Check hom

Twakkie trek sy roset deur die Easterzone

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Twakkie trek sy roset deur die Easterzone - deur Katvrou (aMakietsie)

So. Easter-Oppikoppi het gekom en gegaan. Die plaas Nooitgedacht met sy moerige doringbome is weer deur ‘n skare vreemde gediertes met biere, braaipakke en skewe tente oorval. Meeste van hierdie gediertes het pers linkerduimnaels gehad, want dit was die regte ding om te doen – stem eers, dan party jy. Paartie-paartie-paartie-paaaaartie.

Easter Oppi was vervullend, maar ook donners weird. Dit het een van die kleinste Oppikoppi-crowds ooit gehad (omtrent 1 300 mense), dit was kak koud (OK dis altyd kak koud in die nag) en ‘n paar nuwe gevreetjies het op die James Philips-verhoog verskyn. So ook ‘n klein tsunami van befokte bands uit Belville.

Ons was ook daar vir Twakkie, want hy is yster en wil een of ander president word. Oppikoppi was die perfekte plek vir sy toesprake en beledigings. Dit was donners lekker om te sien hoe Corné hom op die verhoog dra, nes ‘n blosende bruid. Twakkie was sy gewone spitsvondige self, toegedraai in sy kotsgeel kortbroek en beige snor, met komplimente soos “Your eyebrows tell me you’re stupid.” Hy’t ook vir almal vertel hulle moenie fokken stupid wees en love-karate doen in die tente sonder kondome nie. Mense het kopknikkend met grasspriete en klein bruin sprinkane in hulle gekoekte hare gestaan en luister.

Die groot vraag was watter musiek hierdie keer uit mense se motors sou pomp. Dis mos in die tyd wanneer die girls gaan stort, of wanneer daar gebraai word. Of wanneer die helfte van die kamp nog lê en slaap na die vorige aand se gesuip. Dis dan wanneer jy jou nuwe tunes op die plaas oopgooi. En ons was nie teleurgesteld nie. Die Heuwels Fantasties was DUIDELIK te hoor. Befok. En so ook Die Antwoord. OPPERbefok. Die Antwoord en Jack Parow se lirieke is intens om Kreef Hotel se ontbyttafels bespreek, herhaal, ontleed en kliphard opgevoer. As Die Antwoord en Die Heuwels Fantasties nie in Augustus by Oppikoppi speel nie, gaan daar ‘n moerse oproerigheid wees. Wees gewaarsku. Dan wag ons ook vir NuL, Battery 9, Brixton Moord en Roof, ons wag ook vir Willim Welsyn, New Altum, Chromium, Die Rottweillers (nee, hulle is lankal nie meer Reaan Rottweiller nie), ‘n bloederige KOBUS!-set, en en en. Maar dis ‘n pleidooi vir ‘n ander keer.

Die nuwe bands was lekker.

Sonsteek, die vyftal rockers uit Kempton, het heel eerste gespeel – vyfuur Vrydagmiddag, toe bitter min ore gereed was vir hulle klipharde set. Die bedonnerde (en identiese) Venter-tweeling op bas- en ritmekitaar het alte parmantig gelyk met hulle swart T-shirts – “Copy” op Wynand se hemp, en “Paste” op Dewald s’n. Sonsteek speel al vir jare plekke in die Oos-Rand aan die brand, maar hulle sound was splinternuut vir die mense by Oppikoppi. “Menswees”, die woeste “Sien jou aan die ander kant” en “Onder andere” het klein kindertjies bevrees met ore toegedruk laat rondhol, terwyl die klein crowd voor die verhoog gesit, gelê en ook bietjie geheadbang het.

