Check hom

Lost Children- Jy kan The Dandies ‘n WhatsApp stuur vir ‘n free album

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Ok, hier is ‘n band, oorspronklik van Potch af, wat ek vir die eerste keer live gesien het by die Road to Strab show (die een by Klitsgras in Pretoria) kortliks voor hierdie jaar se Strab festival in Moz plaasgevind het. Ek onthou ek was dadelik beïndruk met hulle energie. Dit is iets wat mens nie kan fake nie, veral omdat hulle ‘n two-piece band is en al die aandag op stage net op twee mense gerig is. Jy moet uithaal en wys, of dit gaan flou wees. Dit was alles behalwe flou. Ek was so links voor die stage en het geheadbang tot ek kopseer gekry het (so tussen ‘n klomp gesuipte mense wat nie te vas op hulle voete was nie). Dis maar ‘n occupational hazard as jy wil ruk en rol, die gewone vibe – julle weet mos – dis jare se pret.

Ek dink ek en Kaihl Meades, vocalist en kitaarslaner van The Dandies was van die min nugter mense in die plek, indien nie die enigstes nie, maar daar was niks fout met die band se kung-fu nie. Ek het hulle musiek op daardie stadium ervaar as ‘n baie positiewe punk rock vibe en dis ook hoe ek die band opgesom het voor ek die album en hulle musiek in meer detail gehoor het. Hulle is al twee jaar aan die gang, het oor die 200 shows agter die blad en dit sluit ook groter festivals in, maar tog in rock and roll jare is dit baie min.

Lost Children is hulle tweede album en is al ‘n geruime tyd beskikbaar op iTunes en Google Play. Die band het egter besluit om die album verniet beskikbaar te stel aan dié fans wat hulle WhatsApp en vra daarvoor. ‘n Hele aantal bands maak deesdae gebruik van die free album bemarkingsmetode omdat dit meer mense blootstel aan hulle musiek en hopelik meer mense na hulle live shows toe lok. Oor die langtermyn is dit ook beter om jou fanbase te vergroot, veral as jy beplan om ‘n killer opvolgalbum te maak. Nie alle beginner bands kan so ‘n gimmick bekostig nie, though.

Die album klink ‘n klein bietjie anders as die live show wat ek gesien het maar dis te verstane as jy ‘n two piece band is. Hulle maak ook meer van elektroniese klanke gebruik op die recording en het natuurlik die voordeel om veelvoudige guitar tracks te record met ‘n click track. Hulle vang nog nie hulle live show offering se energie so effektief vas op hierdie album nie, maar dis altyd ‘n moeilik ding om reg te kry, veral as jy nie ‘n moerse production team agter jou het om jou te back nie. Ek dink tog dit gee mens ‘n fokken goeie idee waartoe Kaihl en Tinus Lottering in staat is op stage en die vlak van kreatiwiteit waarmee jy te doen het.
Hierdie dudes het nog baie potensiaal in hulle. Ek is altyd maar bevooroordeeld as dit by sekere klanke kom, so gaan luister eerder self en maak jou mind op oor wat jy smaak en wat nie. It’s Coming het nogal ‘n System of a Down gevoel wat my aandag onmiddelik getrek het. Not My Fault en I Know laat my dink aan daai Brothers of Thunder projek van die De Jong broers (The Narrow). Lucky Monkey en Senorita is meer uniek – dis naby aan die surfer garage rock waaroor die Kapenaars so mal is op die oomblik, net met baie heavier basslines en riffs. Na Na Na is catchy as fuck. As iemand wat agnosties is (wat geloof aanbetref) hou ek nie van die songs wat te veel vir my preek soos Above the Mess en Big Man nie. Ek is fine daarmee om ‘n lost child te wees maar ter selfde tyd kan ek identifiseer met die positiewe boodskap wat meeste songs op die album my bied; die evangelistiese songs, however, sal ek eerder skip. As jy like van kerk toe gaan en geesvang gaan jy dit baie geniet. Ek vermy oor die algemeen religion maar daar is uitsonderings as dit by musiek kom. Ek is al dekades lank ‘n fan van Lenny Kravitz, byvoorbeeld, maar ek het ek al geleer om selektief na sy songs te luister. Daar is ook genoeg temas op Lost Children sodat jy kan kies en keur, maak nie saak wat jou sienings of geloof is nie.

