet die reël nakom vir die res van sy kakkopskap. hy mag weer vloek tot die volgende kakkop aangestel word. vir elke oortreding van ‘n reël, sal kakkop drink. indien kakkop twee keer in ‘n ry kakkop word, mag hy ‘n reël maak vir die res van die groep. “rule of thumb” is ‘n goeie een. as jy nie weet wat “rule of thumb” is nie, wat soek jy by wat kyk jy? die reëls stick natuurlik vir die res van die game, m.a.w. kakkop moet al die reëls nakom wat van die begin af gemaak is en dieselfde geld vir die reëls wat vir die res van die groep gemaak is.
pitkos (deel pitkos)
die wat kyk jy-crew speel kakkop al ‘n geruime tydjie. die game begin stadig, maar hy moer hard later, want onthou is ‘n bitch. as jy die game met tots bier begin behoort jy fine te wees. jy kan rustig tussenin ook drink. as jy met hard tac begin gaan jy hard kak en tien teen een kots teen die sesde rondte.
‘n goeie resep (deel kots)
vir 4 mense: try om te speel met 12 biere, ‘n bottel vodka en ‘n bottel blue grass terwyl jyself in elk geval rustig drink. vir meer as vier mense, raadpleeg bogenoemde resep asook matriek wiskunde handboek. (standaard graad: vra asseblief vir mamma om jou te help met ‘n stomppunt skertjie en pritt).
Watkykjy staan op 3,101,763 post views in totaal sedert 1 November, 2019.