Wat die res van die nuwe bands betref, was die Kapenaars nogal glad nie onaardig nie. Vra maar vir enigiemand wat nugter genoeg was om The Pretty Blue Guns (uit Bellville) te check. Hulle was tight-tight soos ‘n ou jambotteldeksel. Praat van selfvertroue – donnerwetter. Hulle’t genoeg daarvan, want hulle songs is, soos Twakkie alle goeie dinge beskryf, “not kak”. Black Hotels het mense laat dans, lekker stokkerig in die koue met bier wat oral mors, maar nogtans. Meeste ouens wil mos altyd velleklap oor die mooie basmeisie Lisa Campbell, maar hierdie keer het hulle skoon van hulle jagsheid vergeet – want sy’t gesing. Haar sjarmante stem in “I’m the ghost” het hoendervleis op amper elke dansende lyf laat uitslaan. En dis nie omdat dit koud was nie. Daar was ook hard handegeklap vir Jay Bones, die voorman van Fuzigish. Hy’t ‘n akoestiese set saam met Kongo Kev van Submachine en The Death Valley Bluesband gedoen, en Ampie Omo het ook ‘n stukkie trompet geblaas. Al die songs is van Jay se nuwe album Rambling Bones, en dis pisscool. Jy kan dit maar kry. Die ou is not kak.

Ashtray Electric (hiert, ook uit Bellville) het die crowd met ‘n lekker set verras – van die eerste liedjie af het almal begin jive. “Swing”, “Gallop” en “Lea” was nie so bekend vir meeste van die dansendes nie, maar die songs was goed genoeg om van te hou. Selfde met The Beams (nee, nie van Bellville nie, maar wel van Kaapstad) – meeste mense het geweet die voorsanger is Helen Zille se seun, so almal het kom kyk hoe die ou te werk gaan. Hy smile nes sy ma. Maar verder het hy meer energie as ‘n kamer vol kleuters op ‘n suiker-trip. The Beams het lekker gegig, en kan maar met plesier terugkom. So sê die Oppikoppi-volk.

Die ouens uit Bellville wat egter die hardste hokgeskud het, was New Holland. ‘n Paar van hulle (Gerdus en Buckle) was ‘n hele ruk terug in Sondag Sensasie, maar het besluit hierdie ding werk nie, en het saam met TJ en Odendaal New Holland gevorm. As jy nog nie “Shine” van hulle album 01 gehoor het nie, is jy seker goeie pelle met ou Lasarus. Kom by, jong. New Holland is een van die groot nuwe name uit die Kaap – en moenie hulle op hulle pluiskuiwe en skinny jeans takseer nie. Daai ouens kan rock – soos hulle alte duidelik bewys met “Uhuru”, “Cold Dagger” en die bedonnerde “Rock ‘n Roll”.

Van Coke Cartel was Saterdagaand harder as Mugabe se toonnaels. Die crowd was onrustig en boos van die krokodilsop, kaktusse en plaasdorings. Daar’s gemosh en geheadbang, en ‘n paar van die feesgangers het selfs doodstil gestaan. Dit was egter onmoontlik om ‘n sekonde langer onbeweeglik te wees toe Francois van Coke oor die mike buk en skreeu: “HIER KOM DIE KAK NOU!!!” Dit was heel moontlik ook die oomblik toe hy sy stem vir die res van die naweek opgefok het, want hy kon die Sondagmiddag skaars sing. Hy was egter baie nederig: “Ek weet ek sing tos. So what.” Immers kon hy rustig sit agter daai beige telefoon en ons vertel om asem te haal.

Ruk en rol.

Easter Oppi het hierdie keer twee awesome vroue gefeature.

Die eerste een was Andra. ‘n Klein figuurtjie op die verhoog met ‘n Fedora-hoed en moerse donkerblou kitaar. Haar stem donkerder as die duiwel se hart. Dit was asof haar stem teen jou vel skuur soos ‘n vreemde swart kat. Toe sy begin sing en by “Cockroach”, “Don’t come back” en “Darkness” uitkom, het ‘n paar mense bietjie uitgefreak. “Hoekom skree sy vir my?” het een gevra – terwyl ‘n ander een gemompel het: “Nee jisses, sy’s te intense.” Haar CDs het egter gevlieg. Selfs die dude wat daai lekker subs met jalapenos, mostert en salami gemaak het, kon homself nie help nie en moes ‘n CD gaan koop. Sy’t sy rugstring laat krul. Befok.