Is daar nog ‘n plek in rock and roll vir religious musiek? Ek dink nie ons heidene het ooit alleenreg op rock and roll gehad nie. Ek stem dalk nie saam daarmee nie, maar het Amerikaanse Gospel musiek nie begin waar die blues begin het nie? En wie kan Stryper en Tourniquet vergeet? Too Hell with the Devil of wat nou weer? Dit was in my metal collection toe ek ‘n laaitie was. Reg langs my Powerslave en Kill ‘em All tapes.

Rol met ywer, rol met gees!

Whatsapp The Dandies by 072 1252 407 vir ‘n free album. Of as jy eerder die band bietjie will support gaan koop net die fokken album, man!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesLost Children- Jy kan The Dandies ‘n WhatsApp stuur vir ‘n free album
    Check hom

    Ons almal loop rond met ‘n stukkie Silicon Valley aan ons

    In Snotstories deur griffinRek jou bek

    Wanneer jy seriously baie van ‘n show hou, wil jy soms gaan ondersoek instel oor hoekom dit so donners goed is. Wie is die mense agter dit? Hoedefok dink hulle al daai clever kak uit? Wat is die ouens se background en die motivering vir die reeks? Silicon Valley is een van daai briljante reekse wat byvoorbeeld ‘n vet pit druk vir The Big Bang Theory. Ek is fokken jammer, maar as jy ‘n moerse fan van The Big Bang Theory is, is jy die lowest common denominator van mediocrity – die bra wat vir al die kak lame jokes lag. Nee, ou. Moenie so wees nie. Daar  is soveel meer om voor te lewe en oor te lag.

    Maar genoeg oor jou, kom ons kyk bietjie na Silicon Valley creators, Alec Berg en Mike Judge. Behalwe vir Sillicon Valley is Berg se producing skills aangewend vir treffers soos The Dictator, Curb Your Enthusiasm, Eurotrip en Seinfeld. Almal goeie shows, maar jy hoef nie op te staan of hande te klap nie. Daai is impressive maar ons wil eintlik bietjie meer kyk na die kak wat Mike Judge aanjaag. As jy ‘n gen-X kokkelol is, sou jy sy naam dadelik opegtel het as jy ‘n Beavis & Butthead fan is of was. Hy was ook verantwoordelik vir die skryfwerk van Office Space, Idiocracy en het vir Saturday Night Live 3 episodes geskryf wat op Office Space gebasseer is. Check bietjie Office Space as jy een of ander tyd kan.
    Mike Judge is ‘n genius, amper in die ware sin van die woord – hy het met ‘n BSc graad in physics by die Universiteit van California weggestap. Waddefok het dit met sy Hollywood career uit te waai? Ou Mike het sy graad aangewend om ‘n jobbie in Sillicon Valley te score, terug in die dae voor die dotcom kak gebeur en gebars het. In Mike Judge se dae was sy valley meer interested in military shenanigans en sy eerste job in 1986 was as ‘n progammer vir die F-18 fighter jet. Jirre hoe cool is dit? Om een van die ouens te wees wat code geskryf het vir ‘n fokken fighter jet? Dis ballas! ‘n Jaar later het hy Silicon Valley toe gemove en Parallax Graphics gaan join – ‘n startup video card company met so 40 staff. Hy het dit (die company se culture en mense) net mooi fokol ge-like en na drie maande gewaai om ‘n bass player te word vir ‘n blues band. Bietjie van ‘n aweregse move…
    Die belangrikse twee woorde uit die vorige paragraaf is “startup company” want dis hoe amper elke fokken groot company begin is – uit een of ander bleeksiel nool se garage. Dit sluit outjies in soos: Disney, HP, Apple, Microsoft, Dell, Virgin, Amazon, Google en GoPro om net so paar te noem. Die reeks volg min of meer hierdie rigting en skeer bietjie gek met die malligheid van stat-up tech companies en die mense wat involved is. Terloops, die woord “silicon” in Silicon Valley het oorsponklik verwys na die silicon chip innovators en vervaardigers in die area. Dit huisves tans 39 besighede van die Fortune 1000, asook duisende startup companies. Silicon Valley (die area) is ook verantwoordelik vir ‘n derde van Amerika se venture capital investment. Silicon Valley, die reeks, gaan juis oor ‘n start-up wat verskriklik rondfok met venture capital. Daar is ‘n mooi Afrikaanse woord vir ‘venture capital’, naamlik ‘waagkapitaal. Die comedy reeks volg die struggles van Richard Hendricks, ‘n silicon valley ingenieur wat sy company, Pied Piper, van die grond af probeer kry met behulp van wacky en dodgy investors en die show se kort beskrywing som alles mooi op: In the high-tech gold rush of modern Silicon Valley, the people most qualified to succeed are the least capable of handling success.

