al gewonder wat maak ‘n bokser tick, of in afrikaners se geval poesklappe uitdeel? ek het bietjie hierdie gerrie storie uigecheck.
ding-ding!
gerrie steek sy kop vir die eerste keer op 8 april 1955 uit. dertig sekondes later gee sy ma, meisie geboorte aan ‘n heavy weight. die nurse het vir haar gesê: “hierdie outjie gaan ‘n bokser word.”(dis alles feite hierdie).
gerrie se ma broei met honde en sy pa, flip is ‘n mechanic wat ‘n boksclub ook hardloop in middelklas boksburg. flip word gerrie se afrigter.
volgens bronne was gerrie maar ‘n stil outjie wat met die honde gespeel het wat sy ma gebroei het, visgevang het of fietsgery het. dit klink amper soos die belangstellings van die eensames wat hulself in die landbouweekblad adverteer. dis pateties, want waar hulle veertig is, is gerrie vier. dis ook op hierdie ouderdom wat hy skool toe gestuur is. hy is egter na drie maande terug gestuur omdat hy nie juis jou top tipe ou is wat moerse vinnig maatjies maak nie. die ander kinders het hom ook “mamma se seuntjie” ensovoorts genoem (deedae vloek graad twee’s erger as die wkj?-redaksie). dis op hierdie punt dat flip besluit het sy seun moet die gloves optel. aan die begin was gerrie nie lus vir die storie nie. sy pa het hom later met ‘n kroon (50 sent) gebribe vir elke keer wat hy in die kryt klim saam met ‘n ander laaitie. so het hy homself begin verdedig ens ens.
ronde 1
gerrie wen die sa amateur liggewig titel in 1968 op die ouderdom van dertien deur hennie colyn (3 jaar ouer) plat te moer. gedurende sy amateur-tydperk, veg hy in 192 boksgevegte waarvan hy slegs sewe verloor het. drie van hulle verloor hy teen kallie knoetse. hulle was nou nie juis jou top tipe beste maatjies nie. gerrie het eenkeer aan die koerante gesé: “miskien sal brille kallie help sien waar sy opponent staan sodat hy hom kan raakslaan. goeie sig sal ook help wanneer dit kom by houe afweer. regtig, wat kallie weet van hierdie sport is gevaarlik. ek dink hy moet maar konsentreer op rofstoei.”
in ’73 ontmoet die twee manne mekaar in die sa nationale senior kampioenskappe se finaal. in die derde ronde slaan die boksburg bommer die pretoria polisieman met ‘n regter pk uit die kryt. knoetse het probeer terug klim deur die toue, maar hy was deur die blare en die ref het hom uitgetel.
later ontmoet hulle weer voor kallie se homecrowd in ‘n gepakte pretoria stadsaal. in die derde ronde slat knoetse vir coetzee plat. verkeerde move: gerrie het opgestaan en in die sesde ronde kallie met ‘n “het-jy-al-pretoria-van-bo-af-gesien-houding” planke toe gestuur. laat mens nogal dink aan daai een lyn in die fliek friday: “you got knocked the fuck out!”
gerrie fok sy hande op
op die ouderdom van 21 word ‘g’ suid-afrikaanse kampioen. hy boks teen mike “the tank” schutte by westridge park tennis stadion en wen in die sesde ronde toe mike gediskwalifiseer word vir vuilspel. hy het sy regterhand effens gebreek teen die tank en dokters het dit afgemaak as “gekneus” en niks meer nie.
later dieselfde jaar ontmoet hy en kallie in ‘n grudge match, steeds met sy gekneusde hande. hy slaan hom weereens moertoe in die derde ronde, maar kallie staan op waarop gerrie vir hom sê:”ek gaan jou nie uitslaan nie, ek gaan jou straf vir die res van die geveg!” sy regterhand het egter probleme begin gee en gerrie het die geveg met punte gewen in die tiende ronde.