Die ander een was Christie Desfontaine, die drummer vir The Arrows (en hulle is van Durban…) Meeste ouens kon nie verder loop op pad kroeg toe nie – het slap-bang voor die verhoog gestop en gestaar. Toe begin daai girl spéél. Bliksem. “Fok! Hierdie girl ken haar shit!” hoor mens uit die een hoek, terwyl ander maar net sprakeloos staar en ook ‘n bietjie kwyl. Christie gee die hele band sy woema met haar smile en interaksie met die ander – sy val inderdaad goed op die oog. Die songs is ongelukkig nogal popperig, stroopsoet en so aan, maar selfs Pam De Menezes, die voorsanger agter die keyboard, straal hierdie aansteeklike lewensenergie uit wat mens op die plek sjarmeer. Hulle basman Bongani Zondi het ook lekker funky moves getrek – maar aan die einde van die set het almal eintlik maar net vir Christie gekyk.

Maar, moenie worry nie, daar was magic stuff ook. Die goed wat mens laat dink oor die lewe, ja. Wat jou laat ophou rondfok en meer dinge doen wat jou ma trots maak. Jy weet mos.

Jy sien, daai cool ou, Bacchus Nel, die blinde sanger, was daar met sy band Die Westdene Drie, en sy nuwe backup-sanger Marissa West het vir die eerste keer haar verskyning op die moerse James Philips verhoog gemaak. Sy was fokkol bang. Bacchus het keel skoongemaak en gevra: “Ummm – is daar nog bier?” Toe val hulle weg met ‘n bebliksemde set wat die dooies sou wek – en Marissa met haar silwer stem – dooie hond, dit was mooi mooi mooi. Bacchus se nuwe stuff is baie meer aggressief, maar lekkerder as licorice. Check veral “Die aasvoëls land” en die verhalende “Hey hey hey”. Ja OK dis ‘n simpel naam vir ‘n liedjie, maar jy moet dit hoor. ‘n Donker storie oor hierdie moerige vrou wat haar gewese minnaar aan die bed vasbind – en dan sy vyande laat kom. Fokkit.

Die magic het aanhou loop.

Nie almal het geweet wie’s Seeleeu Leipoldt nie. Radio Suid-Afrika se Neil van Deventer het hom in ‘n rystoel tot voor op die verhoog gestoot. Seeleeu het ‘n groot sonbril gedra, met sy setlist op sy skoot, pers kunsblomme in ‘n string om sy nek, en een of ander skeel oranje-geel rubberwurm op sy kop. “Hierdie ding probeer my breins uitsuig,” het hy gelag. “Maar ek dink hy mors sy tyd.” Mense het gefrons. Ander was fucked up-confused. Wie de fok is hierdie ou?

Toe begin die woord loop. Dis Erik Holm, die jong akteur en sanger wat sy nek in 2007 gebreek het toe hy in ‘n vlak swembad geduik het. Hy is ‘n kwadrupleeg, daarom die rolstoel. Hy’t baie maerder gekyk, maar die ene lewenslus en ‘n smile wat almal in die verhoog bereik het. Hy’t moeiteloos sy sigaret tussen sy linkerduim en voorvinger gehou, en evil dinge oor fisiese gestremdheid en outsiders gesê. “Wat’s die definisie van emo?” Hy’t vir ons gekyk, en gegrynslag. “Dis goth vir pussies.”

Saam met hom was die yster-dudes Leon en Neil van Radio Suid-Afrika, en Pieter op die diksnaar (hy’t vir Revolusie gespeel) en Seeleeu se talentvolle suster Nike (nee jou aap, nie soos die skoene nie – jy spreek dit uit NIEKE) het saam met hom gesing, en sy’t heeltyd pittige kommentaar in die mikrofoon laat klim.

Seeleeu se songs was vlymskerp, vol vloekwoorde en donners slim. Hy’t die lirieke soos ‘n masjiengeweer van die verhoog af geskiet en mens moes mooi konsentreer (en nie vol oggendroes wees nie) om die lirieke mooi te hoor en agter die kap van die byl te kom. Sy “It’s not me, it’s you” was moer snaaks, en goed gewys hoe idioties is mense wat ‘n verhouding probeer verbreek met: “Erm … it’s not you, it’s me.” Aan die einde van sy set, toe hy “Blou blou lug” doen, het ‘n lekker deel van die crowd saam met die koor gebrul: “Alles is nie reg nie, alles is verkeerd, alles is nie pluis nie, want jy’s nou ‘n ander doos se meisie en is moeg vir jou kak, ek’s moeg vir jou kak, EK’S MOEG VIR JOU KAK!”