    Dinge fok hilariously uit. Jy gaan vir seker gaan hardop lag. Die believable karakters sluit in: die socially awkward programmer, eksentrieke biljoenêrs, konterige venture capitalist, die Indian coder, die oorgewig stoner en occasionally ‘n hot chick wat niemand kan naai nie. Jy sal dalk onwillekeurig terugdink aan die geeks in jou klas – die ou wat pretty much dwarsdeur sy broek gekom het wanneer die hot chick vir ‘n happie van sy sandwich spread broodjie gevra het (daais met die stukke wat soos kots gelyk het). Dieselfde ou wat vandag fokken ryk is en ‘n minimum van vier kinders het. Kyk, toe hy vir die eerste keer naai (binne die verbond van die huwelik, natuurlik, op die ouderdom van 24) wou hy nie ophou nie…

    Die producers van Silicon Valley het uit hulle pad gegaan om die premise van die storielyn so geloofwaardig as moontlik te maak. Hulle het byvoorbeeld ‘n Stanford professor gevra om fiksionele produkte op te droom vir die show. En hulle het. Die nerds wat die rolle vertolk is ook sorgvuldig gekies. Op die vraag van hoe Thomas Middleditch (wat die rol van Richard speel – die founder van Pied Piper) vir sy rol voorberei het, het hy geantwoord: “All I did was just suffer about 15 years of relentless bullying. Pretty standard.”
    Die brasse het nerd gevat en dit basically gebottel.  Vorige pogings om die essence  van Silicon Valley op die klein (of groot) skerm vas te vang was maar mediocre. Dit was kartonuitknipsels van wat ‘n clueless buitestaander soos ek of jy sou dink oor die plek. Even ons eie Suid-Afrikaanse-Amerikaanse rykgat en ubergeek, Elon Musk, het geskiem die ouens het heavy raakgevat en ‘n wnner op die tafel gesit: “It was like watching a bizarro version of your own reality”.

    Jyself kan nie klaarkom sonder die tech en companies in daai valley nie. Ons almal loop rond met ‘n stukkie Silicon Valley aan ons – check maar in jou hemp of broeksak of in jou handsak of in jou kar. Dis fokken orals, so op ‘n manier moet jy bietjie kan relate hoe Silicon Valley vir silicon valley ‘n splinternuwe hol geruk het met ‘n skreeusnaakse TV reeks…

    Hier is so paar dinge wat jy dalk interesting mag vind as jy reeds deur die show ingetrek is:

    • Kumail Najiani,  wat die rol van coder Dinesh vertolk is eintlik afkomstig van Pakistan. Een van sy hoofvakke op college was in computer science.
    • Silicon Valley se intro word vopordurend ge-update, gebasseer op wat in die regte lewe met companies in daai area gebeur.  Jy kan byvoorbeeld sien hoe die Facebook  icon die Whatsapp en
    • Oculus icons opvreet wat natuurlik verwys na Facebook wat die twee companies oorgekoop het.
    • Die complicated en poes snaakse wiskundige vergelyking wat gaan oor om hoe om ‘n kamer vol mans se gladdejantjies te poleer is ‘n actual fokken 12-bladye wetenskaplike artikel wat gepubliseer is. Jy kan dit hierso lees.
    • Die intro music vir Silicon Valley is ‘n actual song genaamd Stretch Your Face deur ‘n Amerikaanse pscych rock band, Tobacco.
    • Silicon Valley se 5 (redelike fokken slim) tag lines is:
      Where everyone wants to be an icon
      See genius in a whole new light
      Helping humanity thrive.
      Changing the way things change.
      They’ve got company.

    Silicon Valley is tans besig om season 4 uit te saai in die overseas, maar jy kan solank die eerste drie reekse for free kyk op Showmax as jy opsign vir hulle 14-dae free trial. Dis die moeite werd. Moenie ‘n fokken Erlich wees nie…

    Deel met jou tjommies!

      griffinOns almal loop rond met ‘n stukkie Silicon Valley aan ons