edel begin
die britte bou in 1962 die eerste ford cortina (of cortina merk i), oorspronklik met ‘n 1200cc enjin. hierdie enjin word ook ingespan vir die anglia en word vandag nog gebruik vir sommige formula ford renmotors. later word ook ‘n 1500cc enjin ontwerp, spesifiek vir rendoeleindes. in 1967 word die merk ii bekendgestel. hierdie 4-deur saloon herinner aan die merk i, alhoewel meer aandag aan die interieurontwerp en werkverrigting geskenk word. so kry ‘n mens die gewilde 1600e asook gt-modelle in die reeks. ‘n lotus cortina word ook ontwikkel vir racing van die sestigs tot in die vroeë sewentigs. merk i en ii cortinas word vandag beskou as ware classics, met talle motorklubs (veral in brittanje) gewy daaraan.
die koms van die bulldog
dit is egter nie hierdie cortina-modelle wat sinoniem word met die frase “druk-hom-in-die-rooi” nie. hierdie eer val die cortina merk iii eerste te beurt, waarvan daar ‘n pic op die bladsy is (dis die wit kar). uit die staanspoor lyk dit reeds of hierdie kar nie kak vat nie. gebou soos ‘n bulldog, met heelwat krag onder die kap gryp hierdie strydwa die harte van menige amateur drag racers aan. die eerste maak iii modelle word in 1970 bekendgestel en vanweë die toe-al-gevestigde populariteit eindig die reeks op met 35 verskillende modelle. enjins wissel van 1300cc tot kragtige 2.0l, asook kent conversions met nog meer ballas. die merk iii bly in produksie tot 1976.
hoe later, hoe kwater
die merk iv bou voort op die sogenaamde coke-bottle styling van die merk iii, maar vertoon ook reeds meer reguit lyne (a la merk v). ek weet nie veel meer van hierdie model af nie, so kom ons los dit daar. die merk v is seker die bekendste model in suid-afrika vandag. beskikbaar van ‘n 1600cc tot 3.0l (en baie groter geboor) maak hierdie modelle hulle opwagting somewhere in die 80s. saam met die merk iii verdien hierdie model die stempel van hande-uitruk. ongelukkig word die cortina-reeks in die middel-80s verplaas deur minderwaardige opvolgers soos die sierra.
in elk geval, enige post-1970 cortina lyk goed met chrome mags, breë tekkies, fur op die dash en dice in die windscreen. verder kan jy ook nie verkeerd gaan met ‘n ketting- of leerstuurwiel en bubbles nie.
menige lae-inkomste familie (soos my eie) sien hierdie as volksbesit. dit kan bloot nie anders nie. al is ‘n cortina oorspronklik engels, kan net ‘n volbloed afrikaner die image gestand doen. vir seker!
Watkykjy staan op 3,110,846 post views in totaal sedert 1 November, 2019.