Nee kyk, jy nooi nie vir Seeleeu om by die kerk se teepartytjies te kom speel nie. Mens wil amper vir die krimpies, naglopers en sjokoladepoppies daar buite fluister, soos Foto Na Dans dit stel: “Jy sal nie verstaan nie.”

So.

Oppi Easter is Sondagaand op gepaste wyse afgesluit deur kitaargod Albert Frost. Dit was sy 23e optrede by Oppi – en die groot verhoog was perfek vir hom en die rooi Fender Strat. Die koue was silwer spiese in ons voete en hande, en almal het in wasemwolkies met mekaar gepraat. Maar Albert Frost het die thermostat dik opgedraai. Ons het gedans en geskreeu. Ons het tequilas gesluk en onder beanies gesweet. Albert het vir ons gespeel met ‘n grinnik wat net nie wou verdwyn nie. En tussen die rooi en geel ligte en rookmasjiene het dit aan die einde van sy Jimi Hendrix-tribute gelyk asof hy deur ‘n moerse vulkaan ingesluk word.

Ruk en rol.

Maandagoggend het almal maar weer (dis nou diegene wat die woeste afterparty by die boonste bar oorleef het) ewe gedwee hulle tente en stowwerige kampstoeltjies opgevou, die leë bierbottels, halfgevrete boeries en geskeurde onderbroeke in swartsakke gegooi, en die kar gelaai vir die teerpad terug. Met Die Antwoord moer hard in die speakers.

Dié wat tyd gehad het, het in Brits gestop om met hulle smerige Oppi-klere, wilde oë en grasspriethare die klein kindertjies by Wimpy bang te maak.

Maar ons maak al klaar planne vir Augustus se trip. Oppifokkenkoppi.

Deel met jou tjommies!

    griffinTwakkie trek sy roset deur die Easterzone
    Check hom

    Chick van Paulshof ry asof sy handjobs uitdeel deur die venster

    In Park soos 'n poes deur griffin2 Eiertjies

    Ingestuur deur: griff homself
    Wanneer: 14 Mei, 15:15
    Waar: Rivonia offramp, N1 Suid

    Luister hieso jou bitch – ek het gesien waar jy bly, m.a.w jy ek weet jy vat elke dag hierdie fokken offramp en jy behoort te weet dat wanneer jy regs wil draai op die einde van Rivonia offramp jy nie al die pad links kan af fok en dan net voor die robot voor mense kan indruk nie. Jy het drie duike agter op jy Ka(k) wat vir my min of meer verduidelik hoekom jy ry asof jy handjobs deur die venster uitdeel terwyl jy bestuur.

    Jy het lekker vir my gelag ook. Nou is dit my beurt – en volgende keer sit ek jou adres ook sommer by. Teef.


    Onthou maats, as iemand soos ‘n poes parkeer, is die kans groot hy dat soos een sal bestuur ook…

    Deel met jou tjommies!

      griffinChick van Paulshof ry asof sy handjobs uitdeel deur die venster
      Check hom

      Die drolle van Durbanville

      In Park soos 'n poes deur griffin1 Eiertjies

      Hi daar,
      So ek gaan Fruit en Veg toe hier in Durbanville (Willowbridge) om so bietjie goed te koop.
      Net so kom parkeer hierdie onbeskaafde drol langs my, maar ja, toe neem ek die foto en gaan koop my goed.
      Toe ek uitkom, het die drol gery, maar toe kom parkeer daar nog n drol. Durbanville is besmet met drol aktiwiteit, ek sweer.
      Wens ek kon hom aanval met iets, maar mens val nie n man aan met n sak aartappels nie. Dis net kos mors.

      Groete,
      BokBaard



      Onthou maats, as iemand soos ‘n poes parkeer, is die kans groot dat hy soos een sal bestuur ook…

      Deel met jou tjommies!

        griffinDie drolle van Durbanville