nog opponente het gevolg en coetzee het gemaklik gewen. hy het later begin kla oor pyn in sy hande, maar almal het aangevoer dat die probleem met sy kop is en nie sy vuiste nie. na nog ‘n schutte geveg was sy hande lelik opgeswel. ‘n johannesburgse dokter het besluit om fucked ligamente te vervang deur tendon van sy voorarm af oor te plant en joints vas te werk met nylon. gerrie het later weer oor pyn begin kla.
groot meningsverskile het tussen coetzee en medici ontstaan. daar is toe besluit om konklusiewe uitsluitsel te kry oor die feit of die probleem in gerrie se kop of vuiste lê. oplossing? kry ‘n groter heavy weight van amerika om gerrie te donner. het dit gewerk? verseker! ‘n tweede opnie is ingeroep. dit het aan die lig gebring dat daar ‘n totale dislokasie van die hand was, hence die eerste operasie en die nylon het vrot geword. nog ‘n operasie het gevolg waarin agt staalpenne in die vuis ingeboor is om dit in plek te hou. dit was suksesvol en gerrie het harder en vinniger geslaan as ooit tevore. sy volgende teenstaander was dale ibar arrington. coetzee het hom uitge-pk. arrington se woorde na die geveg: “this is the fastest man alive. i couldn’t hit him”. ons weet almal natuurlik hy praat kak, aangesien steve austin die vinnigste ou op die aarde is.
gerrie gaan groot
kallie knoetze word in 1979 lelik verneder voor 45000 ondersteuners in mmabatho deur wêreld kampioen, big john tate. suid afrikaners is mos babas as dit by sport kom. dieselfde jaar is die bokke deur die leeus opgevreet en boonop was politieke omstandighede tradisioneel nie jou top tipe omstandighede wat suid afrika aan sport of ekonomie laat deelneem het nie. die volk het ‘n held gesoek dié ou was gerrie coetzee.
‘n moerse fight is gereel tussen coetzee en leon spinks (tweede op die wêreldlys) wat sou afspeel in monte carlo. hal tucker, gerrie se promotor, het besluit om die hulp in te roep van randy stephens, ook ‘n amerikaanse bokser wat min of meer dieselfde boksstyl as spinks gebruik. hulle het saam geoefen en die hele coetzee entourage is saam af monte carlo toe 3 weke voor die groot geveg. daar is streng reëls gevolg tydens hulle verblyf. gerrie moes 11 uur in die bed wees elke aand en pienk milkshakes en sjokolade was buite die kwessie.
sowat 5000 suid-afrikaners was in monte carlo om gerrie te ondersteun. vet zak om uit te haal vir ‘n geveg wat 2 minute en drie sekondes duur. gerrie het spinks gefloor met drie groot houe: “ek het die impak van die eerste hou tot in my skouer gevoel. ek het geweet spinks sou nie hou nie. die tweede regs het ‘n bietjie hoog geland, maar alhoewel spinks opgestaan het, het ek geweet hy gaan val. die laaste regs is die hardste hou wat ek nog ooit geslaan het.” gerrie het genoeg geld gemaak om vir hom 3 uno’s teen vandag se pryse te koop.
volgende op die lysie was wêreld swaargewig kampioen, big john tate. alles was gereël om plaas te vind in pretoria op loftus versfeld met ‘n crowd van 86 000. die geveg is gesponsor deur niemand anders nie as god’s rykste seun, sol kerzener. die prysgeld: r261 000. vet zak. onthou, dis 1979. hoeveel uno’s sou jy kon koop teen vandag se pryse? tate het bietjie gestress. wat sou jy doen as jy hy was? die video van jou teenstaander se vorige fight is tien minute lank as jy die prysuitdeling, oorhandigings en bedankings bytel.
jy bid maar vir mohammed … of ali …
Watkykjy staan op 3,090,334 post views in totaal sedert 1 November, 2019.