Beste WKJ
Watse kak het hulle nou aangevang om hoëveld stereo se Samantha Coward op die kassie te sit. In my oë het sy mos die perfekte gesig vir radio. Ek sit toe en kyk na loerbroer omdat daar vokol anders op die kassie is, uit al die kak goed om te kyk is loerbroer die minste kak..as daar so iets is, die koei sit toe met een of ander snawel wat ek vir die eerste keer in my lewe in die reenboognasie gesien het toe hy op LB se pozzie opdaag..hy probeer so 'n mengsel tussen Eddie Murphy, Fat joe laaiw en een of ander wanna be kom-medie-hand wees. Hulle sit toe en kots oor SA en patriotisme…. en wat in die verlede gebeur het met die pigmentally challenged in ons land, asof een of ander vrou uit die Verenigde Koningkryk ons kan lecture oor patriotisme (ek dink hulle moet dit verander na Mad Cowen Disease).
In 'n desperate poging om nie vokken onnosel te klink nie het die vroumens bloot die obvious gestate.. en ook nie eers 'n goeie job daarvan gedoen het nie. Dit bring my narrow mind by die volgende konklussie as mens 'n conversation met 'n boggom het, klasifiseer dit jou as intellegent,bloot omdat die ander doos nog minder sense as jy kan praat? Fokkit fanie..as jy wil kak praat, praat oor iets wat niemand vokkol oor weet nie…dan kan niemand darem sê jy praat kak nie. En moenie vir my tune dat jy is 'n ware suid afrikaner as jy in Ingeland gebore was en jouself in Sandton Dôl kom plak het nie.
Ek suppose as jy in Jêremia Mensfielf se fokken groot skaduwee moet bly, raak mens seker desperaat om shine ta vang as dit jou 15 minute is.
Ag wat de vok…Reality TV ….die enigste realityd is dat, dit is alles 'n pot loperige vrot diaree en alkolvergiftiging kak. Maar SAB se shares doen goed want al die kak waaraan ons deesdae blootgestel is,dryf my net meer tot drank.
Genoeg verbale diaree vir een dag..
Smaak julle webblad soos die pienk pit..
Whacko Spyker




Julle outjies gee die lewe nuwe mening
Aan die oulike outjies!
Om julle stories te sit en lees maak my rerig voel daar is nog hoop in hierdie abslute tos wereld!!!!
Ek bly in London… Hoekom de fok ek dit gedoen het sal die vader alleen weet want dit is 'n kak plek, en nie te praat van die pommie gemors nie!!!! Het julle enige idee hoe swaar dit is om nice mense te ontmoet.
Elkgeval, ek kom oorspronklik van Pta af en mis dit moer baie… Suid afrika bly maar die beste plek om te wees!!! Ek wil net se dat SA mans bly die beste, en ek mis biltong en ordentlike braai's, en dat ek darem gereeld castle drink, so ek het darem bietjie om uit na te sien as ek uitgaan.
En ek kan met trots se dat ek 'n klomp amerikaanse girls leer castle drink het en oortuig het om SA toe te kom! Aan die outjie wat die briewe uit London skryf wil ek net geluk wens met 'n goeie opsomming van Oxford straat.. Erger as 'n sametrekking ander kleuriges in SA!!!!
Al wat ek wil se is dat ek baie trots is op julle outjies en dat ek elke keer as ek julle briewe lees myself amper nat maak! Hou so aan!!!!
Groete uit london en hou aan met julle goeie werk.
Liefde
Botter
P.s: Se vir Willem Prinsloo hy gee Prinsloo's 'n kak naam want ek is een!!!